Wenera-ruimteprogram

Landings van Sowjet-tuie op Venus

Wenera (Russies: Венера; "Venus") is die naam van ’n reeks ruimtetuie wat die Sowjetunie tussen 1961 en 1984 gelanseer het om data van die planeet Venus in te samel. Nes verskeie ander verkenningstuie van dié land is latere tuie twee-twee gelanseer. Tien van die Wenera-verkenningstuie het suksesvol op Venus geland en data oor die planeet se oppervlak na die aarde gestuur. Nog 13 tuie het data oor Venus se atmosfeer teruggestuur.

Onder die tuie was die eerste een wat die atmosfeer van ’n ander planeet binnegedring het (Wenera 4 op 18 Oktober 1967), om ’n sagte landing op ’n ander planeet uit te voer (Wenera 7 op 15 Desember 1970), om beelde van die oppervlak terug te stuur (Wenera 9 op 8 Junie 1975) en om hoëresolusie-radarbeelde van Venus te neem (Wenera 15 op 2 Junie 1983). Die reeks was dus in sy geheel baie suksesvol. Ongelukkig heers uiterste toestande op Venus se oppervlak en het die tuie net tussen 23 minute en twee uur gewerk.

Die Wenera-verkenningstuie

Wenera 1WA, Wenera 1 en Wenera 2

Die eerste Sowjet-poging om ’n ruimtetuig verby Venus te stuur was op 4 Februarie 1961, maar die tuig het nie sy wentelbaan om die aarde verlaat nie. In pas met die Sowjetunie se destydse beleid om nie inligting oor mislukte sendings bekend te maak nie, is aangekondig dat die tuig ’n toetsvlug was vir ’n tjazjoli spoetnik ("swaar satelliet") wat sou dien as lanseerplatform vir toekomstige sendings. Dit was ook bekend as Wenera 1WA of Spoetnik 7.

Wenera 1 en Wenera 2 is gelanseer om verby Venus te beweeg sonder om die atmosfeer binne te dring. Wenera 1 is op 12 Februarie 1961 gelanseer. Die instrumente het ná sewe dae ophou werk. Daar word geglo dit het binne 100 000 km van Venus verbybeweeg en ’n heliosentriese wentelbaan binnegegaan. Wenera 2 is op 12 November 1965 gelanseer, maar sy instrumente het ook ophou werk nadat dit sy wentelbaan om die aarde verlaat het.

Wenera 3 tot 6

Wenera 3 tot 6 was van soortgelyke ontwerp. Hulle het sowat ’n ton elk geweeg en is deur die Molnija-vuurpyl gelanseer. Die tuie was toegerus om data oor Venus se atmosfeer na die aarde te stuur en nie om te land nie. Hoewel gehoop is hulle sou steeds werk wanneer hulle die oppervlak bereik, het die eerste tuie feitlik onmiddellik ophou werk.

Wenera 3 was die eerste mensgemaakte voorwerp op ’n ander planeet se oppervlak nadat dit op 1 Maart 1966 op Venus neergestort het. Die instrumente het egter ophou werk toe dit die atmosfeer binnedring en geen data oor die oppervlak is teruggestuur nie.

Op 18 Oktober 1967 was Wenera 4 die eerste ruimtetuig wat die atmosfeer van ’n ander planeet gemeet het.

Toe die Sowjetunie besef die tuie hou op werk voordat hulle die oppervlak bereik, het hulle die Wenera 5 en Wenera 6 gelanseer om die atmosfeer te verken. Hulle is ontwerp om van byna die helfte van hul vrag ontslae te raak voordat hulle die planeet se atmosfeer binnedring en het onderskeidelik 53 en 51 minute se data teruggestuur voordat hulle batterye pap was.

Wenera 7

Die Wenera 7 was die eerste tuig wat ontwerp is om ’n sagte landing op Venus uit te voer. Dit was swaar gebou om te verseker dat dit die landing oorleef en het min eksperimente aan boord gehad. Ondanks ’n tegniese fout is die druk gemeet, asook sterk streekwinde van tot 100 meter per sekonde.

Die tuig se valskerm het ophou werk net voor dit die oppervlak bereik het. Die tuig het omgeslaan, maar die slag oorleef. Die antenne het verskuif en die radioseine was dus baie swak, maar dit is 23 minute lank opgevang (met temperatuur-telemetrie) voordat die batterye pap geword het. Dit het dus op 15 Desember 1970 die eerste mensgemaakte voorwerp geword wat data van Venus se oppervlak na die aarde stuur.

Wenera 8

Wenera 8 het ’n uitgebreide stel wetenskapinstrumente aan boord gehad om die oppervlak te bestudeer.

Wenera 9 tot 12

Wenera 9 tot 12 het ’n ander ontwerp as die vorige tuie gehad. Hulle het sowat 5 ton elk geweeg en is deur die Proton-vuurpyl gelanseer. Die tuie het ’n oordragbus gehad met enjins wat die tuig in ’n wentelbaan om Venus kon plaas. Dit het ook gedien as opvanger en herleier van die radioseine. Die verkenningstuig was bo-op die bus vas en is spesiaal ontwerp vir operasies op die oppervlak. Dit het ook ’n lugrem gehad en ’n skokabsorberende ring het die tuig tydens landing beskerm. Die instrumente het minstens 30 minute lank gewerk.

Wenera 13 en 14

Die landingstuie het die meeste van die instrumente en elektronika bevat, en het ’n antenne gehad. Instrumente moes die grond en atmosfeer ná die landing meet. Daar was onder meer kameras, ’n mikrofoon, boor en seismometer.

Die twee landingstuie het sowat 950 km van mekaar geland. Wenera 13 het 127 minute oorleef en Wenera 14 wel 57 minute, terwyl hulle ontwerp is om net 32 minute te oorleef. Die landingstuie het data na die busse gestuur, wat dit na die aarde herlei het.

Wenera 15 en 16

Wenera 15 en 16 was soortgelyk aan die vorige tuie, maar die landingstuie is vervang met radartoerusting om foto's van die oppervlak te neem. Radar was nodig om deur Venus se digte wolke te dring.

Wega-verkenningstuie

Die Wega-verkenningstuie na Venus en Halley se Komeet is in 1985 gelanseer. Die Wenera-ontwerp is weer gebruik, insluitende die landingstuie, maar hulle het ook atmosferiese ballonne gehad wat twee dae lank data na die aarde gestuur het.

Wetenskaplike bevindings

Baie wetenskaplike bevindings is gemaak danksy die data van die Wenera-program. Deur die radarbeelde van die oppervlak te bestudeer wat deur Wenera 15 en 16 gestuur is, was dit byvoorbeeld moontlik om af te lei dat die riwwe en slote op Venus se oppervlak veroorsaak is deur tektoniese verskuiwings.[1]

Verwysings

  1. "Styles of tectonic deformations of Venus – Analysis of Venera 15 and 16 data (abstract only)". Journal of Geophysical Research (ISSN 0148-0227), vol. 91, 30 Maart 1986, p. D399-D411. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)

Eksterne skakels

Read other articles:

Jimmie Johnson pada tahun 2019. Jimmie Johnson adalah pembalap mobil profesional Amerika Serikat yang memenangkan tujuh kejuaraan NASCAR Seri Piala.[1] Johnson memulai karier balapan NASCAR-nya pada lomba Kroger 200 1998 saat ia turun di Seri Busch.[2] Ia kemudian memulai debut Seri Piala-nya di lomba UAW-GM Quality 500 di Charlotte Motor Speedway pada musim 2001.[3] Kemenangan pertama di ajang Seri Piala berhasil Johnson raih dalam lomba NAPA Auto Parts 500 di Califor...

 

 

1972 1992 Référendum sur l'autodétermination en Nouvelle-Calédonie Méthode de vote 6 novembre 1988 Type d’élection Référendum Corps électoral et résultats Votants 14 028 705   36,89 % Votes exprimés 12 371 046 Approuvez-vous le projet de loi soumis au peuple français par le président de la République et portant dispositions statutaires et préparatoires à l'autodétermination de la Nouvelle-Calédonie ? Oui   79,99 % Non ...

 

 

Overview of education in Rwanda This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Education in Rwanda – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (August 2012) (Learn how and when to remove this template message) Education in RwandaMinistry of EducationMinisters and Ministers of State List Valentine Uwamariy...

Artikel ini sebatang kara, artinya tidak ada artikel lain yang memiliki pranala balik ke halaman ini.Bantulah menambah pranala ke artikel ini dari artikel yang berhubungan atau coba peralatan pencari pranala.Tag ini diberikan pada Februari 2023. Tafsir mimpi dalam Islam merupakan tindakan menafsirkan mimpi. Tindakan ini telah menjadi bagian dari kenabian sejak masa Nabi Ibrahim dan berlanjut ke masa Nabi Yusuf dan Nabi Muhammad. Penafsiran mimpi hanya dapat dilakukan dengan dilandasi pengetah...

 

 

Voce principale: Sportverein 1916 Sandhausen. Sportverein 1916 SandhausenStagione 2008-2009Sport calcio Squadra Sandhausen Allenatore Gerd Dais 3. Liga8º posto Maggiori presenzeCampionato: Gurski (37)Totale: Gurski (37) Miglior marcatoreCampionato: Öztürk (11)Totale: Öztürk (11) StadioHardtwaldstadion Maggior numero di spettatori5 400 vs. Carl Zeiss Jena Minor numero di spettatori920 vs. Stoccarda II Media spettatori2 755 2007-2008 2009-2010 Si invita a seguire il modello...

 

 

Nomura Securities Co., Ltd. 野村證券株式会社JenisAnak perusahaanIndustriJasa keuanganKonsultansi manajemen keuanganDidirikan25 Desember 1925 (1925-12-25) (Osaka, Japan)KantorpusatNihonbashi, Chuo, Tokyo, JepangWilayah operasiSeluruh duniaTokohkunciKoji Nagai (chairman)Toshio Morita (presiden)ProdukJasa keuangan[1]Jasa sekuritasIndukNomura HoldingsSitus webNomura Securities Kantor pusat Nomura Securities Co. Nomura Securities Co., Ltd. (野村證券株式会社code: ja is ...

Cyathula adalah genus tanaman hias dan tanaman obat di famili Amaranthaceae. Genus ini tersebar di Afrika, Oseania dan Amerika. Cyathula Cyathula prostrata Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Plantae (tanpa takson): Klad Tracheophyta (tanpa takson): Klad Angiospermae Ordo: Caryophyllales Famili: Amaranthaceae Subfamili: Amaranthoideae Genus: CyathulaL. Spesies Cyathula achyranthoides (Kunth) Moq. Cyathula albida Cyathula alternifolia Cyathula angustifolia Cyathula biflora Cyathula braunii Cyathula c...

 

 

Pour les articles homonymes, voir Otton III. Si ce bandeau n'est plus pertinent, retirez-le. Cliquez ici pour en savoir plus. Cet article ne cite pas suffisamment ses sources (mars 2020). Si vous disposez d'ouvrages ou d'articles de référence ou si vous connaissez des sites web de qualité traitant du thème abordé ici, merci de compléter l'article en donnant les références utiles à sa vérifiabilité et en les liant à la section « Notes et références ». En pratiqu...

 

 

Ini adalah daftar katedral di Nikaragua. Katolik Katedral Gereja Katolik di Nikaragua:[1][2][3] Nama Tahun Kota Gambar Lokasi Catatan Katedral Bunda RosarioCatedral Nuestra Señora del Rosario Bluefields Katedral Bunda Maria dari Rosario Yang Amat SuciCatedral Nuestra Señora del Rosario 1888 Estelí 13°05′35″N 86°21′19″W / 13.092959°N 86.355388°W / 13.092959; -86.355388 Katedral Bunda Maria yang DikandungCatedral de Nuestra Señora ...

Duta Besar Uruguay untuk IndonesiaPetahanaCristina Gonzálezsejak 2024 Berikut adalah daftar duta besar Republik Oriental Uruguay untuk Republik Indonesia. Nama Kredensial Selesai tugas Ref. Nicolas Moreno Rabino 21 Mei 1997 [1] Carlos Maria Irigaray Santana 8 Agustus 2012 [2][cat. 1] Gerardo Prato 9 November 2018 [3] Cristina González 15 Februari 2024 Petahana [4] Catatan ^ Berkedudukan di Hanoi. Lihat pula Daftar Duta Besar Indonesia untuk Urugu...

 

 

Pour les articles homonymes, voir Collection. Le collectionnisme accompagne le développement des arts de la civilisation occidentale.Honoré Daumier, Le Collectionneur de gravures (1857-1860), huile sur toile, Petit Palais. Une collection est à la fois un regroupement d'objets correspondant à un thème, et l'activité qui consiste à réunir, entretenir et gérer ce regroupement. La collection peut être pratiquée dans le cadre d'un loisir par un collectionneur qui constitue et stocke un...

 

 

 Украинская держава, в дальнейшем — Украинская Народная Республика Западно-Украинская Народная Республика Эту страницу предлагается переименовать в «Отношения между УНР и ЗУНР».Пояснение причин и обсуждение — на странице Википедия:К переименованию/2 января 2018...

1651 – MDCLI373 år sedan År1648 | 1649 | 165016511652 | 1653 | 1654 Årtionde1630-talet  | 1640-talet 1650-talet1660-talet | 1670-talet Århundrade1500-talet 1600-talet1700-talet Årtusende1000-talet Året Födda | AvlidnaBildanden | Upplösningar Andra tideräkningar Gregorianska kalendern 1651 MDCLI Ab urbe condita 2403 Armeniska kalendern 1100 ԹՎ ՌՃ Assyriska kalendern 6401 Bahaikalendern -193–-192 Bengaliska kalend...

 

 

American singer (1937–2018) This article is about the jazz vocalist. For the rock singer and guitarist, see Nancy Wilson (rock musician). Nancy WilsonWilson in 1968BornNancy Sue Wilson(1937-02-20)February 20, 1937Chillicothe, Ohio, U.S.DiedDecember 13, 2018(2018-12-13) (aged 81)Pioneertown, California, U.S.OccupationsSingeractressYears active1956–2011Spouses Kenny Dennis ​ ​(m. 1960; div. 1970)​ Wiley Burton ​ ​(...

 

 

Physical quantity in radiometry For other uses, see Radiance (disambiguation). In radiometry, radiance is the radiant flux emitted, reflected, transmitted or received by a given surface, per unit solid angle per unit projected area. Radiance is used to characterize diffuse emission and reflection of electromagnetic radiation, and to quantify emission of neutrinos and other particles. The SI unit of radiance is the watt per steradian per square metre (W·sr−1·m−2). It is a directional qua...

Chemical compound FenspirideClinical dataTrade namesEurespal, PneumorelAHFS/Drugs.comInternational Drug NamesRoutes ofadministrationOralATC codeR03BX01 (WHO) R03DX03 (WHO)Legal statusLegal status In general: ℞ (Prescription only) Pharmacokinetic dataBioavailability90%[1]Elimination half-life14–16 hoursExcretionUrine (90%), feces (~10%)Identifiers IUPAC name 8-(2-phenylethyl)-1-oxa-3,8-diazaspiro[4.5]decan-2-one CAS Number5053-06-5 YPubChem CID68626Dru...

 

 

Не следует путать со Швецией — государством на Скандинавском полуострове. У этого термина существуют и другие значения, см. Швейцария. Швейцарская Конфедерациянем. Schweizerische Eidgenossenschaftфр. Confédération suisseитал. Confederazione Svizzeraроманш. Confederaziun svizra Флаг Герб Девиз: «Unus pro omnib...

 

 

علم منظمة الطيران المدني الدولي رمز مطار منظمة الطيران المدني الدولي أو ايكاو (بالإنجليزية: ICAO)‏ هو رمز يتكون من 4 أحرف أو أرقام إنجليزية يوضع من قبل منظمة الطيران المدني الدولي للدلالة على المطارات حول العالم.[1][2] خريطة مناطق العالم المصنفة وفقا للحرف الأول من ايك�...

Presidente della Bulgaria Rumen Radev, attuale Presidente della Bulgaria Nome originale(BG) Президент на България Stato Bulgaria TipoCapo dello Stato In caricaRumen Radev da22 gennaio 2017 VicepresidenteIlijana Jotova Durata mandato5 anni SedeSofia Sito webwww.president.bg/ Modifica dati su Wikidata · Manuale Di seguito la lista dei capi di Stato della Bulgaria a partire dal 1946, allorché, destituito il re Simeone II, fu proclamata la repubblica. Indice 1 Lista...

 

 

Promozione 1956-1957 Competizione Promozione Sport Calcio Edizione 5ª Organizzatore FIGCLeghe Regionali Luogo  Italia Risultati Retrocessioni Variabili (in genere 2 per girone) Cronologia della competizione 1955-1956 1957-1958 Manuale Nella stagione 1956-1957, la Promozione era il quinto livello del calcio italiano (il primo livello regionale). Suddiviso in tanti gironi regionali, è l'antesignano dell'attuale Eccellenza. Per ottenere la promozione in IV Serie non era sufficiente vince...