Die Rooiborssperwer (Accipiter rufiventris) is 'n algemene standvoël wat voorkom in woude en plantasies in Suider-Afrika veral in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en die Drakensberg. Die voël is 30 – 38 cm groot, weeg 105 - 210 g met 'n vlerkspan van 65 – 70 cm. In Engels staan die voël bekend as Rufous-breasted Sparrowhawk.
Sien ook
Bron
Verwysings