Skat (ster)
Skat
|
|
Skat se ligging (in die rooi sirkel).
|
Sterrebeeld |
Waterdraer
|
Bayer-naam |
Delta Aquarii
|
Spektraaltipe |
A3 V[1]
|
Soort |
Hoofreeksster
|
Waarnemingsdata (Epog J2000)
|
Regte klimming |
22h 54m 39.0125s[2]
|
Deklinasie |
-15° 49′ 14.953″[2]
|
Skynmagnitude (m) |
3,25[3]
|
B-V-kleurindeks |
+0,068[3]
|
U-B-kleurindeks |
+0,172[3]
|
Besonderhede
|
Massa (M☉) |
2[4]
|
Radius (R☉) |
2,4[4]
|
Ligsterkte (L☉) |
26[4]
|
Ouderdom (jaar) |
0,3 miljard[5]
|
Temperatuur (K) |
9 000[6]
|
Ander name
|
Skat, Scheat, 76 Aquarii, BD-16 6173, FK5 866, HD 216627, HIP 113136, HR 8709, SAO 165375.[7]
|
|
Skat (ook bekend as Delta Aquarii of δ Aqr) is die derde helderste ster in die sterrebeeld Waterdraer (Aquarius) en het ’n skynbare magnitude van 3,3.[3] Dit kan dus met die blote oog gesien word. Dit is sowat 160 ligjare van die Son af geleë.[2]
Eienskappe
Skat het ’n sterreklassifikasie van A3 V,[1] en dus ’n massa van sowat twee keer en ’n radius van 2,4 keer dié van die Son.[4] Die helderheid van sy buitenste atmosfeer af is 26 keer die Son s’n,[4] met ’n effektiewe temperatuur van sowat 9 000 K.[6] Dit gee dit die kenmerkende wit skynsel van ’n A-tipe ster. Dit draai teen ’n relatiewe hoë snelheid: sowat 81 km/s−1.[8]
Skat is versigtig waargeneem om te sien of dit ’n metgesel het, maar niks is gevind nie.[5] Dit het ook nie ’n sterk infrarooistraling wat kan dui op die teenwoordigheid van materiaal wat om die ster sirkel nie.[9] Die ster is moontlik lid van die Groot Beer- bewegende groep,[10] wat ’n geraamde ouderdom van 500 miljoen jaar het.[11]
Verwysings
- ↑ 1,0 1,1 Houk, Nancy (1979), Michigan catalogue of two-dimensional spectral types for the HD stars, 4, Ann Arbor, Michigan: Dept. of Astronomy, University of Michigan, Bibcode: 1988MSS...C04....0H
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Van Leeuwen, F. (November 2007), "Validation of the new Hipparcos reduction", Astronomy and Astrophysics 474 (2): 653–664, doi:10.1051/0004-6361:20078357, Bibcode: 2007A&A...474..653V
- ↑ 3,0 3,1 3,2 3,3 Celis S., L. (Oktober 1975), "Photoelectric photometry of late-type variable stars", Astronomy and Astrophysics Supplement Series 22: 9–17, Bibcode: 1975A&AS...22....9C
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 4,4 Malagnini, M. L.; Morossi, C. (November 1990), "Accurate absolute luminosities, effective temperatures, radii, masses and surface gravities for a selected sample of field stars", Astronomy and Astrophysics Supplement Series 85 (3): 1015–1019, Bibcode: 1990A&AS...85.1015M
- ↑ 5,0 5,1 Ehrenreich, D. et al. (November 2010), "Deep infrared imaging of close companions to austral A- and F-type stars", Astronomy and Astrophysics 523: A73, doi:10.1051/0004-6361/201014763, Bibcode: 2010A&A...523A..73E
- ↑ 6,0 6,1 Hill, G. M. (Februarie 1995), "Compositional differences among the A-type stars. 2: Spectrum synthesis up to V sin i = 110 km/s", Astronomy and Astrophysics 294 (2): 536–546, Bibcode: 1995A&A...294..536H
- ↑ "del Aqr -- Star", SIMBAD (Centre de Données astronomiques de Strasbourg), http://simbad.u-strasbg.fr/simbad/sim-id?Ident=Delta+Aquarii, besoek op 2012-01-30
- ↑ Royer, F.; Zorec, J.; Gómez, A. E. (Februarie 2007), "Rotational velocities of A-type stars. III. Velocity distributions", Astronomy and Astrophysics 463 (2): 671–682, doi:10.1051/0004-6361:20065224, Bibcode: 2007A&A...463..671R
- ↑ Su, K. Y. L. et al. (Desember 2006), "Debris Disk Evolution around A Stars", The Astrophysical Journal 653 (1): 675–689, doi:10.1086/508649, Bibcode: 2006ApJ...653..675S
- ↑ King, Jeremy R. et al. (April 2003), "Stellar Kinematic Groups. II. A Reexamination of the Membership, Activity, and Age of the Ursa Major Group", The Astronomical Journal 125 (4): 1980–2017, doi:10.1086/368241, Bibcode: 2003AJ....125.1980K
- ↑ Monier, R. (November 2005), "Abundances of a sample of A and F-type dwarf members of the Ursa Major Group", Astronomy and Astrophysics 442 (2): 563–566, doi:10.1051/0004-6361:20053222, Bibcode: 2005A&A...442..563M
Eksterne skakels
|
|