Alexander Litvinenko

Alexander Valterovich Litvinenko (4 Desember 196223 November 2006) was 'n KGB-kolonel en voormalige luitenant-kolonel van die Russiese FSB. Hy het sy bevelvoerder gekritiseer en het Rusland in 2000 verlaat uit vrees vir vergelding en na die Verenigde Koninkryk geïmmigreer, waar hy in Oktober 2006 volle burgerskap gekry het. Daar het hy twee boeke gepubliseer waarin hy die regering van Wladimir Poetin kritiseer. Op 23 November 2006 het hy in Londen gesterf ná vermoedelike vergiftiging met polonium-210. Sy dood het internasionaal aandag getrek nadat hy die FSB na bewering vanaf sy sterfbed beskuldig het van die daad.

Loopbaan in die Russiese intelligensiediens

Alexander Litvinenko is gebore in die Russiese stad Woronezj waar hy ook sy hoërskoolloopbaan in 1980 voltooi het. Hy het toe by die Sowjet-leër aangesluit en vinnig opgang gemaak en is tot luitenant-kolonel bevorder. In 1988 het hy aangesluit by die teenintelligensiediens van die Sowjet-KGB en in 1991 is hy tot die sentrale staf van die MB-FSK-FSB van Rusland bevorder, wat gespesialiseer het in teenintelligensie-aktiwiteite asook die infiltrasie van georganiseerde misdaad. Die titel "MUR-veteraan" is aan hom toegeken vir werk wat hy by die Moskouse departement vir kriminele ondersoeke gedoen het. Litvinenko was ook betrokke by aktiewe militêre diens van die voormalige Sowjetunie en Rusland en hy is in 1997 bevorder tot die mees geheime departement van die Russiese FSB, die Departement vir die Analise van Kriminele Organisasies met die titel senior offisier vir operasies en onderhoof van die Sewende Afdeling.

Afvalligheid

Litvinenko was 'n spesialis in die stryd teen georganiseerde misdaad. In 1998 het hy beweer dat sy bevelvoerders die moord beplan van Boris Berezovsky, 'n sakeman wat in daardie stadium 'n hoë regeringspos beklee het, naamlik sekretaris van die Sekuriteitsraad. Litvinenko beweer dat hy uit die FSB ontslaan en twee keer gearresteer is op valse aanklagte wat laat vaar is nadat hy 'n tyd lank in tronke in Moskou aangehou is.

Hy is in 2000 vir 'n derde keer gearresteer op aanklag dat hy bewyse in 'n ondersoek vervals het en het toe gevlug voor hy gevangeneskap opgelê is. Hy is sonder 'n paspoort na Turkye, waar hy by sy vrou, Marina, en hul seun, Anatoli, aangesluit het wat Moskou met toeriste-visums verlaat het. Op 1 November 2000 het hulle na die Verenigde Koninkryk geïmmigreer waar hulle om politieke asiel aansoek gedoen het. In Oktober 2006 het hy 'n Britse burger geword.

In die boek Blowing up Russia: Terror from Within wat in 2002 gepubliseer is, het Litvinenko beweer dat agente van die FSB verantwoordelik was vir die bomontploffings in verskeie Russiese woonstelblokke wat tot die dood van meer as 300 mense gelei het. Russiese amptenare het Tsjetsjniese rebelle blameer vir die ontploffings. In die boek Bende van Loebjanka (Loebjanskaja Prestoepnaja Groeppirofka) het Litvinenko beweer dat Wladimir Poetin by georganiseerde misdaad betrokke was toe hy nog by die FSB gewerk het.

Tydens 'n onderhoud in Julie 2005 met die Poolse koerant Rzeczpospolita het Litvinenka beweer dat Ayman al-Zawahiri in 1998 saam met ander leiers van al-Kaïda in Dagestan opleiding van die FSB ontvang het.

In April 2006 het 'n Britse Parlementslid van Londen, Gerard Batten (UKIP), bewerings deur Litvinenko aangehaal dat Romano Prodi, die president van die Europese Kommissie, een van die KGB se manne in Italië is. Batten het geëis dat die bewerings ondersoek word. Hy het vir die Europese Parlement vertel dat Litvinenko die inligting van generaal Anatoli Trofimof verkry het (wat in 2005 in Moskou doodgeskiet is).

Op 26 April 2006 het Batten sy versoek vir 'n parlementêre ondersoek herhaal en onthul dat sekere voormalige senior lede van die KGB bereid was om getuienis te lewer in so 'n ondersoek, onder sekere voorwaardes.

Siekte en dood

Litvinenko se grafsteen.

Op 1 November 2006 het Litvinenko skielik siek geword. In verskeie onderhoude het hy gesê dat hy vroeër die dag ontmoetings met twee voormalige KGB-agente gehad het en toe by 'n soesji-restaurant in Piccadilly in Londen gaan eet het saam met 'n Italiaanse kennis, Mario Scaramella, teenoor wie hy die bewerings rondom Prodi gemaak het.

Oleg Gordievsky, 'n ou kennis van Litvinenko en ook 'n voormalige KGB-kolonel wat na die Verenigde Koninkryk uitgewyk het, het vir die BBC vertel hy glo dat Litvinenko by die woonstel van 'n ou Russiese vriend vergiftig is, by wie hy tee gaan drink het voordat hy na die soesji-restaurant gegaan het.

Litvinenko is op 23 November 2006 oorlede. Op 22 Mei 2007 het Britse amptenare die oud-KGB-lyfwag Andrei Loegowoi aangekla van die moord. Loegowoi het Litvinenko ontmoet op die dag dat hy siek geword het. Brittanje het Rusland gevra dat Loegowoi uitgelewer word, maar Rusland het geweier en gesê die Russiese grondwet laat dit nie toe nie. Rusland het verder gesê hulle sal self die saak ondersoek as Brittanje getuienis teen Loegowoi kan verskaf, maar Brittanje het dit nooit gedoen nie.[1]

Boeke

  • A. Litvinenko en A. Goldfarb. Gang from Lubyanka GRANI, New York, 2002. ISBN 0-9723878-0-3.
  • Yuri Felshtinsky, Alexander Litvinenko en Geoffrey Andrews. Blowing up Russia : Terror from within. 2002. ISBN 1-56171-938-2

Verwysings

Eksterne skakels

Read other articles:

American politician Margaret Kelly33rd Auditor of Missouri[1]In officeJuly 16, 1984 – January 1999Preceded byJames AntonioSucceeded byClaire McCaskill[1] Personal detailsBorn (1935-09-17) September 17, 1935 (age 88)Crystal City, Missouri, U.S.Political partyRepublicanEducationUniversity of Missouri (BS)Missouri State University (MBA) Margaret Blake Kelly (born September 17, 1935)[2] is an American former politician and accountant from Missouri. Kelly se...

 

Curug CimahiCurug Cimahi c. tahun 1910-1940LokasiCisarua, Bandung Barat, Jawa Barat, IndonesiaTinggi total87 meterJumlah titik1Rata-rata laju aliran700 m³/s (38,430 cu ft/s) Curug Cimahi pada tahun 2015 Curug Cimahi adalah air terjun yang terletak di Jalan Kolonel Masturi, Desa Kertawangi, Kecamatan Cisarua, Kabupaten Bandung Barat, Jawa Barat.[1] Dengan ketinggian sekitar 87 meter, menjadikan air terjun ini sebagai salah satu curug tertinggi di wilayah Bandung dan se...

 

BanyudonoKecamatanKantor Camat BanyudonoPeta lokasi Kecamatan BanyudonoNegara IndonesiaProvinsiJawa TengahKabupatenBoyolaliPemerintahan • CamatJarot Purnama,S.SosPopulasi • Total49.355 jiwaKode Kemendagri33.09.09 Kode BPS3309090 Luas- km²Desa/kelurahan15 Banyudono (Jawa: ꦧꦚꦸꦢꦤ, translit. Banyudana) adalah sebuah kecamatan di Kabupaten Boyolali, Jawa Tengah, Indonesia. Topografi Banyudono berkisar antara 75-400 meter dpl. Banyudono terkenal kare...

Eurovision Song Contest 2011Country GermanyNational selectionSelection processArtist: Internal selectionSong: Unser Song für DeutschlandSelection date(s)Artist: 30 June 2010Song: 18 February 2011Selected entrantLenaSelected songTaken by a StrangerSelected songwriter(s)Gus SeyffertNicole MorierMonica BirkenesFinals performanceFinal result10th, 107 pointsGermany in the Eurovision Song Contest ◄2010 • 2011 • 2012► Germany participated in and hosted th...

 

2008 studio album by Max TundraParallax Error Beheads YouStudio album by Max TundraReleased20 October 2008StudioThe Electric Smile, Securisound, and Voltone StudiosGenreIDM, indie electronic, glitch, progressive pop[1]LabelDominoProducerBen JacobsMax Tundra chronology Mastered by Guy at The Exchange(2002) Parallax Error Beheads You(2008) Singles from Parallax Error Beheads You Will Get Fooled AgainReleased: 29 September 2008 Parallax Error Beheads You is the third studio albu...

 

The Boat Race 2009 Jadwal 29 Maret 2009 Balapan putra Juara Oxford Selisih 3½ lengths Catatan waktu 17 menit 35 detik Total kemenangan Cambridge-Oxford 79 - 75 Wasit Boris Rankov Balapan lainnya Juara putri Oxford Juara cadangan Goldie Balapan sebelumnya 2008 Balapan selanjutnya 2010 Tim Oxford pada balapan ke-155 The Boat Race melawan Cambridge The Boat Race ke-155 merupakan kompetisi balap perahu antara Universitas Oxford dan Universitas Cambridge yang berlangsung pada 29 Maret 2009. Kru ...

Part of a series onBritish law Acts of Parliament of the United Kingdom Year      1801 1802 1803 1804 1805 1806 1807 1808 1809 1810 1811 1812 1813 1814 1815 1816 1817 1818 1819 1820 1821 1822 1823 1824 1825 1826 1827 1828 1829 1830 1831 1832 1833 1834 1835 1836 1837 1838 1839 1840 1841 1842 1843 1844 1845 1846 1847 1848 1849 1850 1851 1852 1853 1854 1855 1856 1857 1858 1859 1860 1861 1862 1863 1864 1865 1866 1867 1868 1869 1870 1871 1872 1873 1874 1875 1876 1877 1878 ...

 

Pumping fluids or gas through pipes For other uses, see Pipeline (disambiguation). HDPE pipelines on a mine site in Australia A pipeline is a system of pipes for long-distance transportation of a liquid or gas, typically to a market area for consumption. The latest data from 2014 gives a total of slightly less than 2,175,000 miles (3,500,000 km) of pipeline in 120 countries around the world.[1] The United States had 65%, Russia had 8%, and Canada had 3%, thus 76% of all pipeline ...

 

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada April 2017. Francisco Marcos ValentinInformasi pribadiTanggal lahir 24 Februari 1976 (umur 48)Tempat lahir BrasilPosisi bermain PenyerangKarier senior*Tahun Tim Tampil (Gol)2003 Kyoto Purple Sanga * Penampilan dan gol di klub senior hanya dihitung dari liga dom...

Indian Islamic scholar This article contains too many or overly lengthy quotations. Please help summarize the quotations. Consider transferring direct quotations to Wikiquote or excerpts to Wikisource. (March 2022) Shah Ismail DehlviGrave of Shah Ismail in BalakotPersonalBorn26 April 1779Muzaffarnagar, Maratha EmpireDied6 May 1831(1831-05-06) (aged 52)Balakot, Sikh EmpireReligionIslamParentShah Abdul Ghani (father)DenominationSunniJurisprudenceSalafism[1]Notable work(s)Taqwiyatul...

 

Part of a series on the History of Ivory Coast Gyaaman Kong Empire Ashanti Empire French West Africa 1960–1999 1999 coup d'état First Civil War Second Civil War (Crisis) Africa portalvte First Republic of Ivory Coast1960–1999 Flag Coat of arms Motto: 'Union – Discipline – Travail' (French)'Unity – Discipline – Work'Anthem: L'Abidjanaise(English: Song of Abidjan)CapitalAbidjan (1960-1983); Yamoussoukro (1983-1999)GovernmentUnitary presidential republic; under a ...

 

Questa voce o sezione sugli argomenti pallanuotisti e imprenditori non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Gérard BlitzNazionalità Belgio Pallanuoto 1 I due numeri indicano le presenze e le reti segnate, per le sole partite di campionato.Il simbolo → indica un trasferimento in prestito. &...

For other uses, see Hipódromo. Barrio in Cerro Largo Department, UruguayHipódromoBarrioHipódromoLocation in UruguayCoordinates: 32°22′0″S 54°12′0″W / 32.36667°S 54.20000°W / -32.36667; -54.20000Country UruguayDepartmentCerro Largo DepartmentPopulation (2011) • Total505Time zoneUTC -3Postal code37000Dial plan+598 464 (+5 digits) Hipódromo is a barrio (neighbourhood or district) of Melo, the capital of Cerro Largo Department of easte...

 

  لمعانٍ أخرى، طالع أنطونيو (توضيح). هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (ديسمبر 2018) أنطونيو   معلومات شخصية اسم الولادة (بالإسبانية: Antonio Ruiz Soler)‏[1]  الميلاد 4 نوفمبر 1921 [2][3]  إشبيلي�...

 

كاتدرائية سيدة المعونى الدائمة في مدينة نيامي. تُشكل المسيحية في النيجر ثاني أكثر الديانات انتشاراً بعد الإسلام.[1] دخلت المسيحية النيجر مع المؤسسات الإستعمارية الفرنسية، نتيجة لذلك يعتبر المسيحيين المحليين في النيجر من المتعلمين والنخب السياسيّة وأعضاء في الأسر ذات...

BMC Racing 2013GénéralitésÉquipe Équipe cycliste CCCCode UCI BMCStatut UCI ProTeamPays  États-UnisSport Cyclisme sur routeEffectif 26 + 3 stagiairesManager général Jim OchowiczPalmarèsNombre de victoires 30Meilleur coureur UCI Greg Van Avermaet (18e)Classement UCI 10e (UCI World Tour)BMC Racing 2012BMC Racing 2014modifier - modifier le code - modifier Wikidata La saison 2013 de l'équipe cycliste BMC Racing est la septième de cette équipe. Cadel Evans est le leader de l'équip...

 

French basketball player (born 1988) Rodrigue BeauboisBeaubois with Dallas Mavericks in 2011No. 1 – Anadolu EfesPositionPoint guard / Shooting guardLeagueBSLEuroLeaguePersonal informationBorn (1988-02-24) 24 February 1988 (age 36)Pointe-à-Pitre, GuadeloupeNationalityFrenchListed height1.90 m (6 ft 3 in)Listed weight84 kg (185 lb)Career informationNBA draft2009: 1st round, 25th overall pickSelected by the Oklahoma City ThunderPlaying career2006–presen...

 

Genus flowering plants in the grape family Vitaceae For other uses, see Vitis (disambiguation). Grapevine redirects here. For other uses, see Grapevine (disambiguation). VitisTemporal range: 60–0 Ma PreꞒ Ꞓ O S D C P T J K Pg N Paleocene[1]- Recent Vitis californica with fruit Scientific classification Kingdom: Plantae Clade: Tracheophytes Clade: Angiosperms Clade: Eudicots Clade: Rosids Order: Vitales Family: Vitaceae Subfamily: Vitoideae Genus: VitisL.[2] Type spec...

Questa voce o sezione sull'argomento centri abitati delle Figi non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Vanua LevuGeografia fisicaLocalizzazioneOceano Pacifico meridionale Coordinate16°35′S 179°11′E16°35′S, 179°11′E ArcipelagoIsole Figi Superficie5.587,1 km² Altitudine massima1.111 m s.l.m. Geografia politicaStato Figi ...

 

British historian (born 1947) Richard OveryFRHistS FBAOvery lecturing at King's College London in 2015BornRichard James Overy (1947-12-23) 23 December 1947 (age 76)NationalityBritishAlma materGonville and Caius College, CambridgeOccupationHistorianKnown forStudies on military history, especially the Second World WarNotable credit(s)Why the Allies Won, The Air War: 1939–1945 Richard James Overy FRHistS FBA (born 23 December 1947) is a British historian who has publishe...