90 v.C.
Kalenders
|
|
Sīmǎ Qiān (司馬遷 / 司马迁)
|
|
Gebeure
- Rome is in oorlog met sy Italiese bondgenote.[1]
- L. Iulius Caesar word konsul. Hy gebruik 10 000 Galliese en Numidiese hulptroepe vir sy veldtog in Campanië.[1]
- Prokonsul Sex. Iulius Caesar verslaan die Paeligni en dood 8 000 van die 20 000 opstandelinge.[1]
- Scato beleër Aesernia in Samnium.[1]
- In Rome word die lex Iulia de Civitate Latinis Danda aangeneem, wat burgerregte aan bondgenote aanbied wat nie teen Rome in opstand gekom het nie.[1]
Geboortes
- Aulus Hirtius, Romeinse politikus en geskiedkundige († 43 v.C.)
- Diodorus Siculus, Griekse geskiedkundige (waarskynlike datum)
Sterftes
- Dionysios Trax, Griekse taalkundige (b. 170 v.C.)
- Antiochus X Eusebes, koning van die Seleukidiese Ryk (geraamde datum)
- Sīmǎ Qiān (司馬遷 / 司马迁) – Sjinese geskiedkundige (geraamde datum)
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 The Social War, 91 to 88 BCE: A History of the Italian Insurgency Against the Roman Republic, Christopher J. Dart, Routledge, 2016, ISBN 1-317-01549-5, ISBN 978-1-317-01549-9
|
|