Die Barrakudas (Sphyraenidae) is 'n vis-familie wat tot die ordePerciformes behoort. Daar is slegs een genus met twintig spesies in hierdie familie, en agt van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
Visse van hierdie familie het lang, byna silindervormige lywe met lang koppe en het twee dorsale vinne wyd uitmekaar. Die lyf is bedek met klein skubbe en die grootte wissel tussen 30 cm en 2 m. Hulle verkies riviermondings en vlak kuswater oor koraalriwwe om in te leef. Hulle eet hoofsaaklik vis en tjokka. Visse van die familie is eetbaar en gewilde sportvisse.
Genus
Die volgende genus en gepaardgaande spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor: