Die Russies-Saoedi-Arabiese olieprysoorlog van 2020 is 'n ekonomiese oorlog wat in Maart 2020 veroorsaak is deur Saoedi-Arabië na aanleiding van Rusland se weiering om olieproduksie te verminder ten einde oliepryse op 'n matige vlak te hou. Hierdie ekonomiese konflik het gelei tot 'n groot daling van die olieprys gedurende die vroeë maande van 2020. Die prys het op 20 April negatief geraak. Olieproduksie kan nie heeltemal stopgesit word nie, maar selfs die laagste moontlike produksievlak lewer baie groter aanbod as die vraag, dus was diegene wat olie-termynkontrakte hou bereid om te betaal om die kontrakte af te laai vir olie wat hulle nie sou kon opberg nie.[1][2]
Op 8 Maart 2020 het Saoedi-Arabië 'n prysoorlog met Rusland begin, wat 'n kwartaallikse daling van die olieprys met 65% sou vergemaklik.[3] In die eerste paar weke van Maart het die Amerikaanse oliepryse met 34% gedaal, ruolie het met 26% gedaal, en Brent-olie met 24%.[4][5] Die prysoorlog is veroorsaak deur 'n onderbreking van die dialoog tussen die OPUL en Rusland oor voorgestelde olie-produksie besnoeiings te midde van die KOVIS-19-pandemie.[3] Rusland het van die ooreenkoms uitgegaan, wat gelei het tot die val van die OPUL+ -alliansie. Sedert die begin van die jaar het oliepryse reeds met 30% gedaal as gevolg van 'n daling in die vraag.[6]
Die prysoorlog is een van die grootste oorsake en gevolge van die 2020 aandelemark-ineenstorting.[7]
↑ 3,03,1Jacobs, Trent. "OPEC+ Moves to End Price War With 10 Million B/D Cut". pubs.spe.org. Journal of Petroleum Technology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 April 2020. Besoek op 10 April 2020. (early March) In the ensuing weeks West Texas Intermediate (WTI) prices fell to a low of around $20, marking a record 65% quarterly drop
↑Compare: Business, Matt Egan, CNN (9 Maart 2020). "Oil crashes by most since 1991 as Saudi Arabia launches price war". CNN (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Junie 2020. Besoek op 10 Maart 2020. Oil prices suffered an historic collapse Monday after Saudi Arabia shocked the market by launching a price war against onetime ally Russia. US oil prices crashed as much as 34% to a four-year low of $27.34 a barrel as traders brace for Saudi Arabia to flood the market with crude in a bid to recapture market share. Crude finished with a staggering loss of nearly 26% to settle at $31.13 a barrel. Brent crude, the global benchmark, plunged 24% to close at $33.36 a barrel.{{cite web}}: |last= has generic name (hulp)AS1-onderhoud: meer as een naam (link)