Die Van Wyk-se-aalwyn (Aloe braamvanwykii) is 'n aalwyn wat endemies is aan Noordwes, waar dit aangetref word vanaf Stella tot Schweizer-Reneke en Wolmaransstad. Die aalwyn is vernoem na die plantkundige Abraham Erasmus van Wyk.