Adzjarië (Georgies: აჭარა, Ač’ara, [at͡ʃʼara], luister(hulp·inligting)), amptelik die Outonome Republiek Adzjarië (Georgies: აჭარის ავტონომიური რესპუბლიკა, Ač’aris Avt’onomiuri Resp’ublik’a, [at͡ʃʼaris avtʼɔnɔmiuri rɛspʼublikʼa], luister(hulp·inligting)), is 'n outonome republiek binne Georgië. Dit grens aan die Swartsee in die weste en Turkye in die suide. Die hoofstad en grootste stad is Batoemi, Georgië se tweede grootste stad ná die hoofstad Tbilisi. Adzjarië het 'n oppervlakte van 2 900 km² en het in 2014 333 953 inwoners gehad. Adzjarië was tussen 1991 en 2004 'n omstrede gebied, maar het ná suksesvolle onderhandelinge weer by Georgië aangesluit.
Etniese samestelling
Die Adjariërs, 'n etniese subgroep van die Georgiese volk, vorm die meerderheid van die bevolking in die streek.[4] Die Adjariërs onderskei hulself van die Georgiërs vanweë hul Islamitiese identiteit.