Vendas

Vendas

'n Venda-dorpie in Suider-Afrika
Totale bevolking: 0,7 miljoen[1][2] – 1,0 miljoen[3]
Belangrike bevolkings  in: Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
Taal: Venda
Geloofsoortuiging: Christene, Tradisionele Afrika-godsdiens
Verwante etniese groepe: Mashona

Die Vendas (VhaVenda) is 'n erkende inheemse bevolkingsgroep in Suider-Afrika.

Die Soutpansberge van die Limpopoprovinsie huisves die VhaVenda, wat afsonderlik van die Sotho- en Nguni-sprekende kulture is. Hul kultuur beskik oor fassinerende tradisies en gebruike wat deurtrek is van legendes en mistisisme. Die VhaVenda word met die gebied tussen die Soutpansberg en die Limpoporivier vereenselwig. Hierdie Vendastreek spog ook met een van die mees gevarieerde natuurlike, geologiese, argeologiese en kulturele stelsels ter wêreld. Die woord Venda beteken land of wêreld.

Geskiedenis

'n Venda pottebakker aan die werk

Die huidige VhaVenda is in twee duidelik verskillende groepe verdeel, naamlik 'n westelike groep (hoofsaaklik van Singo-oorsprong en afstammelinge van die volgelinge van Mphephu, Sinthumule en Kutama) en 'n oostelike groep (afstammelinge van die volgelinge van Lwamande, Rambuda, Tshivhase en Mhapuli).

Hul voorgangers het die BaLea, Ngona, Mbedzi, Lembethu, Ndau en Thwamamba ingesluit. Laasgenoemde twee groepe is waarskynlik van Karanga-oorsprong, terwyl die Ngona, Mbedzi en Lembethu moontlik oorblyfsels is van die baie antieke Sotho- (Kwena-) bevolking wat die gebied voor die aankoms van die eerste Vendas bewoon het.

Interessant genoeg staan die BaLea ook bekend as die Vha ha Musina, wat vereenselwig word met die ontginning van yster by Phalaborwa en koper by Musina (musina beteken trouens "koper").

Hul eerste nedersetting nadat hulle suidwaarts oor die Limpoporivier in die Limpopoprovinsie in migreer het, was in die Nzhelele-vallei, waar die bouvalle van hul dorpie, Dzata, nog gesien kan word. Hul legendariese hoofman, Thoho-ya-Ndou ("Hoof van die Olifant"), het oor hierdie uitgestrekte streek geheers.

Die volk

Oor die Vendas, een van die kleinste Swart volke in Suider-Afrika, se vroeë geskiedenis en plek van oorsprong bestaan daar baie onsekerheid. Dit is wel bekend dat hulle eers in Zimbabwe gewoon het voordat hulle na Suid-Afrika getrek het, en sommige kenners meen dat hulle afstammelinge van of verwant is aan die Karanga van Zimbabwe wat met die bou van die geheimsinnige Zimbabwe-ruïnes in verband gebring word.

Die feit is dat die Vendas tradisioneel die klipboukuns beoefen. Oor die algemeen word aanvaar dat die grootste groep Vendas omstreeks 1700 Suid-Afrika binnegetrek het, waar hulle hulle in die Soutpansberggebied gevestig en ander stamme in die omgewing onderwerp het. Saam met die Vendas het die Lembas, 'n baie klein etniese groep wat vermoedelik van Semitiese afkoms is, na Suid-Afrika getrek. Hulle het hul krale tussen die van die Vendas gebou en die gesag van die Vendakapteins aanvaar.

Hoewel die Lembas net met hul eie stamgenote getrou het, het hulle mettertyd in groot mate die Venda-kultuur oorgeneem. Sekere van hul eie tradisies het egter bly voortbestaan, soos die streng verbod op die eet van varkvleis asook die vleis van enige ander dier wat ho, nie ritueel doodgebloei het nie. Dit, tesame met onder meer die voorkoms van Semitiese gelaatstrekke, laat volkekundiges vermoed dat die voorouers van die Lembas ʼn vermenging van Arabiere en Swartes is.

Toe die Vendas na Suid-Afrika gekom het, het hulle net een opperhoof gehad, maar opvolgtwiste het meegebring dat lede van die regerende sibbe van tyd tot tyd met hul volgelinge van die hoofgroep weggebreek en hulle elders in die Soutpansberg gevestig het. Op die manier het 'n aantal onafhanklike kapteinskappe ontstaan, maar die kulturele eenheid van die volk is nooit verbreek nie.

Kraal- en hutuitleg

Die tradisionele Vendakraal word teen 'n steil helling of bo-op 'n heuwel uitgelê sodat dit vir vyande moeilik bereikbaar is. Daarby word dit dikwels met 'n sterk paalheining of 'n klipmuur omring. Die ingang van die kraal lei na ʼn groot plein wat ook gewoonlik omhein is. Links van die plein is die bees kraal en regs daarvan hokke vir kalwers en bokke. Elke gesin het sy eie wooneenheid wat agter die plein gebou word. 'n Wooneenheid bestaan uit ʼn woonhut, kookhut en werf en is met hout of klip omhein.

Die kaptein het boonop 'n hut waar bier gebrou word en die graanskure is op sy werf. Seuns word in 'n afsonderlike hut geïnisieer en dit word gewoonlik aan die buitewyke van 'n kraal aangetref. Die meeste krale het ook 'n gastehut. Die hutte is rond en die mure bestaan uit pale wat met klei gepleister word. Die kegelvormige grasdak hang oor die mure om ʼn stoep te vorm.

Soms word 'n lae klipmuur om die stoep gepak. Die hutte is eenvoudig gemeubileer en word oor die algemeen nie verdeel nie, maar die kapteinshut het aan die agterkant 'n spesiale plek waar vleis gehang word om droog te word. Die mure van die hutte word soms aan die binne- of buitekant met houtskool, wit klei en oker beskilder.

Tradisionele leefwyse

As gevolg van die Vendas se geografiese afgesonderdheid, het die volk se kultuur, behoudens geringe beïnvloeding deur Sotho- en Shangaan/Tsongabure, sy eiesoortigheid behou en verskeie elemente van hul tradisionele leefwyse verskil aansienlik van die van Suid-Afrika se ander Swart volke. Eie aan die Vendas is byvoorbeeld die speelkrale wat kinders bou. Dit is basies 'n miniatuurweergawe van die regte krale waar die kinders hul tyd verwyl deur die leefwyse van volwassenes na te boots.

Hoewel die speelkrale dien om die kinders op hul latere lewe voor te berei, vervang dit nie die inisiasie nie. Die Vendas hou 'n verskeidenheid inisiasieskole, waaronder die sogenaamde domba die bekendste is. Seuns en meisies kan daaraan deelneem, maar omdat dit hoofsaaklik vir meisies van betekenis is, woon seuns dit baie selde by. 'n Dombaskool word gewoonlik gehou wanneer 'n kaptein se dogter puberteit bereik. Dit word aangekondig met die geblaas op ʼn koedoehoring, een van die Vendas se tradisionele musiekinstrumente.

Al die meisies wat puberteit bereik het, neem dan vir die volgende 9 maande aan die seremonies deel. Die tydperk simboliseer die tyd wat van bevrugting tot geboorte duur en 'n groot deel van die onderrig wat die meisies ontvang, handel oor seksuele gedrag en geboorte gee. Hulle word ook bekend gemaak met die betekenisse van heilige voorwerpe, volksvertellings en dies meer. Die onderrig geskied hoofsaaklik deur gebarespel.

'n Belangrike deel van die domba is die luislangdans, wat saans en vroeg soggens uitgevoer word. Die meisies staan dig agtermekaar in 'n lang ry en hou mekaar aan die elmboë vas terwyl hulle stadig op die maat van tromme wieg en in ʼn sirkel beweeg. Meisies trou gewoonlik kort na afloop van die dombaseremonies omdat hulle volgens tradisie getroud moet wees voordat 'n volgende skool gehou word. Die Vendas is in sibbes georganiseer wat hul verwantskap langs die manlike linie (patrilineêr) en langs die vroulike linie (matrilineêr) bereken.

Die manlike linie is egter die belangrikste. Troues tussen sibbegenote word verbied en 'n man moet sy bruid gewoonlik met talle geskenke oorreed om haar familie te verlaat. Boonop moet hy 'n aansienlike bruidsprys aan haar vader betaal, wat gewoonlik die vorm van ysterskoffels aanneem, aangesien die Vendas min beeste besit. (Vendamans, en veral die Lembas, is kundige metaalbewerkers wat buiten yster ook koper en goud bewerk.)

Vandag

Die VhaVenda praat 'n taal wat duidelik 'n samesmelting van Sotho en Karanga suggereer. Hulle vertoon matrilineêre neigings en daar is 'n duidelike onderskeid tussen koninklikes en gewone burgerlikes. Hulle beskik oor 'n diep religieuse en gewyde kultuur. Baie van hierdie tradisies is in die geestelike wêreld gesetel, wat uitdrukking vind in hul seremoniële inisiasies, danse, houtsneewerk, erdewerk en dekoratiewe styl. Rituele voorwerpe soos gewyde krale word gedra, houtbakke word versier met totemsneewerk en gewyde tromme en 'n gewyde woud met die naam Thathe Vondo weerspieël 'n verwikkelde lewenstyl wat net so lewend is as wat dit honderde jare gelede was.

Bronne

Verwysings

  1. "South africa – Tsonga and Venda" (in Engels). Country Studies. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2016. Besoek op 9 Oktober 2008.
  2. "INDIGENOUS PEOPLES ARCHIVE – VHAVENDA" (in Engels). Intercontinental Cry. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 April 2015. Besoek op 1 April 2015.
  3. "Vhavenda People" (in Engels). Pilot Guides. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Desember 2008. Besoek op 9 Oktober 2008.

Eksterne skakels


Etniese groepe in Suid-Afrika

AfrikanersAnglo-AfrikaneAsiateGriekwasKaapse MaleiersKhoisanKleurlingeNdebelesNoord-Sotho'sSuid-Sotho'sSwazi'sTsongasTswanasVendasXhosasZoeloes

Read other articles:

Pemandangan Kozani Kozani (bahasa Yunani: Κοζάνη), ialah kota terbesar di Periferi Makedonia Barat, Yunani. Kota ini adalah ibu kota Prefektur Kozani. Pada tahun 2001 kota ini berpenduduk 47.451 jiwa. Kozani terletak 120 km barat Thessaloniki. Menara jam di Kozani Kota kembar Bristol, Amerika Serikat Iasi, Rumania Wikimedia Commons memiliki media mengenai Κοζάνη. Artikel bertopik geografi atau tempat Yunani ini adalah sebuah rintisan. Anda dapat membantu Wikipedia dengan meng...

 

 

ARTABerdiriOktober 1997 (1997-10)PendiriAguri SuzukiPrinsipal timAguri SuzukiBanYokohamaSitus webhttp://www.autobacs.com/motorsports/SejarahSeri saat iniSuper GTMantan seriJGTC, Formula NipponGelar pembalap2 (JGTC GT300, 2002/GT500, 2007)Gelar tim1 (GT500, 2007) AUTOBACS Racing Team AGURI, biasa disingkat sebagai ARTA, adalah proyek tim balap bersama yang dibentuk antara mantan pembalap Formula Satu Aguri Suzuki dan Autobacs Seven Co. pada 1997. Nama asli tim tersebut adalah ARTA F1 Pro...

 

 

† Человек прямоходящий Научная классификация Домен:ЭукариотыЦарство:ЖивотныеПодцарство:ЭуметазоиБез ранга:Двусторонне-симметричныеБез ранга:ВторичноротыеТип:ХордовыеПодтип:ПозвоночныеИнфратип:ЧелюстноротыеНадкласс:ЧетвероногиеКлада:АмниотыКлада:Синапсиды�...

Public radio network in Idaho, United States Boise State Public RadioBoise, IdahoBroadcast areaBoise, IdahoProgrammingFormatPublic radioOwnershipOwnerBoise State UniversityHistoryFirst air date1976 (originally carrier current 1957–1976)LinksWebcastKBSU WebstreamKBSX WebstreamWebsiteboisestatepublicradio.org Boise State Public Radio is a broadcast service of Boise State University, which operates four programming services on several radio stations throughout central and southern Idaho and no...

 

 

The Duke of York Side viewThe Duke of York is a former coaching inn at Ganwick Corner on the section of the Great North Road now known as Barnet Road, between Chipping Barnet and Potters Bar. It is grade II listed.[1] The pub was licensed in 1752.[2] References ^ Historic England. Duke of York (1103566). National Heritage List for England. Retrieved 19 November 2016. ^ A History of the County of Middlesex, Vol. 5, p. 278. External links Wikimedia Commons has media related to ...

 

 

Questa voce o sezione sull'argomento cestisti statunitensi non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Jermaine O'Neal O'Neal con la maglia dei Boston Celtics Nazionalità  Stati Uniti Altezza 211 cm Peso 113 kg Pallacanestro Ruolo Ala-pivot Termine carriera 2014 CarrieraGiovanili 1992-1996Eau Cl...

Questa voce o sezione sugli argomenti isole d'Italia e fortezze non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Ottagono AlberoniGeografia fisicaLocalizzazioneLaguna Veneta Coordinate45°20′53″N 12°18′25″E / 45.348056°N 12.306944°E45.348056; 12.306944Coordinate: 45°20′53″N 12°18′25″E / 45.348056°N 12....

 

 

This article is about the party that existed from 1911 to 1920. For similarly-named currently-active parties, see Socialist Party of Great Britain and Socialist Party (England and Wales). This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: British Socialist Party – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (Au...

 

 

Boeing Model 15 Тип истребитель Производитель Boeing Первый полёт 2 июня 1923 Начало эксплуатации 1925 Годы производства 1923-1928 Единиц произведено 157[1]  Медиафайлы на Викискладе Boeing Model 15 — американский биплан-истребитель с открытой кабиной 1920-х годов. В Военно-воздушных силах...

Extreme subgenre of heavy metal music For other uses, see Death metal (disambiguation). Not to be confused with Death rock. Death metalStylistic originsThrash metal[1]first wave black metalhardcore punk[2]Cultural originsMid-1980s, United StatesSubgenres Brutal death metal industrial death metal melodic death metal old school death metal slam death metal symphonic death metal technical death metal Fusion genres Blackened death-doom blackened death metal (melodic black-death wa...

 

 

2023 soundtrack album by Ludwig Göransson Oppenheimer (Original Motion Picture Soundtrack)Soundtrack album by Ludwig GöranssonReleasedJuly 21, 2023 (2023-07-21)StudioEastwood Scoring Stage, Burbank, CaliforniaGenreOrchestralcontemporary classicalfilm scoreLength94:42LabelBack LotProducerLudwig GöranssonLudwig Göransson film score chronology Black Panther: Wakanda Forever (Original Score)(2022) Oppenheimer (Original Motion Picture Soundtrack)(2023) Christopher Nolan fil...

 

 

此条目序言章节没有充分总结全文内容要点。 (2019年3月21日)请考虑扩充序言,清晰概述条目所有重點。请在条目的讨论页讨论此问题。 哈萨克斯坦總統哈薩克總統旗現任Қасым-Жомарт Кемелұлы Тоқаев卡瑟姆若马尔特·托卡耶夫自2019年3月20日在任任期7年首任努尔苏丹·纳扎尔巴耶夫设立1990年4月24日(哈薩克蘇維埃社會主義共和國總統) 哈萨克斯坦 哈萨克斯坦政府...

Universitas Federal Kazan (Volga)Казанский (Приволжский) федеральный университетJenisUniversitas negeriDidirikan1804 (dibuka pada 1805)RektorLenar SafinJumlah mahasiswalebih dari 52.000AlamatKazan, Tatarstan, Rusia55°47′27″N 49°07′19″E / 55.7907°N 49.1219°E / 55.7907; 49.1219Koordinat: 55°47′27″N 49°07′19″E / 55.7907°N 49.1219°E / 55.7907; 49.1219BahasaRusia, Inggris, TatarSitus w...

 

 

Award for the best college football interior lineman in the United States Outland TrophyAwarded forBest interior lineman in college footballCountryUnited StatesPresented byFootball Writers Association of AmericaHistoryFirst award1946Most recentT'Vondre Sweat, TexasWebsitesportswriters.net The Outland Trophy is awarded to the best college football interior lineman in the United States as adjudged by the Football Writers Association of America. It is named after John H. Outland. One of only a f...

 

 

伊斯兰合作组织Organisation of Islamic Cooperation(英語)Organisation de la Coopération Islamique(法語)منظمة التعاون الإسلامي(阿拉伯語) 旗帜格言:To safeguard the interests and ensure the progress and well-being of Muslims  成员国  观察国  暂停会籍行政总部 沙地阿拉伯吉达 官方语言阿拉伯语英语法语类型宗教成员国57个在籍成员国(英语:Member states of the Organisation ...

بلدة بير كريك   الإحداثيات 45°22′19″N 84°55′26″W / 45.371944444444°N 84.923888888889°W / 45.371944444444; -84.923888888889   [1] تقسيم إداري  البلد الولايات المتحدة[2]  التقسيم الأعلى مقاطعة إيميت  خصائص جغرافية  المساحة 45.8 ميل مربع  ارتفاع 253 متر  عدد السكان  عدد السك�...

 

 

Overview of and topical guide to extraterrestrial life This article is one of a series on:Life in the universe Outline Planetary habitability in the Solar System Venus Earth Mars Europa Enceladus Titan Life outside the Solar System Potentially habitable exoplanets Galactic habitable zone Habitability of... Binary star systems Natural satellites Neutron star systems Red dwarf systems K-type main-sequence star systems Yellow dwarf systems F-type main-sequence star systems vte The following outl...

 

 

Historic house in Virginia, United States This article is about the site in Charles City County, Virginia. For other places with similar names, see Westover (disambiguation). United States historic placeWestover PlantationU.S. National Register of Historic PlacesU.S. National Historic LandmarkVirginia Landmarks Register Westover from the front (river) sideLocation7 mi. W of Charles City on VA 5, Charles City County, Virginia, United States of AmericaCoordinates37°18′40″N 77°8′58″W&#...

No debe confundirse con el Delta de Dirac ni con el Símbolo de Kronecker. En matemáticas, la delta de Kronecker (llamada así en referencia al matemático alemán Leopold Kronecker) es una función de dos variables, generalmente solo números enteros no negativos. La función vale 1 si las dos variables son iguales y 0 en caso contrario: δ i j = { 0 si  i ≠ j , 1 si  i = j . {\displaystyle \delta _{ij}={\begin{cases}0&{\text{si }}i\neq j,\\1&{\text{si }}i=j.\...

 

 

This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Slavery in antiquity – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (September 2014) (Learn how and when to remove this message) Part of a series onForced labour and slavery Contemporary Child Labour Child soldiers Conscription Debt Forced marriage Bride buying...