Die Swartvlerksprinkaanvoël (Glareola nordmanni) is 'n gelokaliseerde, algemene somertrekvoël en bly in groot swerms saam. Die voël is 23 – 25 cm groot en weeg 90 – 110 gram met 'n vlerkspan van 64 cm. Suid-Afrika onderhou die meeste van die wêreldbevolking tydens die suidelike somer. In Engels staan die voël bekend as Black-winged Pratincole.