Die Slag van Ingogo het plaas gevind op 8 Februarie 1881 tydens die Eerste Vryheidsoorlog tussen Britse en Boeremagte. Ingogo staan ook bekend as Skuinshoogte.
Die geveg
Die Britse magte was onder bevel van luitenant-kolonel Ashburnham en die Boeremagte onder bevel van kommandant Nicolas Smith. Die Britse verliese was 7 offisiere en 69 soldate met 3 offisiere en 64 soldate gewond. Aan Boerekant was slegs 8 dood en 6 gewond.
Bronne