Die Te Water Huis in Graaff-Reinet, Suid-Afrika is tot gedenkwaardigheid verklaar weens die besondere boustyl. Vanaf 1854 tot 1976 was dit die woning van die bekende Te Water-familie.
Huis
Die huis is op die hoek van Kerkstraat en Somersetstraat. Op 9 September 1818 is die perseel aan Andries Stockenström toegeken en die huis is waarskynlik deur hom in ±1820 gebou. Hierdie besonder ruim huis was in die H-uitleg met groot gewels en 'n riet dak. Die swierige omlysting en unieke pilaartjies aan die voorgewel (Somersetstraat) is oorblyfsels van die Kaaps-Hollandse gewels. In die laat 19de eeu, die Victoriaanse tydperk, is die huis gemoderniseer en is die riet op die dak met sinkplaat vervang en die gewels verwyder. Uit ongeveer 1880 dateer die oordekte stoep met die hortjies. Toe is ook die binnekant van die huis aan die moderne smaak aangepas. Die kamers is 5,5 m en die vensters 2,5 m hoog. Die plafonne, vloere en deure is almal van geelhout.
Bekende familielede
Verskeie lede van die Te Water-familie het hoë poste in die Suid-Afrikaanse samelewing beklee.
- Frans Karel te Water (*Brussel, België, 13 Augustus 1824 - †Graaff-Reinet. 18 Desember 1913), Dr. Te Water is die stamvader van die familie in Suid-Afrika. Hy arriveer ±1850 in die land en is vir 4 termyne burgemeester van Graaff-Reinet en die lid vir Graaff-Reinet van die Wetgewende Vergadering van die Kaapkolonie. Hy is die eerste Te Water-eienaar van die huis.
- bogenoemde is die vader van Thomas te Water
- Charles Theodor(e) te Water (*Graaff-Reinet, 4 Februarie 1887 - †St. James, 6 Junie 1964), seun van bogenoemde Thomas. Charles was 'n regsgeleerde (LLD) en politikus.
- June te Water (*Pretoria, 1924 - ), kleindogter van bogenomede Charles. June was 'n bekende beeldhouer.
- Die Te Water Naudé-familie is afstammelinge van Frans
Lees oook
Bibliografie
- Fransen, Hans: A guide to the old buildings of the Cape. A survey of extant architecture from before c1910 in the area of Cape Town, Calvinia, Colesberg, Uitenhage. Kaapstad: Jonathan Ball, 2004. ISBN 1-86842-191-0
- graaff-reinet.co.za
- Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 35, nr. 2, Julie 1986. ISSN 0023-8422
- sahris.sahra.org.za <- VOLLEDIGE skakel asb.!