Die Westelike rooipootvalk (Falco vespertinus) is 'n skaars somertrekvoël en kom slegs in westelike Suider-Afrika in Namibië en wes Botswana voor. Die voël word 29 – 31 cm groot en weeg 120 - 200 gram. In Engels staan die voël bekend as Red-footed falcon.