Tananas is 'n Suid-Afrikaanse jazz musiekgroep wat in 1987 gestig is. Die oorspronklike groepslede is die Mosambiekse Gito Baloi (bas en koor), Ian Herman (dromme en perkussie) en Steve Newman (akoestiese kitaar).[1]
Tananas vermeng klanke vanuit Afrika, Spanje, die Midde- en Verre Ooste wat hulle saamgevat in 'n tipe "township jive".
Die groep het hul debuut in 'n kroeg in Johannesburg in 1987 gemaak.[2] Hulle breek in 1993 op, maar het nog af en toe bymekaargekom vir optredes totdat Gito op 4 April 2004 in Johannesburg doodgeskiet is, terwyl hy op pad huis toe was na 'n opvoering in Pretoria.[3]
Lede
Die Tananas bestaan uit:
Diskografie
- Tananas – 1988
- Spiral – 1990
- Orchestra Mundo – 1994
- Time – 1994
- Unamunacua – 1996
- The Collection – 1997
- Seed – 1999
- Alive in Jo'burg – 2001
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels