Die film het geen storielyn in die gewone sin van die woord nie. Daar is twee hoofkarakters, 'n man en 'n vrou, wat deurgaans lyk of hulle 'n verhoudingskrisis beleef, maar hulle bly naamloos en die chronologie van die film is onsamehangend: dit spring byvoorbeeld van "eens op 'n tyd" na "agt jaar later" sonder dat die gebeure verander. Dit gebruik droomlogika wat in terme van Freudiaansevrye assosiasie beskryf kan word om 'n reeks nouliks verwante, en met tye potensieel aanstootlike, tonele wat poog om die kyker te skok, aan te bied. Dit maak ook van ongewone kamerahoeke en ander filmtruuks gebruik.
Die film open met 'n toneel waarin 'n vrou se oog met 'n lemmetjie oopgesny word. Die man met die lemmetjie word deur Buñuel self gespeel. In tonele wat daarop volg het 'n man se hand 'n gat in die palm waaruit miere verskyn ('n letterlike vertaling van die Franse frase "miere in die palms," wat beteken iemand "jeuk" om dood te maak); 'n androgene blinde vrou stoot 'n afgekapte hand in die straat met haar kierie rond voordat sy deur 'n kar omgery word; 'n man molesteer 'n vrou wat hom gewelddadig afweer, en hy gryp dan twee vleuelklaviere wat dooie verrottende donkies, die tablette van die Tien Gebooie, en twee lewendige priesters bevat (Dalí speel een van die priesters); die man se vader (gespeel deur dieselfde akteur as die man self) arriveer om hom te straf, maar die man skiet hom op die ou einde met twee pistole wat uit die niet verskyn (sien Oedipuskompleks) en 'n vrou se onderarmhare raak aan die man se gesig geheg.
Teen die einde van die film lyk dit of die man en vrou versoen is, maar die finale skoot wys twee figure wat in die sand begrawe is en oënskynlik dood is.
Klankbaan
Moderne afdrukke van die film sluit 'n klankbaan in: uitreksels van Richard Wagner se Liebestod, die konsertweergawe van die overture tot sy opera Tristan und Isolde, en twee Argentynsetango's. Dit is dieselfde as die musiek wat Buñuel op 'n fonograaf gespeel het tydens die oorspronklike 1929 vertoning; hy het dit vir die eerste keer in 1960 tot die klankdruk van die film toegevoeg.
Analise
Die Amerikaanse rolprentresensent Roger Ebert het Un chien andalou beskryf as "die belangrikste kort film wat ooit gemaak is, en enige iemand wat enigsins geïnteresseer is die filmkuns sien dit vroeër of later, gewoonlik verskeie kere."[1]
Kritici het al voorgestel dat Un chien andalou gesien kan word as 'n tipiese Buñueliaanse anti-bourgeois, antigeestelike stuk.[2] Die man wat die klavier, 'n donkie en priesters sleep, is geïnterpreteer as 'n allegorie van die mens se vooruitgang wat belemmer word deur die bagasie van die samelewing se konvensies wat die mens gedwing word om te verdra. Op soortgelyke wyse kan die beeld van die oogbal wat deur 'n lemmetjie gesny word verstaan word as Buñuel wat die film se kykers "aanval".[3]Federico García Lorca het die film ook as 'n persoonlike aanval op hom gesien.
Ondanks die verskeie interpretasies het Buñuel dit in sy skryfwerk duidelik gemaak dat die enigste reël vir die skryf van die draaiboek tussen hom en Dalí was dat "geen idee of beeld wat dit tot 'n rasionele verduideling van enige vorm leen, aanvaar sou word nie."[4] Verder het hy dit gestel:"Niks in die film simboliseer enige iets nie. Die enigste ondersoekmetode na die simbole sou moontlik die psigoanalise wees."[5]
Die filmkenner Ken Dancyger redeneer dat Un chien andalou moontlik die begin was van die filmstyle wat teenwoordig is in die moderne musiekvideo.[6] Roger Ebert het dit as een van die eerste lae begroting onafhanklike films bestempel.[1]
Agter die skerms
Buñuel het verduidelik dat die oogbal wat in die openingstoneel gesny word die van 'n koei se oog is wat in die oogholte geplaas is van 'n aktrise wat haar eie oog verloor het was.[7] By nadere ondersoek blyk dit egter dat dit inderwaarheid 'n koei se oog in 'n koei se oogholte is.
Beide die hoofakteurs (Batcheff en Mareuil) het uiteindelik selfmoord gepleeg.
Buñuel, Luis; Dalí, Salvador (1968). Classic Film Scripts: L'Age d'Or and Un Chien Andalou. Marianne Alexandre (trans). Letchworth: Lorrimer. ISBN 0-85647-079-1.