Rachel Isabella Steyn

Rachel Steyn
Gebore
Rachel Isabella Fraser

5 Maart 1865
Sterf3 Januarie 1955 (op 89)
EggenootPres. M.T. Steyn
KindersColin Fraser Steyn
Cecilia Johanna Steyn
Gladys Evelyn Steyn
Isabella Gordon Steyn
Emeline Johanna Steyn
Handtekening

Rachel Isabella (Tibbie) Steyn (Philippolis, 5 Maart 1865Bloemfontein, 3 Januarie 1955) aan Colin McKenzie Fraser en Isabella Gordon Fraser (née Paterson). Sy was ’n Suid-Afrikaanse vroueleier en eggenote van die laaste president van die Oranje-Vrystaat, Marthinus Theunis Steyn. Hoewel sy van Skotse herkoms was aan sowel moeders- as vaderskant, het sy haar veral vanaf die Anglo-Boereoorlog ten volle vereenselwig met wat sy self as die "Boerevolk" beskryf het en kry dan ook sodoende die eretitel "volksmoeder".[1]

Herkoms

Mev. Steyn, ’n skets van 1905 deur Jan Toorop.

Steyn was die dogter van ds. Colin McKenzie Fraser, leraar van die NG gemeente Philippolis van 1863 tot 1907, en ’n kleindogter van ds. Colin Fraser, tweede leraar van die NG gemeente Beaufort-Wes van 1824 tot 1862. Hy was een van die eerste Skotse predikante wat in die 19de eeu na Suid-Afrika gekom het om die tekort aan leraars in die NG Kerk te verlig en goewerneur lord Charles Somerset se poging aan te help om die Hollandse bevolking te verengels. Haar oom was sir John Fraser, voorsitter van die Vrystaatse Volksraad, verloorder in die Vrystaatse presidentsverkiesing van 1896 waarin M.T. Steyn verkies is, en van Uniewording in 1910 tot 1920 ’n senator vir die Suid-Afrikaanse Party. Tibbie Steyn was aan sowel moeders- as vaderskant van Skotse herkoms en het in die pastorie op Philippolis grootgeword. Haar lewe lank was sy ’n toegewyde Christen.

Opleiding en vroeë lewe

Haar skoolopleiding ontvang sy aan die indertydse Damesinstituut, vandag die Hoërskool Eunice, in Bloemfontein. In 1887 trou sy met M.T. Steyn, destyds ’n jong advokaat. Van 1896 was sy die vrou van die man wat die laaste president van die Oranje-Vrystaat sou word. Volgens M.C.E. van Schoor[2] het sy "besondere grasie verleen aan die waardigheid van haar man se hoë amp. Lewenslank is sy besonder hooggeag deur die hele volk, wat na haar opgesien het as die laaste skakel met die heldhaftige verlede, die simbool van wat die edelste en beste is in die Afrikanervrou."

Tydens die krisisjare in die aanloop tot die Anglo-Boereoorlog was Tibbie Steyn haar man se getroue bystand. Ná die val van Bloemfontein in 1900 het sy voor die Britse troepe gevlug en ondanks swak gesondheid geweier om na Europa te ontsnap. Later is sy teruggestuur na Bloemfontein waar sy as krygsgevangene ’n voorbeeld gestel het van stille moed, geduld en deursettingsvermoë. Ná die Vrede van Vereeniging het sy haar man na Europa vergesel, waar sy hom getrou versorg het tydens sy langdurige siekte. In 1905 keer hulle terug en gaan woon op Onze Rust, hul plaas buite die Vrystaatse hoofstad.

Kinders

Hulle kinders was dr. Colin Steyn, ’n politikus, kabinetsminister en regsgeleerde; Hannah, wat getrou het met Everard Fichardt, advokaat en skrywer; Gladys Steyn, wat in 1922 die eerste vroulike advokaat in Suid-Afrika geword het;[3] Isabella (Tibbie), wat getrou het met dr. N.J. van der Merwe, haar pa se biograaf, en ná sy dood dr. C.F. Visser, en wat ’n senator geword het wat die Vrystaat vir die Nasionale Party verteenwoordig het; en Emeline (Emmie), wat getrou het met dr. J.S. du Toit, ’n vooraanstaande oftalmoloog.

Ná die Oorlog

Die Steyn-egpaar besoek Versailles kort ná die Anglo-Boereoorlog.
Die Steyn-gesin kom kort na die Anglo-Boereoorlog op die stasie in Bad Reichenhall in Beiere aan.
Die egpaar Steyn in Dordrecht, Nederland, omstreeks 1903.

Tibbie Steyn hervat haar openbare loopbaan in 1907 as voorsitter van die pasgestigte vroueliga, die Oranje-Vrouevereniging. Op 16 Desember 1913 onthul sy die Vrouemonument in Bloemfontein namens Emily Hobhouse, wat spesiaal van Engeland af gekom het vir geleentheid, maar te siek was om verder as Beaufort-Wes te reis. Twintig duisend mense het die onthulling bygewoon, onder wie oudpres. M.T. Steyn, wie se gesondheid ook nie meer na wense was nie[4]

Ná haar man se dood (28 November 1916) het sy haar toenemend met die strewe van die Afrikaners vereenselwig en op haar eie sagte manier groot invloed uitgeoefen. Uit dankbaarheid vir wat Emily Hobhouse tydens die Anglo-Boereoorlog vir die Boerevolk beteken het, het Steyn die leiding geneem om reëlings te tref vir haar aftrede. Sonder Hobhouse se medewete het Steyn in 1921 die bedrag van £2 300 deur middel van halfkroon-kollektelyste ingesamel. Dit is aan Hobhouse gestuur met die uitdruklike versoek dat sy ’n huisie iewers aan die kus van Cornwall, waar sy so graag wou wees, moes koop. Hobhouse se geldnood was sodanig dat sy selfs sonder die basiese moes klaarkom en dit glad nie sou kon oorweeg om ’n huis te koop nie. In ’n bedankingsbrief in Mei 1921 skryf sy haar eerste gedagte was om geen geskenk te aanvaar nie of om dan die geld aan die een of ander openbare saak te skenk. "Maar nadat ek u brief gelees en nogeens gelees het, het ek besluit om u geskenk te aanvaar in dieselfde eenvoudige en liefdevolle wyse waarop dit aan my gestuur is".[5]

In 1923 wy Steyn haar daaraan toe om geld in te samel vir die sukkelende Duitse volk en uit dankbaarheid hiervoor ken Heidelberg in 1925 ereburgerskap aan haar toe. In 1938 het sy die fakkel aangesteek by die Van Riebeeck-standbeeld in Kaapstad aan die begin van die Simboliese Ossewatrek na Pretoria, waar die hoeksteen van die Voortrekkermonument gelê sou word.

Volgens Van Schoor is die kroon op ’n leeftyd van "waardigheid, selfloosheid, verdraagsaamheid en diens" gespan toe sy in 1948 gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig by die goue jubileum van koningin Wilhelmina van Nederland. Steyn is aan die voet van die Vrouemonument begrawe tydens ’n staatsbegrafnis[6]

Boodskap aan gemeente Beaufort-Wes

Die opstal op Onze Rust, die Steyns se plaas buite Bloemfontein.

Met die viering van die NG gemeente Beaufort-Wes se 125ste bestaansjaar het Tibbie Steyn ’n spesiale boodskap vir die gemeente se gedenkboek geskryf:

As kleinkind van ds. Colin Fraser, sr., en in herinnering aan die aangename besoeke van my kinderjare in die groot familiekring daar deurgebring, verheug dit my dat ek ook ’n paar woorde vir die Feesalbum van die gemeente Beaufort-Wes kan skrywe. Wat ’n voorreg om nog steeds terug te mag dink aan die bediening van Gods Woord, wat ons Boerevolk destyds tot sulke treffende feesdae opgeroep het. Ons Boerenasie was groot in sy eenvoud, gasvryheid en godsdiens.

Van harte wens ek die gemeente Beaufort-Wes geluk met die viering van sy honderd-vyf-en-twintigste jubileum, en saam met die gemeente hef ek my oë op na die berge vanwaar ons hulp kom. Ons kan nie anders as met beklemde gemoed die tydgees gadeslaan nie. Dit dreig om Gods Woord en godsdiens uit ons volkslewe te verdring. Mag die gelowige gebede ook in hierdie dae kragtig wees, sodat "Hy weer Sy wette in ons verstand sal gee en dit op ons harte sal skrywe".

Onze Rust, 18 Julie 1944

Biografieë

Mev. Steyn in 1944.

Tibbie Steyn het nie haar eie lewensverhaal neergeskryf nie, maar met die jare het daar al heelwat boeke deels en geheel en al oor haar lewe die lig gesien. Anna de Villiers beskryf in haar Vrouegalery (Nasionale Boekhandel, 1962) die lewe en werk van ’n aantal groot vroue in Suid-Afrika, onder meer Maria van Riebeeck, lady Anne Barnard, Marie Koopmans-De Wet, Olive Schreiner, Emily Hobhouse en Rachel Isabella Steyn, wat sy ook ’n "volksmoeder" noem.

In 1983 verskyn In Liefde En Trou: Die Lewe Van President M.T. Steyn En Mevrou Tibbie Steyn Met ’n Keuse Uit Hulle Korrespondensie deur Karel Schoeman by die uitgewery Human & Rousseau.[7] In 1997 kom ’n baie volledige biografie, Tibbie, Rachel Isabella Steyn 1865–1955. Haar lewe was haar boodskap deur Elbie Truter aan die beurt. Truter was ook verantwoordelik vir Die lewe van Rachel Isabella Steyn in die Oranje-Vrystaat, 1865–1905 en Rachel Isabella Steyn, 1905–1955.

Verwysings

  1. Smit, ds. A.P. 1945. Gedenkboek van die Nederduits Gereformeerde Gemeente Beaufort-Wes (1820–1945). Kaapstad: N.G. Kerkraad, Beaufort-Wes.
  2. Van Schoor, M.C.E. 1974. STEYN, Rachel Isabella. Potgieter, D.J. (hoofred.) Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town: Nasou Limited.
  3. Die Burger, 27 September 1989
  4. Die Greybom.
  5. Biografieë van besondere Suid-Afrikaners, Emily Hobhouse Geargiveer 6 Maart 2012 op Wayback Machine.
  6. Ancestry24.com
  7. Met ’n beskrywing van die inhoud.

Bronne

Eksterne skakels

Read other articles:

Carso beralih ke halaman ini. Untuk wine, lihat Carso DOC. Untuk perusahaan konglomerat, lihat Grupo Carso. Tebing Duino (bahasa Slovenia: Devin) dan teluk Sistiana, Provinsi Trieste, Italia, dilihat dari Perlintasan Rilke Dataran Karst atau kawasan Karst (Italia: Carsocode: it is deprecated ; bahasa Slovenia: Kras), juga disebut sebagai Karst, adalah sebuah kawasan dataran batu gamping yang berada di sepanjang perbatasan barat daya Slovenia dan timur laut Italia. Wilayah tersebut ter...

 

Ini adalah nama Korea; marganya adalah Go. Go Won-heeGo Won-hee pada tahun 2018Lahir12 September 1994 (umur 29)Gorea SelatanPendidikanUniversitas Chung-Ang – Teater dan FilmPekerjaanAktrisTahun aktif2011–sekarangAgenSBD Entertainment Nama KoreaHangul고원희 Alih AksaraGo Won-huiMcCune–ReischauerKo Wŏn-hŭiSitus websbdenter.com/go-won-hee Go Won-hee (lahir 12 September 1994) adalah aktris asal Korea Selatan. Filmografi Seri televisi Tahun Judul Peran Jaringan Ref. 2012 Natur...

 

Halaman ini berisi artikel tentang distrik pedesaan di Provinsi An Giang. Untuk tempat lainnya yang dinamai Chợ Mới, lihat Chợ Mới. Distrik Chợ Mới Huyện Chợ MớiDistrik pedesaanLetak di Provinsi An GiangNegara VietnamProvinsiAn GiangIbukotaChợ MớiPopulasi (2003) • Total362.492Zona waktuUTC+07:00 (Waktu Indochina) Chợ Mới adalah sebuah distrik pedesaan (huyện) di Provinsi An Giang, wilayah Delta Mekong, Vietnam. Pada 2003, distrik tersebut memi...

Chemical compound DiphenylpyralineClinical dataOther names4-(diphenylmethoxy)-1-methyl-piperidineAHFS/Drugs.comInternational Drug NamesRoutes ofadministrationOral, TopicalATC codeR06AA07 (WHO) Legal statusLegal status In general: ℞ (Prescription only) Pharmacokinetic dataElimination half-life24–40 hours[1]Identifiers IUPAC name 4-benzhydryloxy-1-methyl-piperidine CAS Number147-20-6 YPubChem CID3103IUPHAR/BPS7165DrugBankDB01146 YChemSpider2992 YUN...

 

Wakil Bupati MagetanPetahanaHj. Nanik Endang Rusminarti, M.Pd.sejak 24 September 2018Masa jabatan5 tahunDibentuk1998Pejabat pertamaDrs. H. Djarno, M.Si.Situs webmagetan.go.id Berikut ini adalah daftar Wakil Bupati Magetan dari masa ke masa. No Potret Wakil Bupati Mulai Jabatan Akhir Jabatan Prd. Ket. Bupati 1 Drs. H.DjarnoM.Si. 1998 2003 1   Drs. H.SoenartoM.Si. 2 Ir. H.Miratul MukmininM.Si. 2003 2008 2   Drs.Saleh MuljonoM.M. 3 Samsi 2008 2013 3   Dr. Drs. H.K.R.A. Sumant...

 

Museo della 'ndrangheta UbicazioneStato Italia LocalitàReggio Calabria IndirizzoVia Cava Aloi - Reggio di Calabria Coordinate38°03′24.84″N 15°40′42.96″E / 38.0569°N 15.6786°E38.0569; 15.6786Coordinate: 38°03′24.84″N 15°40′42.96″E / 38.0569°N 15.6786°E38.0569; 15.6786 CaratteristicheTipoCultura locale, criminalità Apertura2009 Sito web Modifica dati su Wikidata · Manuale Il Museo della ndrangheta (Antigone-Osservatorio sulla ...

Historic county of the Kingdom of Croatia-Slavonia Modruš-Rijeka CountyModruško-riječka županijaModrus-Fiume vármegyeCounty of the Kingdom of Croatia-SlavoniaCounty of the Kingdom of Serbs, Croats, and Slovenes (1918–1922)1886–1922 Coat of arms Location of the County (yellow) within the Kingdom of Croatia-Slavonia (green)Old map of Modruš-Rijeka CountyCapitalOgulinArea • Coordinates45°16′N 15°14′E / 45.267°N 15.233°E / 45.267; 15.233  ...

 

طواف تركيا الرئاسي 2019 تفاصيل السباقسلسلة55. طواف تركيامنافسةطواف العالم للدراجات 2019 2.UWT‏مراحل6التواريخ16 – 21 أبريل 2019المسافات993٫4 كمالبلد تركيانقطة البدايةإسطنبولنقطة النهايةإسطنبولالفرق17عدد المتسابقين في البداية117عدد المتسابقين في النهاية100متوسط السرعة39٫896 كم/سالم�...

 

Tiara WestlakeLahirTiara Anne Westlake11 Juli 1995 (umur 28)Jakarta, IndonesiaNama lainTiara 7BPekerjaanPemeranTahun aktif2008—sekarang Tiara Anne Westlake (lahir 11 Juli 1995) adalah adalah pemeran Indonesia keturunan Inggris. Filmografi Film Tahun Judul Peran Catatan Ref. 2015 Nenek Siam Kikan Badoet Nikki 2017 Tommi n Jerri Serial televisi Tahun Judul Peran Catatan Ref. 2008 Pelangi Pelangi Anggraini Karya debut 2008—2009 Kasih dan Amara Amara Wiraguna 2010 Seruni Ratu ...

此條目需要补充更多来源。 (2021年7月4日)请协助補充多方面可靠来源以改善这篇条目,无法查证的内容可能會因為异议提出而被移除。致使用者:请搜索一下条目的标题(来源搜索:美国众议院 — 网页、新闻、书籍、学术、图像),以检查网络上是否存在该主题的更多可靠来源(判定指引)。 美國眾議院 United States House of Representatives第118届美国国会众议院徽章 众议院旗...

 

此條目可能包含不适用或被曲解的引用资料,部分内容的准确性无法被证實。 (2023年1月5日)请协助校核其中的错误以改善这篇条目。详情请参见条目的讨论页。 各国相关 主題列表 索引 国内生产总值 石油储量 国防预算 武装部队(军事) 官方语言 人口統計 人口密度 生育率 出生率 死亡率 自杀率 谋杀率 失业率 储蓄率 识字率 出口额 进口额 煤产量 发电量 监禁率 死刑 国债 ...

 

Dian FitrianiInformasi pribadiKebangsaan IndonesiaLahir21 Maret 1993 (umur 31)Magelang, IndonesiaPeganganKananGanda Putri & Ganda CampuranPeringkat tertinggi140 Aris Budiharti (6 April 2012)Peringkat saat ini36 Nadya Melati (5 Maret 2015) Dian Fitriani (lahir 21 Maret 1993) adalah salah satu pemain bulu tangkis Ganda Putri Indonesia berpasangan dengan Nadya Melati sejak tahun 2014 sampai dengan sekarang. Prestasi 2011: Juara TANGKAS ALFAMART JUNIOR CHALLENGE OPEN BADMI...

قاعدة الملك فهد الجوية إياتا: لا شيء – ايكاو: OETF قاعد الملك فهد الجويةموقع المطار موجز نوع المطار عسكري المالك القوات المسلحة السعودية المشغل القوات الجوية الملكية السعودية البلد السعودية  الموقع الطائف،  السعودية الارتفاع 1,477 م؛ 4,848 قدم إحداثيات 21°29′0.24″N 40°32′29.48″E...

 

The United Kingdom has an uncodified constitution. The constitution consists of legislation, common law, Crown prerogative and constitutional conventions. Conventions may be written or unwritten. They are principles of behaviour which are not legally enforceable, but form part of the constitution by being enforced on a political, professional or personal level. Written conventions can be found in the Ministerial Code, Cabinet Manual, Guide to Judicial Conduct, Erskine May and even legislatio...

 

Artikel ini bukan mengenai Zaporizhzhia; Zaporizhzhia, Luhansk; atau Oblast Zaporozhye. Oblast Zaporizhzhia Запоріжжя областьOblastGedung Administrasi Oblast Zaporizhzhia BenderaLambang kebesaranJulukan: Запоріжжя (Zaporizhzhya)Negara UkrainaIbu kotaZaporizhzhiaPemerintahan • GubernurOleksandr Starukh[1] • Ketua Dewan OblastHryhoriy SamardakLuas • Total27.183 km2 (10,495 sq mi)Peringkat9Populasi ...

Russian cargo spacecraft Progress M-26MProgress M-26M shortly before docking to the aftend of the Zvezda service module on the ISS.Mission typeISS resupplyOperatorRoskosmosCOSPAR ID2015-008A SATCAT no.40392Mission duration178 days Spacecraft propertiesSpacecraft typeProgress-M s/n 426ManufacturerRKK EnergiaLaunch mass7287 kg Start of missionLaunch date17 February 2015,11:00:17 UTC[1]RocketSoyuz-ULaunch siteBaikonur, Site 1/5 End of missionDisposalDeorbitedDecay date14 August 2015, 14:...

 

Diocese of the Church of England Diocese of YorkDioecesis EboracensisCoat of armsFlagLocationEcclesiastical provinceYorkArchdeaconriesCleveland, the East Riding, YorkStatisticsParishes472Churches607InformationCathedralYork MinsterLanguageEnglishCurrent leadershipBishopStephen Cottrell, Archbishop of YorkSuffragansPaul Ferguson, Bishop of Whitby[1]John Thomson, Bishop of Selby[1]Eleanor Sanderson, Bishop of HullStephen Race, Bishop of Beverley (AEO)ArchdeaconsAndy Broom, Archde...

 

2010 Hindi-language thriller film PaybackPromotional posterDirected bySachin P. KarandeProduced bySarosh KhanStarringMunish KhanSara KhanGulshan GroverZakir HussainMukesh TiwariHrishikesh JoshiKunal KumarCinematographyPathan Parvez KhanEdited byMukesh ThakurMusic byDev SikandarProductioncompanyArchangel EntertainmentRelease date 17 December 2010 (2010-12-17) CountryIndiaLanguageHindiBox office₹ 2.5 million (est.)[1] Payback is a Hindi thriller film, directed by Sachin...

San Marco dei CavotiKomuneComune di San Marco dei CavotiLokasi San Marco dei Cavoti di Provinsi BeneventoNegaraItaliaWilayah CampaniaProvinsiBenevento (BN)Luas[1] • Total49,19 km2 (18,99 sq mi)Ketinggian[2]695 m (2,280 ft)Populasi (2016)[3] • Total3.544 • Kepadatan72/km2 (190/sq mi)Zona waktuUTC+1 (CET) • Musim panas (DST)UTC+2 (CEST)Kode pos82029Kode area telepon0824Situs webhttp://www....

 

Deel van een serie artikelen overWiskunde Formules van een stochastisch proces Kwantiteit Complex getal · Geheel getal · Natuurlijk getal · Oneindigheid · Reëel getal · Rekenkunde Structuur en ruimte Algebra · Functie · Getaltheorie · Goniometrie · Groepentheorie · Meetkunde · Topologie Verandering Analyse · Chaostheorie · Differentiaalrekening · Dynamische systemen · Vectoren Toegepaste wiskunde Discrete wiskunde · Grafentheorie · Informatietheorie · Kansrekening · Stati...