Waldemar III van Denemarke
|
Koning van Denemarke
|
Waldemar V, hertog van Sleeswyk (1340)
|
Periode
|
1326–1329
|
Voorganger
|
Christoffel II
|
Opvolger
|
Christoffel II
|
Vrou
|
Richardis van Schwerin
|
Vader
|
Erik II van Sleeswyk
|
Moeder
|
Adelheid van Holstein
|
Gebore
|
1314
|
Oorlede
|
1364
|
Waldemar III (1314–1364) was van 1326 tot 1329 koning van Denemarke terwyl hy minderjarig was, en van 1325 tot 1326 en van 1330 tot 1364 as Waldemar V die Hertog van Sleeswyk. Sy pa was hertog Erik II van Sleeswyk.
Waldemar is as teenvoeter vir die verbanne koning Christoffel II aangestel. Hy was net elf jaar oud en ’n afstammeling van koning Abel van Denemarke. Sy oom, graaf Gerhard III van Holstein, is as sy regent aangestel. Die grootste deel van Denemarke was aan hom verpand.
Waldemar se bewind is aan streng voorwaardes onderwerp. In die praktyk het Denemarke aan sekere adellikes behoort. Baie van sy onderdane het hom teengestaan en verskeie streke het gerebelleer. Eindelik het Waldemar geabdikeer en Christoffel is in 1329 heraangestel as koning.
In 1340 het Waldemar se suster, Helvig van Sleeswyk, getrou met Waldemar IV, die nuwe koning van Denemarke. Waldemar III is in 1364 dood.
Verwysings
- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Valdemar III of Denmark