Uil

Uile
'n Tipiese uil
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Strigiformes

Wagler, 1830
Families

Strigidae
Tytonidae
Ogygoptyngidae (fossiel)
Palaeoglaucidae (fossiel)
Protostrigidae (fossiel)
Sophiornithidae (fossiel)

      globale verspreiding van uile
Sinonieme

Strigidae sensu Sibley & Ahlquist

Uile is voëls in die orde Strigiformes. Die orde bestaan uit ongeveer 200 spesies van groot roofvoëls. Die meeste uile is alleenlopend en nag-aktief. Hulle vreet klein soogdiertjies soos knaagdiere, insekte en ander voëls. 'n Paar spesies sal selfs visse vang. As 'n groep is uile baie suksesvol en hulle kom bykans regoor die wêreld voor, met uitsondering van Antarktika, die oorgrote deel van Groenland, en 'n paar ander eilandjies.

Uile se oë en ore is goed aangepas en ontwikkel ten einde hulle in staat te stel om in die nag te kan jag. Hulle vere, en veral die slagvere op die vlerke, is donserig sodat hulle geruisloos kan vlieg. Daar word twee families onderskei, wat altesaam 148 spesies bevat en waarvan 15 in Suid-Afrika voorkom. Uile is nie met naguile van die aparte orde Caprimulgiformes te verwar nie.

Liggaamsbou

Uile is gewoonlik donker- tot geelbruin van kleur met strepe of kolle. Hulle het groot koppe en vlerke in vergelyking met hulle lywe en vier tone met skerp naels aan die kloue. Hulle het plat gesigte met die kenmerkende gesigskyf, haakvormige snawels en groot oë. Hulle oë is na vore gerig en, net soos die mens, sien hulle stereoskopies (veroorsaak goeie afstandskatting), wat beteken dat hulle 'n kleiner gesigsveld as ander voëls het, maar hulle kan hul koppe teen tot 270° draai.

Uile het baie sensitiewe oë: hulle het tien keer meer stafies (ligsensitiewe selle in die retina) as mense. Dit beteken dat daar nie genoeg ruimte vir kegeltjies (kleurgevoelige elemente) is nie, wat verklaar waarom uile kleurblind is. Hulle het egter 'n derde ooglid wat hul oë bedags teen die skerp lig beskerm. Omdat uile se koppe so beweeglik is, kan hulle net soos 'n mens die verskil in geluidsterkte tussen die een en die ander oor gebruik ten einde die rigting van 'n geluid te bepaal.

Waarop dit kortliks neerkom, is dat die uil sy kop draai totdat albei ore dieselfde geluidsterkte hoor en dan weet hy dat die geluid direk van voor kom. Wanneer die prooi beweeg, is daar 'n toename in die verskil tussen die geluid wat links en regs waargeneem word. By sommige uile is die ore asimmetries gerangskik, waardeur een oor 'n geluid net voor die ander oor waarneem en die bron nog akkurater bepaal kan word.

Uile vlieg geruisloos: nie net om te verhinder dat die prooi hom hoor aankom nie, maar ook sodat daar nie geraas naby sy eie ore is en sy gehoor daardeur belemmer word nie. Daarom is 'n uil se vlerkoppervlak van dons, sodat alle geluide gedemp word. Boonop het uile groter vlerke as ander voëls van dieselfde grootte. Die groter vlerk oppervlakte beteken dat hulle beter kan vlieg en dit vergoed vir die weerstand wat die dons op die vlerke meebring.

Lewenswyse

Die meeste uile maak jag op knaagdiere, ander klein soogdiere, voëls en insekte. Hul voedselinname word egter grootliks bepaal deur die beskikbaarheid van voedsel in 'n bepaalde omgewing. In die natuur eet bosuile byvoorbeeld klein soogdiere, maar as hulle in ʼn stedelike gebied woon, eet hulle mossies en ander voëls. Die prooi word gewoonlik heel ingesluk en in die maag verteer.

Die onverteerbare dele word in die sogenaamde uilballe uitgebraak. Uile leef in afgebakende gebiede en hul geroep in die nag dien hoofsaaklik as waarskuwing aan ander uile dat 'n afgebakende gebied nie binnegedring mag word nie. Bedags rus hulle dikwels op dieselfde plek.

Voortplanting

Uile bou nie hul eie neste nie. Hulle broei meestal in ʼn bestaande holte, 'n ou nes van ʼn ander voël of sommer op die kaal grond. Die eiers is wit en rond en word vroeg in die jaar met tussenposes van 'n paar dae gelê. Wanneer al die eiers uitgebroei is, bevat die nes dus kuikens van verskillende groottes. In tye van voedselskaarste oorleef slegs die oudstes en sterkstes. Die aantal eiers per nes en die aantal broeisels per jaar hang van die beskikbaarheid van voedsel af.

Kerkuile

Elf van die uilspesies verskil so baie van die ander 133 dat hulle afsonderlik as kerkuile (familie Tytonidae) gegroepeer word. Hulle kan uitwendig van die ander onderskei word deur die hartvormige gesigskyf. Die bekendste verteenwoordiger is Tyto alba, wat in gematigde en tropiese streke van die wêreld voorkom.

In Suid-Afrika staan die uil ook as die nonnetjie- of nooientjie-uil bekend. Hulle is goudbruin met grys en wit en maak hul nes in skure, ou mynskagte of grotte. Die ander verteenwoordiger wat in Suid-Afrika voorkom, is die grasuil (Tyto capensis). Jare lank is daar vermoed dat die genus Phodilus slegs uit een spesie bestaan, maar ʼn tweede spesie van die genus, naamlik die Kongolese uil (Phodilus prigoginei), is in 1951 ontdek.

Egte uile

Die dwergooruile (genus Otus) is die grootste groep van die egte uile (familie Strigidae). Die dwergooruil of skopsuil (Otus scops) kan waarskynlik tussen Europa en Afrika migreer. 'n Tweede spesie van die genus, Otus leucotis of die witwanguil, kom ook in Suid-Afrika voor. Ander spesies wat hier voorkom, is die dwerguil (Glaucidium perlatum), wat bruin is met spikkels en sowat 180 mm hoog word, en die gebande uil (Glaucidium capense), wat net ʼn bietjie groter is as die dwerguil.

Die gevlekte ooruil (Bubo africanus) is die algemeenste groot uil in die land en word sowat 460 mm hoog. Die reuse-ooruil (Bubo lacteus) word tot 650 mm hoog, en hoewel hy wydverspreid voorkom, kom hy nêrens volop voor nie. Hy eet groter diere soos hase. Die Kaapse ooruil (Bubo capensis) is 'n seldsame voël wat gewoonlik in bergagtige en beboste gebiede voorkom. Die vlei-uil (Asio capensis) is bruingrys en word gewoonlik naby water aangetref. Die bosuil (Ciccaba woodfordii) word tot 330 mm hoog en kom veral in die oostelike en suidelike kusgebiede voor. Die visuil (Scotopelia peli) is baie seldsaam.

Uil-families

Daar is twee families van uile:

  • Strigidae – Ware uile, met ongeveer 185 spesie in 25 genera.
  • Tytonidae – Nonnetjiesuile met die genus Tyto en al sy spesies (veral Tyto alba) en die genus Pholidus met nog 'n paar spesies (bekend as baai-uile, wat in teenstelling met ander uile hoofsaaklik op gehoor jag).

Sien ook

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels

Read other articles:

Eggstedt Lambang kebesaranLetak Eggstedt di Dithmarschen NegaraJermanNegara bagianSchleswig-HolsteinKreisDithmarschen Municipal assoc.Burg-Sankt MichaelisdonnSubdivisions5Pemerintahan • MayorWalter KrotzekLuas • Total12,79 km2 (494 sq mi)Ketinggian8 m (26 ft)Populasi (2013-12-31)[1] • Total782 • Kepadatan0,61/km2 (1,6/sq mi)Zona waktuWET/WMPET (UTC+1/+2)Kode pos25721Kode area telepon04830Pelat kendaraan...

 

Castle in Ireland Parts of this article (those related to All) need to be updated. The reason given is: Needs update and expansion. Please help update this article to reflect recent events or newly available information. (June 2023) Dromoland CastleEntrance to Dromoland CastleGeneral informationStatusLuxury hotelTypecastleArchitectural styleGothic RevivalLocationCounty ClareCountryIrelandEstimated completion15th/16th century (original) 1835 (current structure)Design and constructionArchitect(...

 

Association football position England captain Leah Williamson (left) defends for Arsenal.In the sport of association football, a defender is an outfield player whose primary role is to stop attacks during the game and prevent the opposition from scoring. Defenders fall into five main categories: centre-backs, full-backs, defensive midfielders, sweepers, and wing-backs. The centre-back and full-back positions are most common in modern formations. The sweeper and wing-back roles are more specia...

Untuk tempat lain yang bernama sama, lihat Cagar Alam Tangkuban Perahu. Tangkuban Parahuᮌᮥᮔᮥᮀ ᮒᮀᮊᮥᮘᮔ᮪ ᮕᮛᮠᮥPanorama Gunung Tangkuban Parahu dilihat dari sisi PerhotelanTitik tertinggiKetinggian2.084 m (6.837 ft)[1]Koordinat6°46′S 107°36′E / 6.77°S 107.60°E / -6.77; 107.60Koordinat: 6°46′S 107°36′E / 6.77°S 107.60°E / -6.77; 107.60 [1]Lokasi Gunung Tangkuban ParahuHidr...

 

Macroleptura Klasifikasi ilmiah Kerajaan: Animalia Filum: Arthropoda Kelas: Insecta Ordo: Coleoptera Famili: Cerambycidae Genus: Macroleptura Macroleptura adalah genus kumbang tanduk panjang yang tergolong famili Cerambycidae. Genus ini juga merupakan bagian dari ordo Coleoptera, kelas Insecta, filum Arthropoda, dan kingdom Animalia. Larva kumbang dalam genus ini biasanya mengebor ke dalam kayu dan dapat menyebabkan kerusakan pada batang kayu hidup atau kayu yang telah ditebang. Referensi TI...

 

Election in West Virginia Main article: 1992 United States presidential election 1992 United States presidential election in West Virginia ← 1988 November 3, 1992 1996 →   Nominee Bill Clinton George H. W. Bush Ross Perot Party Democratic Republican Independent Home state Arkansas Texas Texas Running mate Al Gore Dan Quayle James Stockdale Electoral vote 5 0 0 Popular vote 331,001 241,974 108,829 Percentage 48.41% 35.39% 15.92% County Results Cli...

Roque NubloRoque nubloLocation of Roque Nublo on Gran Canaria, the Canary IslandsShow map of Gran CanariaRoque Nublo (Canary Islands)Show map of Canary IslandsLocationProvince of Las Palmas, Gran Canaria, Canary Islands, SpainCoordinates27°58′15″N 15°36′45″W / 27.97083°N 15.61250°W / 27.97083; -15.61250Elevation1,813 m (5,948 ft) The Roque Nublo seen from the north-east, with the smaller spire (a volcanic plug) known as El Fraile (the Friar) visib...

 

Italian footballer Raffaele Costantino Costantino with A.S. RomaPersonal informationDate of birth (1907-06-14)14 June 1907Place of birth Bari, ItalyDate of death 3 June 1991(1991-06-03) (aged 83)Place of death Milan, ItalyPosition(s) Striker, Right WingerSenior career*Years Team Apps (Gls)1922–1927 Liberty Bari 64 (23)1927–1930 Bari 68 (44)1930–1935 Roma 157 (42)1935–1939 Bari 75 (15)International career1929–1933 Italy 23 (8)Managerial career1939–1940 Bari1940–1941 Bari (as...

 

此條目可能包含不适用或被曲解的引用资料,部分内容的准确性无法被证實。 (2023年1月5日)请协助校核其中的错误以改善这篇条目。详情请参见条目的讨论页。 各国相关 主題列表 索引 国内生产总值 石油储量 国防预算 武装部队(军事) 官方语言 人口統計 人口密度 生育率 出生率 死亡率 自杀率 谋杀率 失业率 储蓄率 识字率 出口额 进口额 煤产量 发电量 监禁率 死刑 国债 ...

Office building in Manhattan, New York This article is about the current building on the site completed in 2006. For the original structure destroyed on September 11, 2001, see 7 World Trade Center (1987–2001). 7 World Trade Center7 World Trade Center nearing completion, January 2006General informationStatusCompletedTypeOfficeLocation250 Greenwich StreetManhattan, New York City 10006, United StatesCoordinates40°42′48″N 74°00′43″W / 40.7133°N 74.0120°W / 4...

 

Fictional universe involving Mickey Mouse and related Disney characters Mickey Mouse & FriendsThe logo used by Disney to promote the Mickey Mouse & Friends franchiseCreated byWalt DisneyUb IwerksFloyd Gottfredson (expansion)Original workSteamboat Willie (1928)OwnerThe Walt Disney CompanyYears1928–presentPrint publicationsComicsMickey Mouse (comic book)Comic strip(s)Mickey Mouse (comic strip)Films and televisionFilm(s)Mickey Mouse film series (1928–1953)See also list of Mickey Mou...

 

Radio station in the Philippines Mareco Broadcasting Network, Inc. (MBNI)Company typePrivateIndustryRadio broadcastingFounded1963HeadquartersQuezon City, PhilippinesKey peopleLouie R. Villar, Jr. (President) Saripaz Villar-Tan (EVP) Elaine Rojas Villar-Rivilla (VP-Finance) Engr. Eleuterio Terry G. Bondoc (VP-Engineering)ParentMareco, Inc. (L.R. Villar Group of Companies) Mareco Broadcasting Network, Inc. is a radio network in the Philippines. Mareco stands for Mabuhay Records Corporation as i...

Artikel ini memiliki beberapa masalah. Tolong bantu memperbaikinya atau diskusikan masalah-masalah ini di halaman pembicaraannya. (Pelajari bagaimana dan kapan saat yang tepat untuk menghapus templat pesan ini) Artikel ini membutuhkan rujukan tambahan agar kualitasnya dapat dipastikan. Mohon bantu kami mengembangkan artikel ini dengan cara menambahkan rujukan ke sumber tepercaya. Pernyataan tak bersumber bisa saja dipertentangkan dan dihapus.Cari sumber: Daftar karakter Charlie and the C...

 

A1 merupakan mobil prototipe penumpang pertama yang dibuat oleh perusahaan yang nantinya menjadi Toyota. Mobil ini didesain ulang dan menjadi mobil produksi pertama Toyota, AA sedan dan AB cabriolet. Seri mobil ini dilanjutkan oleh sedan AE, AC dan BA. Replika Toyoda Standard Sedan AA 1936 Seri keluarga mobil ini digantikan secara penuh oleh seri Toyota SA. Referensi Toyota-fifty years in motion, Eiji Toyoda, Tokyo: Kodansha International, 1987. Against all odds, Yukiyasu Togo & William W...

 

2017年洲際國家盃Кубок конфедераций 2017賽事資料屆數第 10 屆主辦國俄羅斯比賽日期6月17日–7月2日參賽隊數8 隊(來自6個大洲)球場4 個(位於4個城市)最終成績冠軍 德国(第 1 次奪冠)亞軍 智利季軍 葡萄牙殿軍 墨西哥賽事統計比賽場數16 場總入球數43 球(場均 2.69 球)入場人數628,304 人(場均 39,269 人)最佳射手 戈雷茨卡 施廷德尔 维尔纳(各 3 球)最佳球員 �...

For the grammatical construction has been (to), see have been. For the word has-been, see its Wiktionary entry. 2004 studio album by William ShatnerHas BeenStudio album by William ShatnerReleasedOctober 5, 2004GenreIndie rock, spoken wordLength39:49LabelShout! FactoryProducerBen FoldsWilliam Shatner chronology William Shatner Live(1977) Has Been(2004) Exodus: An Oratorio in Three Parts(2008) Singles from Has Been Common PeopleReleased: 2004[1] Professional ratingsReview scores...

 

«Anima innocente i medici l'hanno operato e ucciso» (Iscrizione sulla tomba di Euelpisto, ILS, 9441) La medicina romana si connette alla medicina di altri popoli latini e alla medicina magica etrusca: si narra in scritti di Eschilo e Teofrasto che i figli della Maga Circe, esperta in farmaci, divennero Principi etruschi esperti nell'arte della madre; Esiodo parla della grande rinomanza dei medici etruschi attenti all'igiene per esempio, attraverso le opere di canalizzazione ritenute import...

 

1976 single by Johnny Hallyday Derrière l'amourSingle by Johnny Hallydayfrom the album Derrière l'amour LanguageFrenchEnglish titleBehind loveB-sideJoue pas de rock'n'roll pour moiReleasedMay 1976 (1976 -05)[1]Recorded1976StudioStudio 92, Boulogne-BillancourtGenreChanson, Pop rockLength4:40LabelPhilipsSongwriter(s)Toto Cutugno, Vito Pallavicini, Pierre DelanoëProducer(s)Jacques RevauxJohnny Hallyday singles chronology Requiem pour un fou (1976) Derrière l'amour / Joue pa...

Tomio Hora (洞 富雄, Hora Tomio, (kelahiran 14 November 1906 di Distrik Higashichikuma, Prefektur Nagano, sekarang Chikuhoku; meninggal pada 15 Maret 2000) adalah seorang sejarawan Jepang dan profesor Universitas Waseda, yang paling dikenal karena karya pelopornya tentang Pembantaian Nanjing. Pendidikan Hora masuk sekolah menengah di SMA Matsumoto Kukashi (長野県松本深志高等学校) dan sekolah tinggi di di Sekolah Tinggi Universitas Waseda (早稲田大学高等学院). Ia merupak...

 

Dalam artikel ini, pertama atau paternal nama keluarganya adalah Cayo dan nama keluarga maternal atau keduanya adalah Sanguinetti. Stephanie CayoCayo pada tahun 2017LahirStephanie Cristina Cayo Sanguinetti8 April 1988 (umur 36)Lima, PeruAlmamaterNew York Film AcademyPekerjaanPemeran, model, penyanyiTahun aktif1998–sekarangSuami/istriChad Campbell ​ ​(m. 2018; c. 2021)​Tanda tangan (2012) India Catalina Awards (en) Stephanie C...