Serena Jameka Williams (gebore 26 September1981 in Saginaw, Michigan) is 'n voormalige Amerikaanse professionele tennisspeelster. Sy is op vier afsonderlike geleenthede deur die internasionale Women's Tennis Association as die Wêreldnr. 1 gelys.[1]
Sy is die huidige Olimpiese vroue-enkelspelwenner en het reeds 37 Grand Slam-titels gewen: 23 in enkelspelle, 14 in dubbelspelle en 2 in gemengde dubbelspelle. Sy het ook vier Olimpiese goue medaljes in die dubbelspel vir vroue gewen. Sy is die mees onlangse speelster wat al vier Grand Slam-titels tegelykertyd gehou het (sewe Australiese, drie Franse Ope, sewe Wimbledon-kampioenskappe en ses VS Opes). Sy het meer Grand Slams as enige ander aktiewe speelster en ook meer prysgeld as enige ander sportvrou in die geskiedenis gewen.
Sy is die jonger suster van die voormalige Wêreldnr. 1 professionele vrouetennisspeler Venus Williams; die susters het sedert 1998 31 professionele wedstryde teen mekaar gespeel, waarvan Serena 19 gewen het. Sy word deur baie as een van die beste tennisspelers van alle tye beskou.
Grand Slam-rekord
Die tabel toon Serena Williams se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in enkelspel vir vroue waaraan sy deelgeneem het: