Württemberg-Hohenzollern is 'n voormalige deelstaat van Duitsland in die sentrum van die huidige Baden-Württemberg. Die deelstaat is ná die Tweede Wêreldoorlog op 19 September 1945 in die Franse besettingsone gestig. Die hoofstad was Tübingen. Die eerste en enigste verkiesing het op 18 Mei 1947 plaasgevind en die Eerste Minister was Gebhard Müller. Op 25 April 1952 het die deelstaat Baden-Württemberg uit die drie lande Baden, Württemberg-Baden en Württemberg-Hohenzollern ontstaan.