Die Suidelike noorkapper (Eubalaena australis) is 'n walvis wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom. Die walvis word uitgeken aan die wit, vratagtige groeisels op die kop. Die soogdier het groot spaanvormige borsvinne maar geen rugvin nie.
Die walvis se Engelse naam is die Southern Right Whale bedoelende dat dit die 'regte' walvis was om dood te maak destyds deur die walvisjagters. Die walvis mag egter nie meer gejag word nie.
Fotogalery
'n Suidelike noorkapper in Argentinië.
Stertvin van 'n noorkapper.
'n Noorkapper spring bo die water uit.
'n Noorkapper swem na 'n boot vol toeriste op 'n besigtigingstoer.