Gebore in Charlestown, Massachusetts, die eerste kind van aardrykskundige en pastoor Joseph Morse en Elizabeth Ann Finley Morse. Hy woon die Phillips Academy as kind by, en gaan kollege toe op veertienjarige ouderdom. Hy wy homself toe aan die kunste, en word 'n leerling onder Washington Allston, 'n welbekende Amerikaanse skilder. Terwyl hy aan Yale-universiteit studeer, woon hy lesings oor elektrisiteit deur Benjamin Silliman en Jeremiah Day by. Hy verdien geld deur portrette te skilder. In 1810 gradueer hy van Yale, en vergesel Allston later na Europa in 1811.
Morse ontwerp 'n masjien wat marmer of klip in drie-dimensionelestandbeelde kan kerf. Hy kan dit egter nie patenteer nie, weens 'n vorige ontwerp deur Thomas Blanchard uit 1820. In 1823 open Morse 'n kunsateljee in New York Stad. In 1825 skilder Morse Marquis de Lafayette se portret vir $1000. Op 7 Februarie van dieselfde jaar sterf Morse se vrou, Lucretia, skielik; sy word begrawe waarna hy na New Haven terugkeer.
Teen 1837 het Morse die elektriese telegraaf uitgevind, ná Hans Christian Oersted se ontdekking in 1820 van die verwantskap tussen elektrisiteit en magnetisme. In 1832 ontwikkel Morse die idee van elektromagnetiese telegrafie tydens gesprekke met Dr. Charles T. Jackson. Later sou Jackson 'n hofsaak hangig maak oor die telegraaf, wat hy uiteindelik sou verloor. Morse ontwerp prototipes van 'n elektromagnetiese telegraaf wat kon opneem en Morsekode ('n alfabet om boodskappe mee te stuur) in sy sketsboek.
Terwyl hy in Rome studeer in 1830 bevriend hy die DeensebeeldhouerBertel Thorvaldsen; die twee kunstenaars sou soms snags saam deur die antieke murasies stap. Morse skilder ook Thorvaldsen se portret. In die herfs van 1835 bou en demonstreer Morse 'n opneemtelegraaf met 'n bewegende papierlint. Teen die begin van 1836 wys Morse hierdie opneemtelegraaf aan Dr. Leonard Gale. Morse staan ook in 1936 as burgemeesterskandidaat vir New York Stad en verkry 1 496 stemme, maar word nie verkies nie.
Later jare
In 1837 wys Morse sy planne vir relês aan Gale, en in September van daardie jaar die telegraaf aan Alfred Vail.
In 1838 verander Morse die telegrafiese syferskrif vanaf 'n telegrafiese woordeboek met nommerkodes na 'n kode vir elke letter. Op 25 Januarie wys Morse die telegraaf aan kolleges, en op 8 Februarie aan 'n wetenskaplike komitee by die Franklin Institute in Philadelphia, Pennsylvania (die eerste keer wat dit gewerk het was op 6 Januarie). Op 21 Februarie demonstreer Morse die telegraaf aan President Martin van Buren en sy kabinet. Kort daarna word F. O. J. Smith, die voorsitter van die V.S. Huis van Verteenwoordigers se handelskomitee, Morse se vennoot, en stel 'n plan voor aan die V.S. Kongres vir 'n $30 000 telegraaflynprojek. Die plan word nie goedgekeur nie.
In die 1850's reis Morse na Kopenhagen en besoek die Thorvaldsen Museum, waar die beeldhouer se graf in 'n binnehof is. Hy word deur Koning Frederick VII ontvang, en deel sy wens mee om sy portret vanuit 1830 aan die koning te skenk. Vandag behoort die portret van Thorvaldsen aan Koningin Margaret II.
Morse, Samuel, "US1647". "Improvements in the communicating information by signals by the application of electromagnetism." Verenigde State Patentekantoor.
Morse, Samuel, "US6420". Telegraaf. Verenigde State Patentekantoor.
Verdere leesstof
Paul J. Staiti, Samuel F. B. Morse (Cambridge 1989).
Lauretta Dimmick, "Mythic Proportion: Bertel Thorvaldsen's Influence in America", Thorvaldsen: l'ambiente, l'influsso, il mito, ed. P. Kragelund and M. Nykjær, Rome 1991 (Analecta Romana Instituti Danici, Supplementum 18.), pp. 169-191.