(Alan Fitzsimmons Astrophysics Research Centre, Queen's University Belfast (28-10-2017 [1])ʻOumuamua op 28 Oktober 2017, afgeneem deur die William Herschel-teleskoop. Dit is die ligbron in die middel van die foto, terwyl die agtergrondsterre strepe maak vanweë die teleskoop se beweging terwyl dit ʻOumuamua volg.[2]
1I/ʻOumuamua (Engelse IFA: ʔoʊˌmuːəˈmuːə, Hawaise IFA: ʔowˌmuwəˈmuwə), voorheen bekend as A/2017 U1, is sover bekend die eerste interstellêre voorwerp wat deur die Sonnestelsel beweeg het. Dit is op 19 Oktober 2017 deur die KanadesesterrekundigeRobert Weryk ontdek met die Pan-STARRS-teleskoop in Hawaii, 40 dae nadat dit op 9 September op sy naaste afstand van die Son af was. Dit was toe 33 000 000 km van die Aarde af (sowat 85 keer so ver as die Maan) en het reeds weg van die Son af beweeg.
ʻOumuamua is ’n klein voorwerp, na raming tussen 100 en 1 000 m lank, met sy breedte wat op tussen 35 en 167 m geraam word.[8] Dit het ’n donkerrooi kleur, soortgelyk aan voorwerpe in die buitenste Sonnestelsel. ʻOumuamua het geen tekens van ’n koma getoon nie, al was hy so na aan die Son, maar het niegravitasionele versnelling ondergaan.[14][15] Hierdie uitwerking word dikwels in ysagtige komete waargeneem,[15][16] maar ander redes is ook voorgestel.[17][18][19] Volgens ’n Nasa-wetenskaplike kan die voorwerp ’n oorblyfsel van ’n verbrokkelde dwaalkomeet (of eksokomeet) wees.[20][21]
Die voorwerp se rotasiespoed is soortgelyk aan die gemiddelde spoed van asteroïdes in die Sonnestelsel, maar is langwerpiger as die meeste ander natuurlike liggame. ʻOumuamua tuimel in die rondte, eerder as om gladweg te draai, en beweeg so vinnig relatief tot die Son dat daar geen kans is dat dit van elders in die Sonnestelsel af kom nie. Dit beteken ook ʻOumuamua kan nie in ’n wentelbaan om die Son aangetrek word nie en sal dus eindelik die Sonnestelsel verlaat en voortgaan op sy reis deur die interstellêre ruimte. Dit sal rofweg 20 000 jaar duur om die Sonnestelsel te verlaat. Die planeetstelsel van waar ʻOumuamua kom, is onbekend.
Naam
Omdat dit die eerste voorwerp van sy soort was, het die Internasionale Astronomiese Unie (IAU), wat name aan ruimtevoorwerpe gee, voor ’n probleem te staan gekom. Dit is eers as komeet C/2017 U1 geklassifiseer en later as asteroïde A/2017 U1, omdat dit nie ’n koma gehad het nie.
Nadat onteenseglik bewys is dit kom van buite die Sonnestelsel, is ’n nuwe naam geskep: I, vir Interstellêre voorwerp. Omdat ʻOumuamua die eerste voorwerp was wat as sulks geïdentifiseer is, het dit 1I vooraan sy naam gekry. Daar kan na die voorwerp verwys word as 1I; 1I/2017 U1; 1I/ʻOumuamua of 1I/2017 U1 (ʻOumuamua).[3]
Die naam kom van die Hawaise woord ʻoumuamua, wat "verkenner" beteken[3] (van ʻou, "uitreik", en mua, wat "eerste" beteken en ter wille van nadruk herhaal word[3]), en weerspieël hoe die voorwerp ’n verkenner of boodskapper uit die verre verlede is wat na die mensdom uitreik. Die naam is deur die Pan-STARRS-span gekies.[22]
Waarnemings
Waarnemings en gevolgtrekkings oor ʻOumuamua se wentelbaan is hoofsaaklik verkry met data van die Pan-STARRS 1-teleskoop[23] en Kanada-Frankryk-Hawaii-teleskoop, en oor sy samestelling en vorm met data van die Baie Groot Teleskoop en Gemini-Suid-teleskoop in Chili,[24] asook die Keck II-teleskoop in Hawaii. Die data is versamel deur Karen J. Meech, Robert Weryk en hulle kollegas, en hulle bevindings is op 20 November 2017 in die tydskrif Nature gepubliseer.[25][26] Ná die aankondiging is die Hubble- en Spitzer-ruimteteleskoop ook vir waarnemings ingespan.[27][28]
ʻOumuamua is klein en donker. Dit is nie met sy perihelium op 9 September 2017 waargeneem nie, omdat dit sy helderheid tot ’n skynbare magnitude van ~13,5 beperk het.[29] Teen einde Oktober het ʻOumuamua reeds verdof tot ’n skynbare magnitude van ~23,[30] en middel Desember 2017 was dit te dof en het dit te vinnig beweeg om selfs met die grootste grondgebaseerde teleskope te bestudeer.[24]
Die SETI-instituut se radioteleskoop het ʻOumuamua bestudeer, maar geen ongewone radioseine waargeneem nie.[31] Ook geen smalbandseine is gevind nie.[32]
Baan
Dit lyk of ʻOumuamua rofweg uit die rigting van Vega in die sterrebeeldLier kom.[33][34][35][36] Die voorwerp se inkomende bewegingsrigting was 6° vanaf die sonapeks (die rigting van die Son se beweging relatief tot die plaaslike sterre), en dit is die waarskynlikste rigting waaruit voorwerpe van buite die Sonnestelsel ons sal nader.[35][37] Waarnemings oor twee weke het ’n buitengewoon hiperboliese baan bevestig.[4][25] Sy snelheid relatief tot die Son wanneer dit in die interstellêre ruimte is, is 26,33 km/s of 94 800 km/h.
Teen middel November 2017 was sterrekundiges seker dit is ’n interstellêre voorwerp.[39] Gebaseer op waarnemings oor 34 dae, is ʻOumuamua se eksentrisiteit 1,2: die grootste wat nog waargeneem is[40][7] totdat 2I/Borisov in Augustus 2019 ontdek is. ’n Eksentrisiteit van meer as 1 beteken die voorwerp beweeg vinniger as die Son se ontsnappingsnelheid – dit is dus nie aan die Sonnestelsel gebonde nie en kan na die interstellêre ruimte ontsnap. Hoewel ’n eksentrisiteit van effens groter as 1 verkry kan word deur middel van wisselwerkings met planete, is ʻOumuamua se eksentrisiteit so groot dat dit nie vanweë ’n wisselwerking met ’n planeet in die Sonnestelsel kon gewees het nie. Nie eens onontdekte planete in die Sonnestelsel, as hulle sou bestaan, kon verantwoordelik gewees het vir ʻOumuamua se baan of sy snelheid so baie verhoog het nie. Dit kan dus net ’n interstellêre oorsprong hê.[41][42]
ʻOumuamua het die Sonnestelsel van noord van die vlak van die sonnebaan binnegekom. Die Son se swaartekrag het dit laat versnel todat dit sy maksimum spoed van 87,71 km/s bereik het toe dit op 6 September 2017 suid van die sonnebaan verbybeweeg en skerp noordwaarts gedraai het met sy naaste afstand aan die Son (perihelium) op 9 September (op ’n afstand van 0,255 AE van die Son, dus 17% nader as Mercurius se perihelium).[43][7] Die voorwerp beweeg nou weg van die Son in die rigting van die sterrebeeld Vlieënde Perd, na ’n verdwyningspunt 66° van die rigting van sy nadering.
Op sy pad weg van die Son het ʻOumuamua op 14 Oktober 2017 binne die wentelbaan van die Aarde beweeg (sowat 0,1616 AE van ons af) en op 1 November verby Mars se wentelbaan.[43][35][4] Dit het in Mei 2018 verby Jupiter se wentelbaan beweeg en in Januarie 2019 verby Saturnus s’n. In 2022 sal dit verby Neptunus se wentelbaan beweeg.[43]
Terwyl dit die Sonnestelsel verlaat, sal dit al hoe stadiger beweeg totdat dit ’n snelheid van 26,33 km/s relatief tot die Son bereik, net so vinnig as toe hy die Sonnestelsel genader het.[7] Dit sal die voorwerp rofweg 20 000 jaar neem om die Sonnestelsel heeltemal te verlaat.
Voorkoms, vorm en samestelling
Spektrumdata deur die William Herschel-teleskoop van 4,2 m op 25 Oktober 2017 het gewys ʻOumuamua het geen terreinvoorwerpe nie en is rooi soos voorwerpe in die Kuipergordel. Sy spektrum is soortgelyk aan dié van ’n D-tipe asteroïde.[11]
ʻOumuamua roteer om ’n niehoofas, ’n beweging bekend as tuimeling.[44][45] Dit verduidelik die verskeie rotasieperiodes wat aangeteken is, soos 8,1 uur (±0,42 uur[29] en ±0,02 uur[46]), met ’n ligkurwe-omvang van 1,5-2,1 magnitudes,[46] terwyl Meech et al. ’n rotasieperiode van 7,3 uur en ’n ligkurwe-omvang van 2,5 magnitudes aangeteken het.[47] Dit is waarskynlik dat ʻOumuamua in die stelsel van sy oorsprong teen ’n ander liggaam gebots het en tuimelend die ruimte ingeskiet is, en bly tuimel het aangesien die tydskaal vir die einde van hierdie beweging baie lank is – minstens ’n miljard jaar.[44][48]
Die groot wisselings in die ligkurwe dui aan ʻOumuamua is óf ’n baie langwerpige voorwerp, soortgelyk aan of meer as enige voorwerp in die Sonnestelsel,[29][46] óf ’n uiters plat voorwerp, ’n pannekoek- of ovaal sferoïde.[49] Die grootte en vorm is egter nie direk waargeneem nie omdat ʻOumuamua net as ’n ligpunt sigbaar is, selfs deur die kragtigste teleskope. As dit sigaarvormig is, kan die verhouding tussen die langste en kortste deel 5:1 of groter wees.[44] As ’n albedo van 10% aanvaar word (wat effens hoër is as dié van ’n tipiese D-tipe asteroïde),[50] en ’n verhouding van 6:1, is ʻOumuamua se afmetings sowat 100-1 000 m × 35-167 m × 35-167 m,[8][9][10][11][12] met ’n gemiddelde deursnee van sowat 110 m.[11][12] Volgens die Amerikaanse sterrekundige David Jewitt is die voorwerp fisies onmerkwaardig, buiten vir sy hoogs langwerpige vorm.[12] Bannister et al. het voorgestel dit kan ’n kontakdubbelvoorwerp wees,[29] hoewel dit nie versoenbaar is met sy vinnige rotasie nie.[26] Een spekulasie oor sy vorm is dat dit die gevolg is van ’n gewelddadige voorval (soos ’n botsing of sterontploffing) wat hom uit sy stelsel van oorsprong geskiet het.[26] JPL News het berig ʻOumuamua "is tot ’n kwartmyl (400 m) lank en uiters langwerpig – miskien 10 keer so lank as wat dit breed is".[27][28]
Volgens ’n 2019-verslag[51] is die beste modelle óf ’n sigaarvorm met ’n verhouding van 1:8 óf ’n skyfvorm met ’n verhouding van 1:6, met laasgenoemde waarskynliker omdat sy rotasie nie ’n spesifieke oeriëntasie verg om die waargenome helderheidsomvang te sien nie.
Waarnemings van sy ligkurwe dui daarop dat die voorwerp saamgestel kan wees uit ’n digte, metaalryke gesteente wat rooi geword het vanweë miljoene jare se blootstelling aan kosmiese strale.[26][52][53] Daar word vermoed sy oppervlak bevat toliene, wat bestraalde organiese verbindings is en algemener in voorwerpe in die buitenste Sonnestelsel voorkom; dit kan help om die oppervlak se ouderdom te bereken.[54][55] Dié moontlikheid word afgelei van spektroskopiese karakteriserings en sy donker en rooi kleur,[54][56] asook van die verwagte uitwerking van interstellêre straling.[56] Ondanks die gebrek aan ’n koma toe dit naby die Son was, kan dit steeds ys aan die binnekant bevat wat bedek word deur ’n "isolerende mantel wat veroorsaak is deur langtermynblootstelling aan kosmiese strale".[56]
Ander interstellêre voorwerpe
Sterrekundiges skat dat verskeie interstellêre voorwerpe per jaar nes ‘Oumuamua binne die wentelbaan van die Aarde verby die Son beweeg,[43] en dat 10 000 op enige gegewe dag binne die wentelbaan van Neptunus verbybeweeg.[57] As dit reg is, kan dit die geleentheid bied vir die toekomstige bestudering van interstellêre voorwerpe. Met ons huidige ruimtetegnologie sal nabybesoeke en omwentelings egter uitdagend wees weens hulle groot snelhede, maar nie onmoontlik nie.[58]
Op 27 November 2018 het die sterrekundige Avi Loeb van die Harvard-universiteit en ’n voorgraadse student, Amir Siraj, ’n soektog voorgestel na ‘Oumuamua-agtige voorwerpe wat in die Sonnestelsel vasgevang is vanweë ’n verlies aan wentelenergie deur ’n wisselwerking met Jupiter.[59][60] Hulle het sentourkandidate, soos 2017 SV13 en 2018 TL6, voorgestel as moontlike interstellêre voorwerpe wat hier vasgevang is en dalk besoek kan word.[61]
2I/Borisov is op 30 Augustus 2019 ontdek en is gou as ’n interstellêre komeet geëien. Dit het die Sonnestelsel uit die rigting van die sterrebeeld Kassiopeia binnegekom en sal perihelium (sy naaste afstand aan die Son) op 8 Desember 2019 bereik.
Harvard-sterrekundiges meen materie – en moontlik dormante spore – kan oor groot afstande uitgeruil word.[62] Die waarneming van ‘Oumuamua wat deur die binneste Sonnestelsel beweeg, bevestig die moontlikheid van ’n materiële skakel met eksoplanetêre stelsels.
↑Bonnell, Jerry; Nemiroff, Robert (3 November 2017). "A/2017 U1: An Interstellar Visitor". Astronomy Picture of the Day (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2019. Besoek op 13 Maart 2019.
↑Rafikov, Roman R. (20 September 2018). "Spin Evolution and Cometary Interpretation of the Interstellar Minor Object 1I/2017 ʻOumuamua". [astro-ph.EP].
↑Królikowska, Małgorzata; Dybczyński, Piotr A. (1 Oktober 2013). "Near-parabolic comets observed in 2006–2010. The individualized approach to 1/a-determination and the new distribution of original and future orbits". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 435 (1): 440–459. arXiv:1308.0563. Bibcode:2013MNRAS.435..440K. doi:10.1093/mnras/stt1313. ISSN0035-8711.
↑ 29,029,129,229,3Bannister, M.T.; Schwamb, M.E. (2017). "Col-OSSOS: Colors of the Interstellar Planetesimal 1I/2017 U1 in Context with the Solar System". The Astrophysical Journal. 851 (2): L38. arXiv:1711.06214. Bibcode:2017ApJ...851L..38B. doi:10.3847/2041-8213/aaa07c. As its albedo is unknown, we do not describe 1I/'Oumuamua as consistent with Tholen (1984) P type.
↑"1I/ʻOumuamua = A/2017 U1 Orbit". Minor Planet Center (in Engels). International Astronomical Union. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Januarie 2018. Besoek op 9 November 2017.
↑Billings, Lee (11 Desember 2017). "Alien Probe or Galactic Driftwood? SETI Tunes In to ʻOumuamua". Scientific American. Besoek op 12 Desember 2017. So far limited observations of 'Oumuamua, using facilities such as the SETI Institute's Allen Telescope Array, have turned up nothing.
↑Hein, A.M.; Perakis, N.; Long, K.F.; Crowl, A.; Eubanks, M.; Kennedy, R.G., III; Osborne, R. (2017). "Project Lyra: Sending a Spacecraft to 1I/ʻOumuamua (former A/2017 U1), the Interstellar Asteroid". [physics.space-ph].
↑"Horizons Web-Interface". Solar System Dynamics Group. JPL. Resultate verkry met die JPL Horizons On-Line Ephemeris System met Soln.date: 2017-Nov-21. Observer Location: "@sun" / Table settings: "20. Observer range & range-rate", "22. Speed wrt Sun & observer". At perihelion deldot=0.0 km/s and VmagSn=87 km/s
↑Clark, Stuart (20 November 2017). "Mysterious object confirmed to be from another solar system". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 April 2020. Besoek op 21 November 2017. Astronomers are now certain that the mysterious object detected hurtling past our Sun last month is indeed from another solar system. They have named it 1I/2017 U1 (ʻOumuamua) and estimate it could be one of 10,000 others lurking undetected in our cosmic neighbourhood.
↑de la Fuente Marcos, Carlos; de la Fuente Marcos, Raúl; Aarseth, Sverre J. (2018). "Where the Solar system meets the solar neighbourhood: patterns in the distribution of radiants of observed hyperbolic minor bodies". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society Letters. 476 (1): L1–L5. arXiv:1802.00778. Bibcode:2018MNRAS.476L...1D. doi:10.1093/mnrasl/sly019.
↑Belton, M.J.S. (10 April 2018). "The Excited Spin State of 1I/2017 U1 'Oumuamua". The Astrophysical Journal. 856 (2): L21. arXiv:1804.03471. Bibcode:2018ApJ...856L..21B. doi:10.3847/2041-8213/aab370. We find that 'Oumuamua is "cigar-shaped"', if close to its lowest rotational energy, and an extremely oblate spheroid if close to its highest energy state for its total angular momentum.
↑Thomas, C. A.; Trilling, D. E.; Emery, J. P.; Mueller, M.; Hora, J. L.; Benner, L. A. M.; Bhattacharya, B.; Bottke, W. F.; Chesley, S. (1 September 2011). "ExploreNEOs. V. Average Albedo by Taxonomic Complex in the Near-Earth Asteroid Population". The Astronomical Journal. 142 (3): 85. Bibcode:2011AJ....142...85T. doi:10.1088/0004-6256/142/3/85. ISSN0004-6256.
↑ 54,054,1Williams, Matt (20 November 2017). "That Interstellar Asteroid is probably pretty strange looking". Universe Today. Besoek op 20 Desember 2017. It's dark and reddened surface is also an indication of tholins, which are the result of organic molecules (like methane) being irradiated by cosmic rays for millions of years.
↑Williams, Matt (24 November 2017). "Project Lyra, a mission to chase down that interstellar asteroid". Universe Today. Besoek op 20 Desember 2017. It was also determined to be rocky and metal rich, and to contain traces of tholins – organic molecules that have been irradiated by UV radiation. Ook hier: [1] by Phys.org
↑ 56,056,156,2Fitzsimmons, A.; et al. (18 Desember 2017). "Spectroscopy and thermal modelling of the first interstellar object 1I/2017 U1 ʻOumuamua". Nature Astronomy. 2 (2): 133. arXiv:1712.06552. Bibcode:2018NatAs...2..133F. doi:10.1038/s41550-017-0361-4. The discovery epoch photometry implies a highly elongated body with radii of ∼200×20 m when a comet-like geometric albedo of 0.04 is assumed. Here we report spectroscopic characterisation of ʻOumuamua, finding it to be variable with time but similar to organically rich surfaces found in the outer Solar System. The observable ISO population is expected to be dominated by comet-like bodies in agreement with our spectra, yet the reported inactivity implies a lack of surface ice. We show this is consistent with predictions of an insulating mantle produced by long-term cosmic ray exposure. An internal icy composition cannot therefore be ruled out by the lack of activity, even though ʻOumuamua passed within 0.25 au of the Sun.
↑Siraj, Amir; Loeb, Abraham (2019). "Identifying Interstellar Objects Trapped in the Solar System through Their Orbital Paramteters". The Astrophysical Journal. 872: L10. arXiv:1811.09632. doi:10.3847/2041-8213/ab042a.
↑Siraj, Amir; Loeb, Abraham (29 November 2018). "Identifying Interstellar Objects Trapped in the Solar System through Their Orbital Parameters". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 000: L10. arXiv:1811.09632. doi:10.3847/2041-8213/ab042a.
KH. Hasan Basri SagipodinNamaKH. Hasan Basri Sagipodin Haji Hasan Basri Sagipodin atau sering disapa Hasan Gipo (1869-1934) adalah Ketua Umum Pengurus Besar Nahdlatul Ulama periode pertama kali mendampingi K.H. M. Hasyim Asyari sebagai Rais Akbar. Nama Gipo adalah kependekan dari Sagipodin, yakni nama sebuah keluarga yang dikenal saudagar kaya raya saat itu dan masih memiliki darah keturunan dari Sunan Ampel.[1] Kehidupan Potret asli Hasan Gipo Hasan Gipo memiliki nama asli Hasan Basr...
Kampanye LiaoshenBagian dari Perang Saudara TiongkokPertempuran JinzhouTanggal12 September 1948 – 2 November 1948LokasiManchuriaHasil Kemenangan yang menentukan bagi KomunisPerubahanwilayah Direbutnya Manchuria oleh KomunisPihak terlibat Republik Tiongkok Angkatan Darat Republik Tiongkok Partai Komunis Tentara Lapangan Timur LautTokoh dan pemimpin Chiang Kai-shek Wei Lihuang Du Yuming Fan Hanjie (POW) Liao Yaoxiang (POW) Liu Yuzhang Lin Biao Luo Ronghuan Liu YalouKekuatan 580.000&...
Diskografi TwiceTwice pentas pada bulan Mei 2016Album studio2Album kompilasi1Album video1Video musik18Extended play5Singel14Singel promosi2Kemasan ulang3 Grup idola wanita asal Korea Selatan, Twice, telah merilis dua album studio, satu album kompilasi, tiga album kemasan ulang, lima album mini dan empat belas singel. Dibentuk oleh JYP Entertainment pada tahun 2015 melalui acara realitas Sixteen, Twice melakukan debut pada bulan Oktober 2015 dengan perilisan album mini pertama mereka, The Stor...
Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada September 2016. Afridas Informasi pribadiLahir30 November 1962 (umur 61)Padang, Sumatera BaratSuami/istriIr. Nelisna RusliAnak Yudha Wastu Prawira[1] Wiradhika Dwi Putra[2] M. Faiz Triputra [3] Rahmat Danish Fakhri Tempat tinggalPadangAl...
City in Kerala, India This article is about the city in India. For the district, see Kollam district. For the eponymous port, see Kollam Port. For other uses, see Kollam (disambiguation). Quilon redirects here. For other uses, see Quilon (disambiguation). This article has multiple issues. Please help improve it or discuss these issues on the talk page. (Learn how and when to remove these template messages) This article may be written from a fan's point of view, rather than a neutral point of ...
الجمهورية الجزائرية الديمقراطية الشعبي (arabiska)ⵟⴰⴳⴷⵓⴷⴰ ⵜⴰⵎⴻⴳⴷⴰⵢⵜ ⵜⴰⵖⴻⵔⴼⴰⵏⵜ ⵜⴰⵣⵣⴰⵢⵔⵉⵜ (Tamazight) Flagga Valspråk: Revolutionen av folket och för folket (بالشعب وللشعب) Nationalsång: Kassaman läge Huvudstad(även största stad) Alger Officiellt språk Arabiska[1], Tamazight[2][3] Demonym algerier[4] Statsskick Republik, enhetsstat - President Abdelmadj...
الجيش الإيطالي شعار معطف من الأسلحة التابعة للجيش الإيطالي الدولة إيطاليا الإنشاء 27 مارس 1861 - حتى الآن النوع الجيش الحجم 108,000 جزء من القوات المسلحة الإيطالية المقر الرئيسي روما الاشتباكات حرب 1866، الحرب الإيطالية التركية الحرب العالمية الأولى الحرب الأهلية الإسبان...
1971 collection of short stories and essays by Larry Niven All the Myriad Ways First editionAuthorLarry NivenCover artistDean EllisCountryUnited StatesLanguageEnglishGenreScience fictionPublisherBallantine BooksPublication date1971Media typePrint (hardback & paperback)Pages181 All the Myriad Ways is a collection of 14 short science fiction stories and essays by American writer Larry Niven, originally published in 1971. Contents All the Myriad Ways Passerby For a Foggy Night Wait...
Mars PathfinderPathfinder dan Sojourner di JPL pada Oktober 1996OperatorNASA - JPLTipe misiPendarat, penjelajahTanggal memasuki orbitMendarat 4 Juli 1997 UT 16:57Tanggal perluncuran4 Desember 1996 pada 06:58:07 UTC dari ESMC / launch complex 17BWahana peluncurDelta 7925 (#D240)ID COSPAR1996-068ABerat264 kg (Pathfinder), 10.5 kg (Sojourner)Tenaga35 W (Pathfinder) 13 W (Sojourner) Mars Pathfinder (MESUR Pathfinder[1]) adalah wahana antariksa Amerika yang bertugas meneliti planet Mars, d...
Lambang Peta Data dasar Bundesland: Schleswig-Holstein Kreis: Kreisfreie Stadt Ketinggian: 0-54 (rata-rata 20) m di atas NN Wilayah: 56,38 km² Penduduk: 85.955 (31 März 2005) Kepadatan penduduk: 1.525 jiwa per km² Postleitzahlen: 24901 - 24944 (lama: 2390) Kode telepon: 0461 Pelat nomor kendaraan bermotor: FL Stadtgliederung: 13 bagian kota38 Bezirken statistik Alamat balai kota: Rathausplatz 124937 Flensburg Situs web resmi: www.flensburg.de Diarsipkan 2006-08-10 di Wayback Machine. Wali...
Hradec Králové Kota Bendera Coat of arms Julukan: Salon Republik Negara Republik Ceko Region Hradec Králové Distrik Hradec Králové Sungai Elbe, Orlice Elevasi 235 m (771 ft) Area 105,61 km2 (40,78 sq mi) Population 94.255 (Hingga 2007[update]) Density 892 / km² (2.310 / sq mi) Didirikan 1225 Mayor Zdeněk Fink Kode pos 500 00 Wikimedia Commons: Hradec Králové Website: www.hradeckralove.org Hradec Královéⓘ (Jerman: Kö...
Kandungan nutrisi masing-masing komponen dari gandum utuh Serealia utuh adalah serealia yang terdiri dari inti serealia, endosperma, dan bekatul. Berkebalikan dengan serealia giling (refined grain) yang hanya mengandung endospermanya. Pada awalnya, serealia yang dimakan manusia disajikan atau diolah secara utuh, tetapi kebutuhan terhadap usia simpan serealia membuat hasil pertanian ini diproses sehingga hanya menyisakan endospermanya saja. Bekatul dan inti serealia mengandung lemak dan protei...
Overview of sport in Indonesia 2018 Asian Games opening ceremony in Jakarta. Sports in Indonesia are popular from both the participation and spectating aspect. Some popular sports in Indonesia are football, futsal, basketball, volleyball, badminton, and the native Indonesian martial art pencak silat.[1] Badminton is arguably Indonesia's most successful sport. Indonesia has won gold medals in badminton in every Olympic Games since the sport was first introduced to the Olympics in 1992,...
Statue of William E. Dodge by John Quincy Adams Ward in Manhattan, New York, U.S. William Earl DodgeThe sculpture in 2010ArtistJohn Quincy Adams WardMediumBronze sculptureSubjectWilliam E. DodgeLocationNew York City, United StatesCoordinates40°45′15″N 73°59′00″W / 40.75409°N 73.98330°W / 40.75409; -73.98330 William Earl Dodge is an outdoor bronze sculpture of William E. Dodge by John Quincy Adams Ward, located at Bryant Park in Manhattan, New York. It was c...
هذه المقالة يتيمة إذ تصل إليها مقالات أخرى قليلة جدًا. فضلًا، ساعد بإضافة وصلة إليها في مقالات متعلقة بها. (ديسمبر 2018) ماري ماكلارين معلومات شخصية الميلاد 19 يناير 1896 بيتسبرغ الوفاة 9 نوفمبر 1985 (89 سنة) هوليوود مكان الدفن متنزه فورست لاون التذكاري مواطنة ا�...
Lambang Provinsi Jawa Timur Peta Lokasi Provinsi Jawa Timur di Indonesia Peta Administrasi Provinsi Jawa Timur Berikut adalah daftar kecamatan dan kelurahan di Provinsi Jawa Timur, Indonesia. Provinsi Jawa Timur terdiri dari 29 kabupaten, 9 kota, 666 kecamatan, 777 kelurahan dan 7.724 desa. Pada tahun 2022, jumlah penduduknya diperkirakan mencapai 41.144.067 jiwa dengan total luas wilayah 48.033,00 km².[1][2] No. Kode Kemendagri Kabupaten/Kota Ibu kota Luas Wilayah (km2) Pen...
Public university in Leicester, England De Montfort redirects here. For other uses, see Montfort (disambiguation). De Montfort University LeicesterCoat of ArmsFormer namesLeicester School of Art Leicester Colleges of Art and Technology Leicester PolytechnicMottoLatin: Excellentia et studiumMotto in EnglishExcellence and ZealTypePublicEstablished1870; 154 years ago (1870) 1992 – university statusEndowment£2.56 million (2022)[1]Budget£234.6 million (2021–22)...
PC form factor with integral display Dell Inspiron One 23 Touch, an all-in-one PC from 2012 An all-in-one computer (also called an AIO or all-in-one PC) is a type of personal computer that integrates the computer components, such as the CPU, monitor, and speakers, into a single unit. It occupies a smaller footprint than a desktop computer with a tower form factor, and also uses fewer cables.[1][2][3] Advantages and disadvantages Some advantages of the all-in-one comput...
تحتاج هذه المقالة كاملةً أو أجزاءً منها لإعادة الكتابة حسبَ أسلوب ويكيبيديا. فضلًا، ساهم بإعادة كتابتها لتتوافق معه. (أبريل 2019) السوامير (حيفا) تقسيم إداري البلد فلسطين الانتدابية إسرائيل التقسيم الأعلى قضاء حيفا إحداثيات 32°37′43″N 34°57′30″E / 32.62861111°N 34.95833333°E&...