Die Republiek Winburg-Potchefstroom was 'n Boererepubliek wat van 9 April 1844 tot 3 Februarie 1848 bestaan het. Die republiek is deur Andries Hendrik Potgieter, die leier van die Voortrekkers, gestig. Die voormalige republieke van Winburg en Potchefstroom is saamgesmelt om die Republiek Winburg-Potchefstroom te vorm.
Die republiek hou op om te bestaan nadat Winburg op 3 Februarie 1848 deur Harry Smith vir die Verenigde Koninkryk geannekseer en by die Oranjerivier-soewereiniteit ingelyf is. Potchefstroom word deel van die gebied wat in 1852 as die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) erken is.
|
---|
Gestig tussen 1795 en 1830 | |
---|
Gestig tussen 1830 en 1840 | |
---|
Gestig tussen 1840 en 1870 | |
---|
Gestig tussen 1880 en 1902 | |
---|