Sosiale orde

Die term sosiale orde kan in twee opsigte gebruik word. In die eerste sin verwys dit na 'n spesifieke stel sosiale strukture, instellings, verhoudings, gebruike, waardes en praktyke wat sekere gedrags- en omgangspatrone bewaar, handhaaf en versterk. Voorbeelde is die antieke, die feodale en die kapitalistiese sosiale orde. In die tweede sin word sosiale orde met sosiale chaos of wanorde gekontrasteer, en verwys dit na 'n stabiele samelewing waarin die bestaande sosiale orde deur die lede aanvaar en gehandhaaf word. Die probleem van orde of die Hobbes-probleem, wat die kern van baie van die sosiologie, politieke wetenskap en politieke filosofie uitmaak, handel oor die manier en redes waarom sosiale orde bestaan.

Sosiologie

Thomas Hobbes word as die eerste persoon beskou wat die probleem duidelik geformuleer het ten einde die idee van sosiale kontrak te ondersoek. Sosiale teoretici (soos Karl Marx, Émile Durkheim, Talcott Parsons en Jürgen Habermas) het met verskillende verklarings vorendag gekom vir die elemente waaruit sosiale orde bestaan, en wat die werklike basis daarvan is. Vir Marx is die basis van 'n sosiale orde deur die verhouding van produksie of ekonomiese struktuur gevorm. Vir Durkheim was dit 'n stel gedeelde sosiale norme. Vir Parsons was dit 'n stel sosiale instellings wat die patroon van handelingsoriënterings reguleer, wat op hulle beurt op 'n raamwerk van kulturele waardes gebaseer is. Vir Habernas is dit al bogenoemde, sowel as kommunikatiewe handeling.

Beginsel van uitgebreidheid

Nog 'n belangrike faktor met betrekking tot sosiale orde is die beginsel van uitgebreidheid. Hoe meer norme daar is en hoe belangriker die norme vir 'n samelewing is, hoe sterker bind hierdie norme die groep as 'n geheel aanmekaar.

'n Goeie voorbeeld hiervan is die kleiner godsdienste in die VSA, byvoorbeeld die Amiese Doopsgesindes (die Amish). Baie van hulle woon in geslote gemeenskappe en aangesien hulle dieselfde godsdiens en waardes aanhang, is dit makliker vir hulle om hulle godsdiens en oortuigings te handhaaf siende dat hulle lewenswyse die norm vir hulle gemeenskap is.[1]

Groepe en netwerke

In elke samelewing behoort mense aan groepe byvoorbeeld besighede, gesinne, kerke, sportgroepe of woonbuurte. Die struktuur binne hierdie groepe weerspieël dié van die hele gemeenskap. Daar is netwerke en verbintenisse tussen groepe sowel as in die groepe self, en dit skep sosiale orde.

Sommige mense behoort aan meer as een groep, en dit kan soms konflik veroorsaak. Die individu kan hom in 'n situasie bevind waarin hy tussen twee groepe moet kies. Navorsers van hierdie groepe glo dat dit noodsaaklik is dat daar verbintenissetussen groepe is ten einde die samelewing as geheel te versterk, en om trots in die onderskeie groepe te bevorder. Ander glo dat dit beter is om sterker verbintenissebinne 'n groep te hê sodat sosiale norme en waardes versterk kan word.

Statusgroepe

"Statusgroepe" kan op 'n persoon se eienskappe soos ras, etnisiteit, seksuele oriëntering, godsdiens, kaste, streek, beroep, fisieke aantreklikheid, geslag, opvoeding, ouderdom, ens. gebaseer wees. Hierdie groepe word as "'n subkultuur met 'n taamlike spesifieke rang (of status) binne die stratifikasiestelsel" gedefinieer." Dit beteken dat daar binne samelewings gewoonlik 'n hiërargie van statusgroepe bestaan waarvan sommiges 'n hoër en ander 'n laer posisie geniet."[2] Een voorbeeld van hierdie hiërargie is die prestige van 'n onderwyser in vergelyking met dié van 'n vullisman.

Lede van onderskeie statusgroepe word dikwels deur 'n sekere lewenstyl van mekaar onderskei. 'n Joodse familie sal byvoorbeeld die Fees van die Ligte onderhou terwyl 'n Christelike familie Kersfees vier. Ander kulturele verskille soos taal en kulturele rituele identifiseer lede van verskillende statusgroepe.

Verder bestaan daar kleiner groepe binne een statusgroep. 'n Persoon behoort byvoorbeeld aan 'n statusgroep gebaseer op sy ras en aan 'n sosiale klas gebaseer op finansiële rangorde. Dit kan konflik vir daardie individu skep wanneer hy voel dat hy hom by óf sy statusgroep óf sy sosiale klas moet skaar. 'n Welgestelde Afro-Amerikaanse man wat byvoorbeeld voel dat hy standpunt moet inneem oor 'n kwessie waarvan die opinies van arm Afro-Amerikaners en welgestelde wit Amerikaners verskil, vind dat sy klas en statusgroep in stryd met mekaar is.

Waardes en norme

Waardes kan as die "interne kriteria vir evaluering" omskryf word, en word ook in twee kategorieë verdeel. Eerstens is daar individuele waardes met betrekking tot iets wat vir 'n persoon waarde het, en tweedens, sosiale waardes. Sosiale waardes is ons begeertes soos gewysig deur etiese beginsels of die groep waarmee ons assosieer: vriende, familie of kollegas. Norme het betrekking op dit wat mense in 'n gegewe situasie behoort te doen. Anders as waardes, word norme ekstern afgedwing. 'n Samelewing as geheel bepaal sy norme, en dit kan van geslag tot geslag oorgedra word.

Mag en gesag

'n Uitsondering op die idee van waardes en norme as sosiale ordebewakers is afwykende gedrag. Nie almal in 'n groep hou altyd by 'n stel persoonlike waardes of die groep se norme nie. Om hierdie rede onderskryf samelewings die instelling van gesagsliggame. Ander is weer van mening dat die behoefte aan gesag uit 'n gebrek aan sosiale geregtigheid spruit. Daar word algemeen erken dat daar 'n inverse verhouding tussen effektiewe maatskaplike geregtigheid en die behoefte aan outoritêre sosiale beheer bestaan.

Die persone wat mags- en gesagsposisies in samelewings beklee, behoort tot die hoër klas. Elke klas se norme verskil, want die lede van onderskeie klasse is verskillend grootgemaak en onderskryf verskillende waardestelsels. Daar ontstaan dus spanning tussen die hoër en laer klasse wanneer wette en reëls ingestel word wat nie met albei klasse se waardes ooreenstem nie.

Spontane orde

Orde hoef nie noodwendig deur die owerheid beheer te word nie. In die strewe na eiebelang kan individue voorspelbare stelsels skep. Hierdie stelsels wat deur meer as een persoon ontwerp is, kan trouens bo stelsels verkies word wat deur een persoon ontwerp is. Dit beteken dat voorspelbaarheid sonder 'n sentrale regering se beheer verkry kan word. Hierdie stabiele verwagtings lei nie noodwendig daartoe dat individue op 'n manier optree wat tot voordeel van die groepswelsyn is nie. Thomas Schelling het rasseskeiding in woonbuurte bestudeer. Hy het bevind dat interaksie voorspelbaarheid kan produseer, maar dat dit nie altyd tot groter sosiale orde lei nie. In sy navorsing het hy bevind "dat wanneer alle individue hulle eie voorkeure nastreef, die uitkoms eerder segregasie as integrasie is," soos gestel in "Theories of Social Order," geredigeer deur Michael Hechter en Christine Horne.

Sosiale eer

Sosiale orde kan ook sosiale status genoem word. Dit word as die uitdeling van prestige beskou, of as "die goedkeuring, respek, bewondering of ontsag wat 'n persoon of groep op grond van hulle toegerekende kwaliteite afdwing." Mense assosieer sosiale eer gewoonlik met 'n persoon se posisie ten opsigte van materiële rykdom- en magstelsels. Aangesien die grootste gedeelte van die samelewing 'n begeerte na rykdom en mag het, word diegene wat meer as hulle het, met respek of afguns bejeën. Wanneer daar na sosiale eer as sosiale status verwys word, handel dit oor 'n persoon se rang binne die stratifikasiestelsel. Status kan verwerf of toegeken word. Eersgenoemde gebeur wanneer 'n persoon se posisie op meriete gegrond is, of deur prestasie en harde werk verkry is. Laasgenoemde vind plaas wanneer 'n persoon se posisie nie op meriete gegrond is nie, maar op sekere kenmerke buite hulle beheer, soos ras, geslag of hulle ouers se sosiale stand. 'n Voorbeeld van toegeskrewe status is Kate Middleton wat met 'n prins getrou het. 'n Voorbeeld van verwerfde status is Oprah Winfrey, 'n Afro-Amerikaanse vrou uit 'n arm huis wat deur harde werk 'n biljoenêr geword het.[3]

Verkryging van die sosiale orde

Daar bestaan twee verskillende teorieë wat sosiale orde beskryf en verklaar. Die eerste teorie is: "Orde is die gevolg van 'n groot hoeveelheid onafhanklike besluite om individuele regte en vryhede na 'n geforseerde staat oor te dra in ruil vir die waarborg van sekuriteit vir persone en hulle eiendom, sowel as die instelling van meganismes om geskille op te los," soos gestel in Theories of Social Order deur Hechter en Horne. Die volgende teorie is: "Die uiteindelik bron van sosiale orde bestaan nie in uiterlike beheer nie, maar in 'n harmonie van spesifieke waardes en norme wat individue op die een of ander manier kon internaliseer," ook soos gestel in Theories of Social Order deur Hechter en Horne. Die twee argumente oor die instelling van sosiale orde verskil baie. Die een redeneer dat dit deur uiterlike invloed en beheer verkry word terwyl die ander beweer dat dit slegs verkry kan word wanneer individue die norme en waardes onderhou waaraan hulle gewoond geraak het en geïnternaliseer het. Weber se aandrang op die belangrikheid van dominansie en simboliese stelsels in die sosiale lewe is deur behou deur Pierre Bourdieu wat die idee van sosiale ordes ontwikkel het, en dit uiteindelik in veldteorieë verander het.

Sien ook

  • Sosiale hiërargie
  • Anti-sosiale gedrag
  • Ooreenstemming
  • Norm (sosiologie)
  • Marx se teorie van geskiedenis

Verdere leesstof

  • Hechter, M.; Horne, C. (2003). Theories of Social Order. A Reader. Stanford University Press.
  • Hobbes, T. Leviatan of Die Saak, Forme en die Krag van'n Gemeenskaplike Rykdom Ecclesiasticall en Burgerlike.
  • Stark, 2007. Sosiologie. ISBN?
  • Weber, Max (1968). Economy and Society.

Verwysings

Read other articles:

Eugene Gordon LeeEugene Gordon Lee sebagai PorkyLahirEugene Gordon Lee(1933-10-25)25 Oktober 1933Fort Worth, Texas, ASMeninggal16 Oktober 2005(2005-10-16) (umur 71)Minneapolis, Minnesota, ASNama lainGordon Lee Eugene Gordon LeePekerjaanPemeran cilikTahun aktif1935–1939Suami/istri? (?-1971)[1]PasanganJanice McClain (1992-2005) (kematiannya)[2]Anak1 Eugene Gordon Lee (25 Oktober 1933 – 16 Oktober 2005) adalah seorang pemeran cilik asal Amerika S...

 

State park in Oregon, United States For other uses, see Smith Rock. Smith Rock State ParkSmith Rock State ParkLocation in OregonShow map of OregonSmith Rock State ParkLocation in United StatesShow map of the United StatesTypePublic, stateLocationDeschutes County, OregonNearest cityRedmondCoordinates44°22′09″N 121°08′18″W / 44.3692875°N 121.1383676°W / 44.3692875; -121.1383676[1]Area641 acres (259 ha)Operated byOregon Parks and Recreat...

 

4th Australian government ministry For the New South Wales ministry led by George Reid between 1894 and 1899, see Reid ministry (New South Wales). See also: Reid government Reid ministry4th Ministry of AustraliaGroup photo of the Reid ministry with Governor-General Lord Northcote.Date formed17 August 1904Date dissolved5 July 1905People and organisationsMonarchEdward VIIGovernor-GeneralLord NorthcotePrime MinisterGeorge ReidNo. of ministers8Member partyFree TradeStatus in legislatureMinority g...

Russian historian (born 1955) This biography of a living person needs additional citations for verification, as its only attribution is to self-published sources; articles should not be based solely on such sources. Please help by adding reliable, independent sources. Immediately remove contentious material about living people that is unsourced or poorly sourced. (October 2016) (Learn how and when to remove this template message) Doykov, Yuri VsevolodovichBorn (1955-07-20) July 20, 1955 (age&...

 

Screenshot of Street view for Manizales on Google Earth In June 2012 Google Colombia announced to the media that the Google Street View cars would be circulating throughout Colombia collecting images.[1] In September 2013 Google Street View became available. It covers a major part of the Colombian territory including 21 cities and many smaller towns. Among the major cities covered by Street view are Bogotá, Cartagena, Manizales, Barranquilla, Bucaramanga, Santa Marta and Neiva.[...

 

Сабии (сабеи; араб. صابئة‎) — в ближневосточной традиции религиозная группа, упоминаемая в Коране как принадлежащая к людям Писания наряду с иудеями и христианами. Слово «сабии» имеет арамейское происхождение и в арабском языке употреблялось в значении людей, обра�...

Gmina in Pomeranian Voivodeship, PolandGmina LiniaGmina Lëniô Linia CommuneGmina Coat of armsCoordinates (Linia): 54°27′7″N 17°56′1″E / 54.45194°N 17.93361°E / 54.45194; 17.93361Country PolandVoivodeshipPomeranianCountyWejherowoSeatLiniaGovernment • MayorBogusława EngelbrechtArea • Total119.82 km2 (46.26 sq mi)Population (2006) • Total5,785 • Density48/km2 (130/sq mi)Websit...

 

Gempa bumi Van 20112011 Van depremi / Erdheja Wanê 2011Waktu UTC2011-10-23 10:41:22ISC17394270USGS-ANSSComCatTanggal setempat23 Oktober 2011Waktu setempat13:41 (EEST) (UTC+03:00)Kekuatan7.2 Mw[1][2][3][4]Kedalaman7,2 km (4,5 mi)[5]Episentrum38°37′41″N 43°29′10″E / 38.628°N 43.486°E / 38.628; 43.486Koordinat: 38°37′41″N 43°29′10″E / 38.628°N 43.486°E / 38.62...

 

تلال الرهبان، وتقع في مواقع التراث العالمي في كاهوكيا تلة قبر كريك ، وتقع في فيرجينيا الغربية، وهي واحدة من أكبر تلال المخروطية في الولايات المتحدة. وقد بني من قبل حضارة ادينا. بُناة الرَّوابي من أقدم هنود أمريكا الشمالية، اشتهروا ببناء هضاب (أكوام) تذكارية كبيرة من التربة....

French reformer William FarelOil on wood, 16th Century in the Bibliothèque de Genève.BornGuilhem Farel1489Gap, Kingdom of FranceDied1565 (aged 75–76)NeuchâtelOccupation(s)Evangelist, theologianYears active1522–1565Theological workEraReformationLanguageFrenchTradition or movementCalvinist William Farel (1489 – 13 September 1565), Guilhem Farel or Guillaume Farel[1] (French: [gijom faʁɛl]), was a French evangelist, Protestant reformer and a founder o...

 

EyeTap EyeTap — это устройство в форме очков, которое позволяет перехватывать поступающее в глаз изображение, и, обработав его через компьютер, пропускать дальше в глаз. Главные особенности EyeTap — запись видео «из глаз» и возможность наложения компьютерной графики на ори...

 

Canadian ice hockey player, coach, and executive (1943–2014) Ice hockey player Pat QuinnOC Hockey Hall of Fame, 2016 (Builder) Quinn at the 2012 NHL Winter ClassicBorn (1943-01-29)January 29, 1943Hamilton, Ontario, CanadaDied November 23, 2014(2014-11-23) (aged 71)Vancouver, British Columbia, CanadaHeight 6 ft 3 in (191 cm)Weight 215 lb (98 kg; 15 st 5 lb)Position DefenceShot LeftPlayed for Toronto Maple LeafsVancouver CanucksAtlanta FlamesCoached for...

Religious personal name given on the occasion of a Christian baptism This article is about Christian names in their religious context. For first names in general, see Given name. Baptismal name redirects here. For the similar ritual name in Mandaism, see Mandaean name. A baptism, at which Christian names are traditionally given A Christian name, sometimes referred to as a baptismal name, is a religious personal name given on the occasion of a Christian baptism, though now most often given by ...

 

António Agostinho NetoNeto pada 1975 Presiden Angola pertamaMasa jabatan11 November 1975 – 10 September 1979PendahuluJabatan dibentukPenggantiJosé Eduardo dos SantosPerdana MenteriLopo do Nascimento (1975–1978) Informasi pribadiLahir(1922-09-17)17 September 1922Bengo, AngolaMeninggal10 September 1979(1979-09-10) (umur 56)Moscow, Uni SovietPartai politikGerakan Rakyat untuk Pembebasan AngolaSuami/istriMaria Eugénia da Silva[1]Sunting kotak info • L • ...

 

Unsolved UK murder and miscarriage of justice Murder of Helen GorrieMerchistoun Hall in Horndean. Gorrie was found dead in the grounds of the hall.Date31 July 1992 or the early hours of 1 August 1992[1]TimeBetween 11:30 and 12:30 am, likely around 12:30 am[1]LocationMerchistoun Hall (Horndean Community Centre), Portsmouth Road, Horndean, Hampshire[1]Coordinates50°54′39″N 1°00′20″W / 50.9109°N 1.0055°W / 50.9109; -1.0055 On 1 August, ...

Belgian field hockey player John-John Dohmen Dohmen in 2016Personal informationFull name John-John Dominique DohmenBorn (1988-01-24) 24 January 1988 (age 36)Anderlecht, BelgiumHeight 1.74 m (5 ft 9 in)Weight 69 kg (152 lb)Playing position MidfielderClub informationCurrent club OréeYouth career LéopoldSenior careerYears Team Léopold0000–2020 Waterloo Ducks2020–present OréeNational teamYears Team Apps (Gls) Belgium 408 (27) Medal record Men's field hockey R...

 

1997 film by George T. Miller Zeus and RoxanneTheatrical release posterDirected byGeorge T. MillerWritten byTom BenedekProduced by Frank Price Gene Rosow Ludi Boeken Starring Steve Guttenberg Kathleen Quinlan Miko Hughes CinematographyDavid ConnellEdited byHarry HitnerMusic byBruce RowlandProductioncompanyRysher EntertainmentDistributed byMGM/UA Distribution Co.Release date January 24, 1997 (1997-01-24) Running time98 minutesCountryUnited StatesLanguageEnglishBox office$7.2 mil...

 

Совет Россия — НАТО Герб Постоянного представительства России при НАТО Членство  Албания  Бельгия  Болгария  Великобритания  Венгрия  Германия  Греция  Дания  Исландия  Испания  Италия  Канада  Латвия  Литва  Люксембург  Нидер�...

Pour les articles homonymes, voir Gucci (homonymie), Man et Davis. Gucci Mane Gucci Mane en concert, 2024.Informations générales Surnom GuwopMr. Zone 6WizopEast Atlanta SantaLaFlare Nom de naissance Radric Delantic Davis Naissance 12 février 1980 (44 ans)Birmingham, Alabama, États-Unis Activité principale Rappeurauteur-compositeurproducteur musicalactor Genre musical Hip-hopdirty southtrapgangsta raprap hardcoreAtlanta hip hop Années actives Depuis 2001 Labels 1017AtlanticRBCAsylu...

 

Don McLeanInformasi latar belakangNama lahirDon McLeanLahir2 Oktober 1945GenreLagu rakyatFolk rockPekerjaanpenyanyi dan pengarang laguInstrumenVokalGitarPianoTahun aktif1970 - sekarangSitus webhttp://www.don-mclean.com/ Don McLean (lahir 2 Oktober 1945) adalah seorang penyanyi dan pengarang lagu Amerika Serikat. Ia paling dikenal karena lagunya American Pie (1971). Awal kehidupan Don McLean sangat terpengaruh oleh kematian Buddy Holly dan John F. Kennedy. Dalam hidup pribadinya, ia sendiri me...