Seleukos het sy heerskappy van Babilonië af uitgebrei om ’n groot deel van Alexander se Nabye-Oosterse gebiede in te sluit. Op die hoogtepunt van die ryk het dit Sentraal-Anatolië, Persië, die Levant en Mesopotamië ingesluit, asook wat nou bekend is as Koeweit, Afganistan, Pakistan, Turkmenistan en noordwestelike dele van Indië.
Die Seleukidiese Ryk was ’n belangrikse sentrum van Hellenistiese kultuur wat die Antieke Griekse gebruik behou het waar ’n politieke elite oorheers het, meestal in die stedelike gebiede.[4][5][6] Die Griekse bevolking in die stede wat voorheen die dominante elite gevorm het, is uit Griekeland verdryf.[4][5]
Die Seleukidiese uitbreiding in Anatolië en Griekeland is skielik beëindig ná groot neerslae teen die Romeinse leër. Hul pogings om hul ou vyand Ptolemeïese Egipte te verslaan, is ook deur die Romeine in die wiele gery. ’n Groot deel van die ooste van die ryk is in die middel 2de eeu v.C. deur die Partiërs verower onder Mithridates I van Partië, maar die Seleukidiese konings het steeds uit Sirië oor ’n klein staat regeer tot met die verowering deur Rome.
Van die 2de eeu v.C. af het antieke skrywers na die Seleukidiese heersers verwys as "koning van Sirië", "koning van Asië" ens., maar die Seleukiede self het hulle nooit met ’n spesifieke geografiese gebied vereenselwig nie.[7]
Verwysings
↑ 1,01,1Richard N. Frye, The History of Ancient Iran, (Ballantyne Ltd, 1984), 164.
↑Jones, Kenneth Raymond (2006). Provincial reactions to Roman imperialism: the aftermath of the Jewish revolt, A.D. 66-70, Parts 66-70. University of California, Berkeley. p. 174. ISBN978-0-542-82473-9.
↑Society for the Promotion of Hellenic Studies (Londen, Engeland) (1993). The Journal of Hellenic studies, Volumes 113-114. Society for the Promotion of Hellenic Studies. p. 211.
↑ 4,04,1Glubb, sir John Bagot (1967). Syria, Lebanon, Jordan. Thames & Hudson. p. 34. OCLC585939.
↑ 5,05,1Steven C. Hause, William S. Maltby (2004). Western civilization: a history of European society. Thomson Wadsworth. p. 76. ISBN978-0-534-62164-3.
↑Victor, Royce M. (2010). Colonial education and class formation in early Judaism: a postcolonial reading. Continuum International Publishing Group. p. 55. ISBN978-0-567-24719-3.