Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
Ulrike Frank (1 Februarie 1969) is 'n Duitse aktrise gebore in Stuttgart.
Ulrike het in die Duitse stad Friolzheim grootgeword. Sy studeer aan die Essener Folkwang Hochschule. Sy speel daar in die toneelstukke Jimmy Dean (oor James Dean) en Keep Cool. In 1999 vertolk Ulrike die rol van die transseksuele Julia Breuer in die dramareeks Mallorca - Suche nach dem Paradies deur ProSieben. 'n Jaar later vertolk sy die rol van Tina Ullrich in Gute Zeiten - Schlechte Zeiten. Twee jaar later het sy na hierdie reeks teruggekeer om die rol van Katrin Gerner te vertolk. Tans kan sy steeds in hierdie reeks gesien word.
Ulrike is sedert 1999 met die Duitse komponis Marc Schubring getroud.