Die Airbus A340 is 'n langreikafsand, viermotorige kommersiële wyeromp passasiersvliegtuig. Dit is ontwikkel en vervaardig deur Airbus S.A.S., 'n konsortium van Europese Ruimte maatskappye, 'n filiaal van die Airbus Group (voorheen bekend as EADS). Die A340 se finale montering was by Toulouse, Frankryk.
Ontwerp
Die A330 en A340 is volledig met behulp van rekenaarsteunontwerp (CAD) ontwerp, wat 'n eerste was vir passasiersvliegtuie. Die tegnologie en die gemak van gebruik van die A330 en A340 is soortgelyk. Die kajuit het "fly-by-wire"-tegnologie wat sterk steun op dié van die vorige Airbus.
Dit het sitplek vir tot 375 passasiers in die standaard variante en 440 in die gestrekte -600 reeks. Afhangende van die model, het dit 'n reikafstand van tussen 12 400 tot 16 700 km (6700 tot 9000 seemyl). Dit is soortgelyk in ontwerp aan die tweemotorige A330 wat gelyktydig ontwerp is. Die onderskeidende kenmerke is vier hoë-omleiding turbowaaier enjins en 'n drie-stuks hooflandingstoestelle.
Vervaardiging
Die Airbus A340 is in verskeie lande geproduseer: British Aerospace in Engeland het die vlerke vervaardig, Daimler Chrysler Airbus in Duitsland en Aerospatiale in Frankryk die rompdele en die stertstuk kom van CASA in Spanje. Alle dele word hierna na Toulouse vervoer, waar hulle aanmekaar gesit word in die fabriek Clement Ader, terselfdertyd ook die A330, omdat die vliegtuie byna identies is. So was daar twee monteerbane waarop, afhangende van die vraag, 'n A330 of 'n A340 gebou is. Na die rowwe bouwerk het die vliegstel na een van die vier toetsbeddens beweeg, waar alle elektriese en hidrouliese stelsels getoets is. Verskeie kleiner verskaffers uit die Verenigde State van Amerika en ander lande in Europa, bv. Nederland en Spanje was betrokke by die produksie van sommige onderdele.
Kajuit
Airbus het die A340 in vier romplengtes vervaardig. Die aanvanklike variant, A340-300, wat in diens geneem is in 1993, se lengte was 59,39 meter (194,8 vt). Die korter -200 is volgende ontwikkel en die A340-600 het 15,91 meter (52,2 vt) gerek van die -200 af. Die -600 is sy-aan-sy ontwikkel met die korter A340-500, wat die langste-reik kommersiële vliegtuig geword het tot met die koms van die Boeing 777-200LR. Aanvanklike A340-weergawes deel die romp en vlerke van die A330, terwyl die -500/-600 modelle langer is met groter vlerke.[3]
Stuurkajuit en avionika
Airbus het 'n soortgelyke stuurkajuituitleg, prosedures en hanteereienskappe in die A340 gebruik as wat in ander Airbusvliegtuie gebruik word, ten einde die opleidingskoste van vliëniers en bemanning te beperk. Die kajuit van die A340-600 verskil egter van vorige weergawes deur die "Active Matrix Liquid Crystal Displays" (AMLCDs), met 'n groter beeldoppervlak en 'n skerper beeld as die LED-monitors in die A340-300.
Motore
Die eerste twee modelle is aangedryf deur die CFM56-5C wat gegradeer is op 151 kN (34 000 lbk). Rolls-Royce hou egter die eksklusiewe kragbronregte op die langreik en swaarder -500 en -600 modelle, waar die Rolls-Royce Trent 500 van 267 kN (60 000 lbk) ingespan word.
Eerste vlug
Die A340 se nooiensvlug was op 25 Oktober 1991. Die eerste produksiemodelle is in 1993 aan Lufthansa en Air France aangebied, wat die nuwe modelle dadelik in diens gestel het.
Grootste gebruikers
Op 30 Junie 2022 het die volgende lugrederye die Airbus A340 gebruik: