Skoonheid is 'n Suid-Afrikaanse rolprent wat vir die eerste keer op 17 Mei 2011 tydens die filmfees in Cannes in Frankryk vertoon is. Dit is op 5 Augustus 2011 in Suid-Afrika vrygestel. Die prent se dialoog is in Afrikaans met Engelse onderskrifte. Die regisseur is Oliver Hermanus (dit is sy tweede film).
Die fliek het die Queer Palm-prys by die internasionale Cannes-fliekfees in Frankryk losgeslaan. Die Suid-Afrikaanse keurraad, onder die vaandel van die Nasionale Film-en-Videostigting, het die film as amptelike inskrywing vir die Oscars aangewys.[1]
Genre
Skoonheid is 'n dramatiese kunsfilm. Die ouderdomsperk is 18 en dit word nie vir sensitiewe kykers aanbeveel nie.
Hoofrolspelers
Storielyn
Francois van Heerden is wit Afrikaanse man in sy middel 40's. Hy is 'n eggenoot en pa van twee, eienaar van 'n besigheid en blykbaar 'n vooraanstaande in die gemeenskap. Hy onderdruk egter al jare lank sy seksualiteit en sy lewe is stadig maar seker besig om te ontrafel.
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels