Tarantula het ’n skynbare magnitude van 8. As in ag geneem word dit is 160 000 ligjare van die Aarde af, is dit ’n besonder helder niestellêre voorwerp. Sy ligsterkte is so groot dat as hy so naby aan ons was as die Orion-newel, hy skadu's sou gegooi het.[4] Dit is die aktiefste stervormingsgebied in die Plaaslike Groep sterrestelsels. Dit is ook een van die grootstes – met ’n geraamde deursnee van 652 ligjare.[3]
In die kern van 30 Doradus is die sterreswermNGC 2070, wat die kompakte konsentrasie sterre bekend as R136 bevat;[5] dit wek die meeste energie op wat die newel sigbaar maak. Die geraamde massa van die swerm is 450 000 M☉ (sonmassas), wat daarop dui dat dit waarskynlik in die toekoms ’n bolswerm sal word.[6] Benewens NGC 2070 bevat die Tarantula-newel ’n paar ander sterreswerms, insluitende die veel ouer Hodge 301. Die swaarste sterre van Hodge 301 het reeds as supernovas ontplof.[7]
Die naaste supernova wat waargeneem is sedert die ontdekking van die teleskoop,[8]SN 1987A, het aan die buitewyke van die Tarantula-newel voorgekom.[9] Daar is ’n prominente supernova-oorblyfsel wat die oop sterreswerm NGC 2060 omsluit, maar die oorblyfsels van baie ander supernovas is moeilik om te bespeur in die komplekse newelagtigheid.[10]
Galery
Hubble se panoramiese beeld van ’n stervormende gebied met die naam R136.
Die helder ster VFTS 682 in die Groot Magellaanse Wolk (ESO e.a.).
Sentrale streek van die Tarantula-newel – ’n mosaïek van Hubble-beelde (Nasa/ESA/Danny LaCrue).
’n Streek van die Groot Magellaanse Wolk naby die newel.
↑ 3,03,1Lebouteiller, V.; Bernard-Salas, J.; Brandl, B.; Whelan, D. G.; et al. (Junie 2008). "Chemical Composition and Mixing in Giant H II Regions: NGC 3603, 30 Doradus, and N66". The Astrophysical Journal. 680 (1): 398–419. arXiv:0710.4549. Bibcode:2008ApJ...680..398L. doi:10.1086/587503.
↑Massey, P; Hunter, D. (Januarie 1998). "Star Formation in R136: A Cluster of O3 Stars Revealed by Hubble Space Telescope Spectroscopy". The Astrophysical Journal. 493 (1): 180. Bibcode:1998ApJ...493..180M. doi:10.1086/305126.
↑"Encyclopedia of Space". Authors: Couper,Heather; Henbest, Nigel. URL besoek op 2 Januarie 2013.
↑Lazendic, J. S.; Dickel, J. R.; Jones, P. A. (2003). "Supernova Remnant Candidates in the 30 Doradus Nebula". The Astrophysical Journal. 596: 287. Bibcode:2003ApJ...596..287L. doi:10.1086/377630.