Wilhelm Gustloff (skip)

Die Wilhelm Gustloff 1939 in Gdansk.

Die Wilhelm Gustloff was 'n Duitse passasierskip wat tydens die Tweede Wêreldoorlog betrokke was in die grootste ramp in die seevaartgeskiedenis. Meer as 9 000 mense het in hierdie seeramp in die Baltiese See (ook Oossee genoem) omgekom.

Die skip

Op 15 Maart 1938 het die Wilhelm Gustloff op sy eerste toetsvaart vertrek. Op daardie stadium was dit die grootste passasierskip ter wêreld. Dit het plek gehad vir 1 463 passasiers en 'n personeel van 417. Die 10 dekke het 'n gesamentlike oppervlakte van 5 000 vierkante meter beslaan. Alle moderne geriewe was beskikbaar: swembad, danssale, biblioteek, teater, rookkamer, haarsalon, hospitaal, bakkery, gimnasium, ens. Die plesierbooot is gebou vir die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Werkersparty se arbeidsorganisasie Kraft durch Freude (krag deur vreugde) om getroue party-ondersteuners op vakansies te neem. Londen, Italië, Libië en Noorweë is besoek.

Oorlog

Toe die oorlog uitbreek, is die boot omskep in 'n hospitaalskip. Maar reeds vanaf 1940 en vir die grootste deel van die oorlog was die boot vasgemeer in die hawe van Gotenhafen (Gdynia), noord van Danzig (vandag Gdansk) en Sopot aan die Baai van Gdansk in die huidige Pole. Daar is dit gebruik om akkommodasie te verskaf aan die duikbootbemannings.

Ontruiming

Teen die einde van 1944 het die Sowjetleër weswaarts opgeruk. Oos-Pruise (vandag deel van Pole en Rusland) was afgesny van die res van Nazi-Duitsland. As deel van Operasie Hannibal is die Wilhelm Gustloff gereed gemaak om gewonde Duitse soldate en vlugtelinge te ontruim en weswaarts na Kiel en Flensburg te neem om te verhoed dat hulle in Russiese hande val. Inskeping het vinnig geskied en op die laaste oomblik het nog vlugtelinge hulle aangemeld om saam te reis. Daarom is presiese getalle van opvarendes nie beskikbaar nie. Navorsing tot die jaar 2000 deur Heinz Schön, wat self 'n oorlewende van die ramp was, toon nou aan dat daar 10 582 passasiers was.

Ramp

Op 30 Januarie 1945 het die skip, vergesel van die oorlogskip Löwe, die hawe van Gotenhafen verlaat. Onder die vier kapteins aan boord was daar nie eenstemmigheid oor die veiligste roete wat gevolg moes word nie. Vlootkaptein Wilhelm Zahn wou in die vlak kuswater en sonder groot ligte vaar om 'n duikbootaanval te vermy. Kapt. Friedrich Petersen het egter na diep waters gevaar onder andere ook omdat die skip oorlaai was. Ook het hy die ligte laat aanskakel toe hy verneem dat 'n Duitse vloot mynveërs in hul rigting vaar. Om 9:15 die aand word vier torpedo's vanaf 700 m uit 'n Sowjetduikboot op die Wilhelm Gustloff afgevuur. Drie was voltreffers. Binne 'n uur sink die skip met die meeste van sy opvarendes op 'n afstand van 23 seemyl van die Pommerse kus (vandag Pole).

Weens die ontploffings het paniek aan boord uitgebreek. Baie mense was in die skip vasgekeer omdat die versterkte glas nie wou breek nie. Ander het in die yskoue Baltiese See tussen ysblokke beland. Die watertemperatuur was net bo vriespunt en die lugtemperatuur ver onder 0 grade. Weens die sneeu en ys is gesukkel om die reddingsbote neer te laat. Daarby was die reddingsbote te klein en gans te min vir die groot passasiersgetal. Oorlewingskanse was skraal.

Grootste skeepsramp

Die Löwe en ander Duitse skepe wat toevallig in die omgewing was, het drenkelinge uit die see, van vlotte en uit reddingsbootjies gered. Volgens die jongste navorsing (ook deur Heinz Schön) is 1252 mense insluitende die vier kapteins gered en het 9 343 in die ramp omgekom. Dit maak die sinking van die Wilhelm Gustloff die grootste skeepsramp in die geskiedenis gemeet in terme van hoeveelheid slagoffers afkomstig van een skip. Die Nazi-bewind het die ramp 'n geheim probeer hou. Hierdie oorlogsgraf lê op 'n diepte van 42 m en geniet beskerming. Slegs die skeepsklok is geberg.

Sowjet-optrede

Was die optrede van die Sowjet-duikboot geregverdig? Die Wilhelm Gustloff was 'n oorlogskip en in die kleure van die vloot geverf en nie as 'n hospitaalskip nie. Daar was soldate en twee lugafweerkanonne aan boord. Die skip was verduister soos in oorlogtyd dikwels die geval is. Daarby was die Löwe 'n begeleidende oorlogskip. Volgens die volkereg het die Russe geregverdig opgetree. Ná die oorlog is die kaptein van die duikboot, kapt. A.I. Marinesko, oneervol ontslaan. In 1990 is hy egter in sy eer herstel toe hy postuum tot Held van die Sowjetunie verhef is.

Naam Wilhelm Gustloff

Wilhelm Gustloff was die leier van Switserland se Nazi's. Hy het in 'n sluipmoordaanval die lewe gelaat en Hitler het onderneem om Gustloff se naam te verewig. Die te waterlating op 5 Mei 1937 is deur Gustloff se weduwee, Hedwig, in Hitler se aanwesigheid waargeneem.

Op sy nooiensvaart bots die Titanic op 15 April 1912 met 'n ysberg en 1 522 mense verdrink. Dit is die bekendste skeepsramp bloot omdat die skip as onsinkbaar beskryf is.

Bibliografie

  • Triumph und Tragödie der Wilhelm Gustloff ('n dokumentêre film deur Karl Höffkes en Heinz Schön, vervaardig in 2000)

Read other articles:

1995 studio album by HaddawayThe DriveStudio album by HaddawayReleasedJune 26, 1995 (1995-06-26)Recorded1994–95GenreEurodanceLength51:07LabelAristaCoconutProducerDee Dee HalliganJunior TorelloDesmond ChildHaddawayAlex TrimeHaddaway chronology The Album(1993) The Drive(1995) Let's Do It Now(1998) Singles from The Drive Fly AwayReleased: 29 May 1995 Catch a FireReleased: 31 July 1995 Lover Be Thy NameReleased: 6 August 1995 Professional ratingsReview scoresSourceRat...

 

This list of cemeteries in Texas includes currently operating, historical (closed for new interments), and defunct (graves abandoned or removed) cemeteries, columbaria, and mausolea which are historical and/or notable. It does not include pet cemeteries. This is a dynamic list and may never be able to satisfy particular standards for completeness. You can help by adding missing items with reliable sources. Bexar County Cathedral of San Fernando, San Antonio; contains tombs Fort Sam Houston N...

 

PT Barito Pacific TbkJenisPublikKode emitenIDX: BRPTIndustripetrokimia, energi, diversifikasiDidirikan1979KantorpusatJakarta, IndonesiaTokohkunciPrajogo PangestuAgus Salim PangestuProdukpetrokimia, energi panas bumi, propertiPendapatanUSD 2.35 miliar (2018)Laba bersihUSD 70.3 Juta (2018)PemilikPrajogo Pangestu (71,16%)Publik (28,84%)Situs web[1] PT Barito Pacific Tbk (IDX: BRPT) merupakan perusahaan di sektor sumber daya alam yang terdiversifikasi dan terintegrasi. PT Barito Pacific Tbk didir...

وادي الريان  - منطقة سكنية -  تقسيم إداري البلد الأردن  المحافظة محافظة إربد لواء لواء الأغوار الشمالية قضاء قضاء الأغوار الشمالية السكان التعداد السكاني 7144 نسمة (إحصاء 2015)   • الذكور 3941   • الإناث 3203   • عدد الأسر 1485 معلومات أخرى التوقيت ت ع م+02:00  تعدي...

 

b

Dieser Artikel behandelt vor allem Herkunft, Darstellung und Aussprache des Buchstabens B. Die verschiedenen Bedeutungen des Zeichens finden sich unter B (Begriffsklärung). Bb B bzw. b (gesprochen: [beː]) ist der zweite Buchstabe des klassischen und modernen lateinischen Alphabets. Er repräsentiert im Deutschen einen Konsonanten. Der Buchstabe B hat in deutschen Texten eine durchschnittliche Häufigkeit von 1,89 %. Er ist damit der sechzehnthäufigste Buchstabe in deutschen Texten. B...

 

لغات المايا خريطة لأماكن تحدث لغات المايا الناطقون 6 مليون نسمة المنطقة أمريكا الوسطى وجنوب المكسيك وغواتيمالا وبليز وغرب الهندوراس والسلفادور وعدد قليل من اللاجئين في الولايات المتحدة وكندا الحقبة من حوالي عام 2200 قبل الميلاد وحتى الاستعمار الإسباني لوسط أمريكا النسب ا�...

Ne pas confondre avec Barbara Jordan, la joueuse de tennis. Barbara Jordan Fonctions Représentante des États-Unis 3 janvier 1973 – 3 janvier 1979(6 ans) Circonscription 18e district du Texas Prédécesseur Bob Price Successeur Mickey Leland Représentante du Texas 10 janvier 1967 – 3 janvier 1973(5 ans, 11 mois et 24 jours) Circonscription 11e district Prédécesseur Bill Moore Successeur Chet Brooks Biographie Date de naissance 21 février 1936 Lieu de na...

 

American baseball pitcher (born 1990) Baseball player Sam GaviglioGaviglio with the Springfield Cardinals in 2014Free agent PitcherBorn: (1990-05-22) May 22, 1990 (age 33)Ashland, Oregon, U.S.Bats: RightThrows: RightProfessional debutMLB: May 11, 2017, for the Seattle MarinersKBO: July 2, 2021, for the SSG LandersMLB statistics (through 2020 season)Win–loss record11–18Earned run average4.91Strikeouts243KBO statistics (through 2021 season)Win–loss recor...

 

NHS trust Bolton NHS Foundation TrustHospitalsRoyal Bolton HospitalChief executiveFiona NodenWebsitewww.boltonft.nhs.uk The Bolton NHS Foundation Trust is based at the Royal Bolton Hospital in Farnworth, Greater Manchester, England (Previously based just outside of Bolton town centre opposite Queen's Park). It provides NHS health care services for the people in the Metropolitan Borough of Bolton and surrounding areas. Prior to its acquisition of Foundation Trust status in October 2008, the t...

Alternative medicine method also known as color therapy ChromotherapyAlternative medicineEdwin Dwight Babbitt, an early proponent of ChromotherapyClaimsColored light can balance energy in a human body.Year proposed1876Original proponentsAugustus PleasontonSubsequent proponentsSeth Pancoast, Edwin Dwight Babbitt This article is part of a series onAlternative medicine General information Alternative medicine History Terminology Alternative veterinary medicine Quackery (health fraud) Rise of mod...

 

Outlying Islands Ferry Pier Outlying Islands Ferry Pier (Chinese: 港外線碼頭) means the ferry piers which provide ferry service outside Victoria Harbour in Central, Hong Kong. It now refers to Central Piers No.2 to No.6, near International Finance Centre. The ferry routes travel between Central and Ma Wan (Park Island), Lantau Island (Discovery Bay and Mui Wo), Lamma Island (Sok Kwu Wan and Yung Shue Wan), Cheung Chau and Peng Chau.[1][2] References ^ Outlying Islands...

 

Austrian and British film director Paul L. SteinFrom a 1926 magazineBorn(1892-02-04)4 February 1892Vienna, Austria-HungaryDied2 May 1951(1951-05-02) (aged 59)London, EnglandOccupationFilm directorYears active1918 – 1950 Paul Ludwig Stein (4 February 1892 – 2 May 1951) was an Austrian and British film director with at least 67 films to his credit. Biography Born in Vienna in 1892, Stein began his film career in Berlin in 1918. He worked exclusively in the German silent fi...

2016年美國總統選舉 ← 2012 2016年11月8日 2020 → 538個選舉人團席位獲勝需270票民意調查投票率55.7%[1][2] ▲ 0.8 %   获提名人 唐納·川普 希拉莉·克林頓 政党 共和黨 民主党 家鄉州 紐約州 紐約州 竞选搭档 迈克·彭斯 蒂姆·凱恩 选举人票 304[3][4][註 1] 227[5] 胜出州/省 30 + 緬-2 20 + DC 民選得票 62,984,828[6] 65,853,514[6]...

 

Військово-музичне управління Збройних сил України Тип військове формуванняЗасновано 1992Країна  Україна Емблема управління Військово-музичне управління Збройних сил України — структурний підрозділ Генерального штабу Збройних сил України призначений для планува...

 

Wetlands and lowlands sanctuary in the U.S. state of Oregon Tualatin River National Wildlife RefugeIUCN category IV (habitat/species management area)Pond at the park with woodlands in backgroundLocationWashington and Yamhill counties Oregon, United StatesNearest citySherwood, OregonCoordinates45°23′20″N 122°51′30″W / 45.38889°N 122.85833°W / 45.38889; -122.85833Area1,856 acres (751 ha)[1]Established1992 (1992)Opened in 2006Visitors150...

Louis-Michel-Antoine SahucGeneral Louis-Michel-Antoine SahucBorn7 January 1755 (1755-01-07)Mello, Oise, FranceDied24 October 1813 (1813-10-25) (aged 58)Frankfurt-on-the-Main, GermanyAllegiance FranceService/branchCavalryYears of service1772-1813RankGénéral de DivisionBattles/warsFrench Revolutionary WarsNapoleonic WarsAwardsLégion d'HonneurCount of the EmpireOther workCorps législatif Louis-Michel-Antoine, comte Sahuc (French pronunciation: [lwi miʃɛl ɑ̃tw...

 

State in Eastern India Poschim Bongo and Poshchimbôŋgo redirect here. For other uses, see Paschimbanga. This article is about the Indian State in Eastern India created in 1947. For the Indian Province that existed between 1905 and 1911, see Western Bengal Province. State in East India, IndiaWest BengalState Clockwise from top:Howrah Bridge; Chhau dance in Purulia; Durga Puja; Bengal tiger in Sundarbans National Park; Darjeeling from Happy Valley Tea Estate; Digha beach; Hazarduari Palace; D...

 

Un champ scalaire est une fonction de plusieurs variables qui associe un seul nombre (ou scalaire) à chaque point de l'espace. Les champs scalaires sont utilisés en physique pour représenter les variations spatiales de grandeurs scalaires. Définition Un champ scalaire est une forme[1]. F ( x ) : R n → R {\displaystyle F(\mathbf {x} ):\mathbb {R} ^{n}\rightarrow \mathbb {R} } ou F ( x ) : R n → C {\displaystyle F(\mathbf {x} ):\mathbb {R} ^{n}\rightarrow \mathbb {C} } où x e...

後伏見天皇 天子摂関御影より第93代天皇 在位期間1298年8月30日 - 1301年3月2日永仁6年7月22日 - 正安3年1月21日即位礼 1298年11月17日(永仁6年10月13日)大嘗祭 1298年12月12日(永仁6年11月20日)元号 永仁正安時代 鎌倉時代先代 伏見天皇次代 後二条天皇誕生 1288年4月5日(弘安11年3月3日)崩御 1336年5月17日(延元元年4月6日)持明院大喪儀 1336年5月19日(延元元年4月8日)陵所 深草...

 

Human settlement in EnglandSt LawrenceThe Undercliff area of St LawrenceSt LawrenceLocation within the Isle of WightArea0.51 sq mi (1.3 km2)OS grid referenceSZ562775Civil parishVentnorUnitary authorityIsle of WightCeremonial countyIsle of WightRegionSouth EastCountryEnglandSovereign stateUnited KingdomPost townVENTNORPostcode districtPO38Dialling code01983PoliceHampshire and Isle of WightFireHampshire and Isle of WightAmbulanceIsle of Wight U...