Ypsilon (hoofletter Υ, kleinletter υ) is die 21ste letter van die Griekse alfabet. In die Griekse numeriese stelsel het dit 'n waarde van 400. Die Latynse Y is van die Griekse ypsilon afkomstig, en in verskeie Europese tale word Y nog steeds 'n Griekse Y genoem.