Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Samoaans (Gagana fa'a Sāmoa of Gagana Sāmoa – IPA: [ŋaŋana saːmʊa]) is die taal van die Samoa-eilande, wat bestaan uit die onafhanklike land van Samoa en die Amerikaanse eilandgebied van Amerikaans-Samoa. Dit is 'n amptelike taal naas Engels in beide jurisdiksies.
Samoaans, 'n Polinesiese taal, is die eerste taal vir die meeste van die Samoa-eilande se bevolking van sowat 246 000. Met baie Samoane wat in ander lande woon, word die totale aantal sprekers wêreldwyd op 370 000 geskat. Die taal is bekend vir die fonologiese verskille tussen formele en informele spraak, sowel as 'n seremoniële vorm gebruik in Samoaanse oratorium.