Sonwyser

'n Sonwyser is 'n toestel wat die tyd met behulp van die son aanwys. Die sonwyser het 'n gnomon[Nota 1] wat 'n skaduwee op 'n uitgemerkte oppervlak werp. Aangesien die son se pad deur die hemel deur die aarde se breedtegraad bepaal is, word sonwysers spesifiek vir 'n bepaalde breedtegraad vervaardig met die doel dat die styl[Nota 2] van die gnomon parallel met die aarde se draaias moet lê. Op die vroegste sonwysers, val die skaduwee van die gnomon op 'n plat plaat wat óf vertikaal (vertikale sonwysers) of horisontaal (horisontale sonwysers) opgerig is.

Die nommers op horisontale sonwysers in die Noordelike Halfrond en op vertikale sonwysers in die Suidelike Halfrond volg 'n kloksgewyse patroon, terwyl die nommers op horisontale sonwysers in die Suidelike Halfrond en die vertikale sonwysers in die Noordelike Halfrond anti-kloksgewys is.[1]

In onlangse tye is ekwatoriale sonwysers ontwikkel. Ekwatoriale sonwysers het 'n geboë oppervlak met 'n gnomon in die vorm van 'n stok in plaas van 'n driehoek. Ekwatoriale sonwysers is geskik vir tropiese gebiede en horisontale of vertikale sonwysers vir gematigde gebiede.

Fotogalery

Verskeie sonwysers
Vertikale sonwyser, Kasteel die Goeie Hoop, Kaapstad
Vertikale sonwyser, Kasteel die Goeie Hoop, Kaapstad
Vertikale sonwyser, Kasteel die Goeie Hoop, Kaapstad  
Horisontale sonwyser, Nottingham, Verenigde Koninkryk
Horisontale sonwyser, Nottingham, Verenigde Koninkryk
Horisontale sonwyser, Nottingham, Verenigde Koninkryk  
Ekwatoriale sonwyser, Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin, Roodepoort
Ekwatoriale sonwyser, Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin, Roodepoort
Veel fasette sonskyn, Barrington Court, Engeland
Veel fasette sonskyn, Barrington Court, Engeland
Veel fasette sonskyn, Barrington Court, Engeland  

Notas

  1. Volgens die HAT is dit die driehoekige deel wat die skaduwee werp. Gnomon in Engels, Duits, Frans en Nederlands.
  2. Sien HAT, ook style in Engels en Frans en stijl in Nederlands.

Verwysings

  1. (en) Vincent, Jill (2008). "The mathematics of sundials" (PDF). Austrlian Senior Mathematics Journal. University of Melbourne. 22 (1): 13–23. Besoek op 17 Desember 2016.

Eksterne skakels