Die Tigrinya vorm die vierde grootste etniese groep in Ethiopië ná die Oromo, die Amhare en die Somaliërs en vorm die titulêre nasie van die Tigray-streek, een van nege etniese streke in Ethiopië. Daarbenewens leef sowat 2,7 miljoen Tigrinya in Eritrea. Hulle word in Ethiopië Tigray en in Eritrea Tigrinya genoem. In Eritrea vorm hulle sowat 55% van die bevolking.
As gevolg van die Eritrese Onafhanklikheidsoorlog (1961–1991) en die Eritrese-Ethiopiese Oorlog (1998–2000) het Tigrinya ook in lande soos Duitsland, Swede, Noorweë, die Verenigde Koninkryk, Kanada, Nederland, Italië, Denemarke en Australië gevestig. Wêreldwyd leef sowat 7,5 miljoen Tigrinya, met 'n groot aantal aan vlugtelinge.
↑(en) Joireman, Sandra F. (1997). Institutional Change in the Horn of Africa: The Allocation of Property Rights and Implications for Development. Universal-Publishers. p. 1. ISBN1-58112-000-1.