SilwervlootDie Silwervloot (Spaans: Flota de Indias; Nederlands: Zilvervloot) was in die 16de en 17de eeu ’n jaarlikse konvooi van skepe waarin kosbaarhede van die Spaanse kolonies in die Amerikas na Spanje verskeep is. In Nederland is die Silwervloot veral bekend vir die verowering daarvan in 1628 deur Piet Hein. GeskiedenisDie Silwervloot het uit twee vlote bestaan wat by Havana byeengekom en saam na Europa gevaar het. Een vloot het van die kus van Panama af gekom en die ander van Mexico en Honduras af. Die skepe was swaar bewapen, aangesien die vrag van silwer, goud, pêrels, edelstene, speserye, suiker, tabak en sy van enorme waarde was. Die enigste mens wat ooit ’n hele deelvloot met silwer en al sou verower, was Piet Hein. Hy het namens die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie beplan om in 1628 die vloot te kaap en die kosbaarhede na Nederland te verskeep. Dié land was in daardie stadium in die Tagtigjarige Oorlog met Spanje gewikkel. "Seerowery" in opdrag van ’n staat ("kaapvaart" genoem) was destyds gebruiklik en wettig. In September 1628 verower Piet Hein een deelvloot in die Slag in die Baai van Matanzas (Kuba). Die ander vloot van Venezuela af is betyds gewaarsku en het buite bereik gebly. Piet Hein se buit was onder meer 177 000 pond silwer en duisend pêrels. Die oorlog teen Spanje kon ’n jaar lank daarmee betaal word. Ramings van die huidige waarde van die buit wissel van €100 miljoen op grond van die huidige silwerprys tot €100 miljard op grond van wat destyds met die geld gedoen kon word. Die lied "De Zilvervloot"
Die verowering van die Silwervloot was nie alleen ’n finansiële nie, maar ook ’n morele oorwinning vir Nederland. Piet Hein is in die 19de eeu vereer met sy eie lied, gekomponeer deur J.J. Viotta, wat ook in Suid-Afrika bekend is. Die woorde is geskryf deur J.P. Heije. Die woorde hieronder is soos dit in Die Groot Afrikaanse-Hollandse Liederbundel opgeneem is:[1]
NotasVerwysings
Eksterne skakels
Information related to Silwervloot |