Prime Circle |
---|
Prime Circle, Hamburg Harley Days 2016. |
Agtergrondinligting |
---|
Oorsprong | Witbank, Mpumalanga |
---|
Genres | Rock |
---|
Jare aktief | 2006 - nou |
---|
Etikette | David Gresham Records, EMI Music |
---|
Webwerf | http://www.primecircle.co.za |
---|
|
---|
Lede | Ross Learmonth Dale Schnettler Dirk Bisschoff Marco Gomes Neil Breytenbach |
---|
Prime Circle is 'n Suid-Afrikaanse rock-musiekgroep van Witbank in Mpumalanga. Hulle word as een van die suksesvolste rock-groepe in Suid-Afrika beskryf.[1]
Die groep is in Desember 2000 gestig. Hulle debuutalbum, Hello Crazy World, is in 2002 uitgereik. Hulle tweede album, Live This Life, volg in Oktober 2005. Hulle is bekend vir liedjies soos Hello, Same Goes For You, Let Me Go, Live This Life, Maybe Wrong, My Inspiration, As Long as I'm Here en Miracle.
Prime Circle het by meeste groot konserte in Suid-Afrika opgetree en het al vir die Live-musiekgroep van die VSA geopen tydens die Suid-Afrikaanse been van hulle Birds Of Pray-toer. Hulle het ook tydens Nelson Mandela se 46664-konsert opgetree. Vroeg in 2006 tree hulle saam met Metallica en ander groepe soos Collective Soul, Simple Plan en Seether op tydens die Coca-Cola Colab-geleenthede in Pretoria, Durban en Kaapstad.
Groeplede
Die groep bestaan uit:
- Ross Learmonth - stem, ritmekitaar, hoof liedjieskrywer.
- Dale Schnettler - tromme.
- Dirk Bisschoff - hoof kitaarspeler, mede liedjieskrywer.
- Marco Gomes - bas-instrumente, mede liedjieskrywer.
- Neil Breytenbach - sleutelbord, mede liedjieskrywer.
Diskografie
- All Or Nothing Live DVD, 2009 EMI
- All Or Nothing, 2008 EMI
- The Best of Prime Circle CD/DVD, 2007 DAVID GRESHAM
- Living In A Crazy World DVD, 2006 GRESHAM
- Live This Life, 2005 DAVID GRESHAM
- Hello Crazy World (Special Edition), DAVID GRESHAM
- Hello Crazy World, 2002 DAVID GRESHAM
Verwysings
- ↑ Khan, Atiyyah. "The inner circle"[dooie skakel], Tonight, 2008-06-17. Besoek op 12 Augustus 2008.
Sien ook
Eksterne skakels