Sarah-Jane Brandon |
---|
Beroep(e) | Sangeres |
---|
Instrumente | Stem |
---|
Assosiasies | James Baillieu |
---|
Sarah-Jane Brandon is ’n Suid-Afrikaanse sopraan.[1] Sy studeer aan die Royal College of Music in Londen, waarna sy haar in Engeland vestig. Sy maak vinnig opgang, debuteer as operasopraan in die Händelfees en tree as solis saam met verskeie Britse simfonieorkeste op, asook by die Glyndebournefees. In 2009 word sy die eerste Suid-Afrikaner wat die gesogte Kathleen Ferrier-sangkompetisie wen en in 2011 die eerste Suid-Afrikaner om as Jong Kunstenaar na die Salzburg-musiekfees genooi te word.[2]
Sy tree gereeld saam met die Suid-Afrikaanse pianis James Baillieu op. Onder haar uitvoerings tel Mahler se Simfonie no. 4, Mozart se Requiem en Mendelssohn se A Midsummer Night's Dream.
Verwysings
Eksterne skakels