Vanwyksvleidam

Vanwyksvleidam
Amptelike naam Vanwyksvleidam
Ligging Noord-Kaap
Provinsie/Land Suid-Afrika
Koördinate 30°22′1″S 21°49′1″O / 30.36694°S 21.81694°O / -30.36694; 21.81694
Openingsdatum 1884
Eienaar Departement van Waterwese
Hoogte van wal 15 m
Bakmaat 143081 m3
Reservoir Vanwyksvlei
Damoppervlak 49.9 ha


Die Vanwyksvleidam is in ‘n sytak van die Hartbeesrivier, ‘n boloop van die Oranjerivier.

Die dam is op die Carnarvon-leegte net buite die dorp Van Wyksvlei, noord van Carnarvon, oos van Brandvlei en suidoos van Verneukpan.

In 1884 is die grondwal voltooi en is daarom waarskynlik die oudste dam in Suid-Afrika. Alhoewel dit ‘n groot opgaarvermoë het, wat dit amper nog nooit meer as halfvol nie. Nagenoeg 600 hektaar word uit die dam besproei.

Sien ook

Verwysings