Pretoria-Pietersburgspoorlyn

Die spoorwegnetwerk van die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1899 (aan die begin van die Tweede Vryheidsoorlog) met die Pretoria-Pietersburg spoorlyn in rooi.

Die Pretoria-Pietersburgspoorlyn is tussen in 1897 en 1899 van Pretoria na Pietersburg (deesdae Polokwane) deur die Pretoria Pietersburg Spoorweg Maatschappij met Britse kapitaal gebou. Vyf maande nadat die spoorweg voltooi is, breek die Tweede Vryheidsoorlog uit en die ZAR-regering lê beslag op die spoorweg. Na die oorlog kom dit onder die beheer van die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë.

Lynbou

Kaart van die spoorlyn

Bouwerk begin in 1897 en op 1 Julie 1898 is die eerste 132 km tussen Pretoria en Nylstroom geopen. Drie maande later is die volgende 90 km tussen Nylstroom en Potgietersrus geopen en op 31 Mei 1899 is die laaste 63 km tussen Potgietersrus en Pietersburg geopen. Die spoorlyn begin by die Pretoriastasie waar dit met NZASM se spoornet verbind is. Dit loop verby die die stad aan die wes en volg die Apiesrivier tot by Hammanskraal. Terwyl die Apiesrivier en Pienaarsrivier na die weste draai, loop die spoorlyn na die noorde tot Warmbad waar dit na Nylstroom klim. Toe draai dit aan die noordooste en volg die Nylrivier tot by Potgietersrus. Daar gaan dit oor die Waterberg en dal af tot Pietersburg.[1]

Op 31 Mei 1902, toe die spoorlyn onder Britse beheer gekom het, was sy amptelike lengte 176 myl en 58 kettings (284,4 km)[2]

Tweede Vryheidsoorlog

Op 12 Oktober 1899, 'n paar maande nadat die spoorlyn geopen is, breek die Tweede Vryheidsoorlog uit. Die ZAR-regering lê beslag op die spoorlyn en plaas dit onder beheer van die NZASM met Mauritz de Wildt as bestuurder. De Wildt was destyds ook hoofingenieur met NZASM.[3]. Nadat die Britse magte onder die bevel van Lord Roberts Pretoria op 31 Mei 1900 beset het, het die ZAR-regering hul na Machadodorp gevestig en spoorwegkoetse is vir regeringskantore gebruik en ook om die staatsargiewe te stoor.[4]

Nadat President Kruger na Europa vertrek het, het die ZAR regering na Pietersburg verhuis.[5] Koetse op die Warmbad-Pietersburggedeelte van die spoorlyn is tot 30 Maart 1901 deur die ZAR regering gebruik. terselfdertyd is skade aan die Pretoria Warmbad-gedeelte van die lyn herstel.[6] Op 1 April is Nylstroom deur die Australiese magte beset, Potgietersrus is op 5 April beset en Pietersburg is op 8 April beset. Toe kom die spoorlyn onder die beheer van die Imperial Military Railways (IMR). Afgesien van normale spoorwegdienste, het die treine ook 'n mobiele poskantoordiens gelewer.[7]

Hierna is die IMR se treine ten minste twee keer deur Boerkommando's aangeval. Op 4 Julie 1901 het 'n Boerekommando onder die bevel van Generaal CF Beyers 'n trein by Tobiasspruit, 8 km noord van Naboomspruit aangeval. Op 10 Augustus 1901 het nog 'n Boerekommando, dié keer onder die bevel van Kaptein Jack Hindon en Kaptein Henri Slegtkamp by Haartebeeslaagte, 11 km suid van Naboomspruit 'n gepantserde trein aangeval.[8] Na die Vrede van Vereeniging (31 Mei 1902) word die spoorlyn onder die beheer van die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë geplaas.[9]

Finansieël

In 1895 is 'n konsessie aan Hendrik Jacobus Schoeman toegestaan om die spoorlyn te bou en te bedryf. In 1896 is die Pretoria-Pietersburg Railway Company Limited met 'n kapitaal van £500 000 in die Verenigde Koninkryk gestig en op die Londense beurs gelys om die konsessie te bedryf.[10][9] Verdere finansiering is verkry deur die uitreiking van skuldbriewe ter waarde van £1 005 400.[11]

Tussen 31 Mei 1899 en 13 Oktober 1899 is 45 611 passassiers en 7402 ton vrag deur die spoorweg vervoer. Die inkomste oor hierdie periode was £25 858 en uitgawe (uitsluitende rente op sy skuldbrieve) was £22,227.[11]

Op 14 November 1903 is die maatskapy deur die Britse Regering ontein. Die Britse regering het die aandeelhouers hul oorspronklikke kapitaal terugbetaal en ook die maatskapy se bate betaal.[12] In opdrag van die Konvensie van Den Haag (1898) is vergoeding aan hulle betaal vir inkomste wat deur die ZAR-regering gewaarborg is.[13][14] Die bedrag verskuldig aan belasting is uiteindelik in 1908 in die Engelse Hooggeregshof vereffen.[15]

Lokomotiewe

Die PPS het 'n totaal van 15 lokomotiewe bestel maar voordat die laaste vier afgelewer is, het die Tweede Vryheidsoorlog uitgebreek en die PPS het met die NZASM saamgesmelt. Terwyl die spoorweg in aanbou was, is vier saaltenklokomotiewe gekoop vir bouwerk en rangeringswerk. Drie 26 tonner 0-6-0ST lokomotiewe is direk van die vervaardiger en een lokomotief, 'n 0-4-0ST is tweedehands van die NGR gekoop. Die PPS het aflewering van ses hooflynlokomotiewe geneem - vyf 2-6-4T tenklokomotiewe wat nuut gekoop is en 'n tweedehandse 4-6-0T tenklokomotief wat van die Delagoabaai Spoorweg gekoop is. 'n Sesde 2-6-4T tenklokomotief het op die seereis tussen die Verenigde Koninkryk en Suidelike Afrika verlore geraak. Die vervangingslokomotief is in 1900 te Lourenco Marques afgelewer.

In 1898 is drie 4-8-0 tenderlokomotiewe bestel. Hierdie lokomotiewe, wat op die 7de Klas van die Kaapse Regeringspoorweë gebaseer is, is in 1900 aan die Imperiale Militêre Spoorweë gelewer. In 1898 is 'n 46 tonner lokomotief ook van NZASM verkry. Hy het die naam "Prinsloo" gedra.

Jaar Aantal PPS Nommer Konfigurasie PPS Tipe/Naam SAS Tipe Trekkrag Vervaardiger
kN lbf
1896 3 - 0-6-0ST 26 Tonner
("Pretoria", "Pietersburg" & "Nylstroom")
- 44 9 800 Hawthorn-Leslie & Co
1897 1 - 4-6-0T 35 tonner "Die Portugese tenk" - 42 9 354 Nasmyth, Wilson & Co
1898 1 - 0-6-4T 46 Tonner ("Prinsloo") Klas B[16] 73,8 16 580 Maschinenfabrik Esslingen
1898 1 - 0-4-0ST "Natal" - 25 5 526 Neilson, Reid & Co
1897 6 1-6 2-6-4T 55 Tonner (Nr 1: "President Kruger") Klas D[17] 69,4 15 610 Beyer, Peacock & Co
1898[Nota 1] 3 7-9 4-8-0 Klas 7B[18] 83 18 660 Neilson, Reid & Co.

Notas

  1. Hierdie lokomotiewe is in 1900 aan die Imperiale Militêre Spoorweë afgelewer
Beelde van die Pretoria-Pietersburg Spoorweg
Opening van die spoorlyn op 31 Mei 1899
Opening van die spoorlyn op 31 Mei 1899
Opening van die spoorlyn op 31 Mei 1899  
PPS Lokomotief "President Kruger"
PPS Lokomotief "President Kruger"
PPS Lokomotief "President Kruger"  
Privaatpassasierswa van die PPS.
Privaatpassasierswa van die PPS.
Privaatpassasierswa van die PPS.  
PPS trein by Wonderboompoort getrek deur die "Portugese tenk"
PPS trein by Wonderboompoort getrek deur die "Portugese tenk"
PPS trein by Wonderboompoort getrek deur die "Portugese tenk"  

Verwysings

  1. "Boer War Maps - Map of the Boer Republic of Transvaal Showing Blockhouse Lines and South African Constabulary Posts with Dates of Completion". Organization, equipment, despatch and service of the Canadian contingents during the war in South Africa, 1899-1900:Supplementary report (Sessional paper no. 35a) (in Engels). Ottawa: Canada. Dept. of Militia and Defence,. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 November 2017. Besoek op 29 September 2016.{{cite web}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link)
  2. (en) "Statement No. 19 – Statement Showing, in Chronological Order, the Date of Opening and the Mileage of Each Section of Railway". Jaarverslag. Suid Afrikaanse Spoorweë. 1953. 200954-13.
  3. Ploeger, J. (1987). "Dictionary of South African Biography Volume V" (in Engels). De Wildt, Mauritz Edgar. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2017.
  4. (en) Reitz, Deneys (1929). Commando. Faber and Faber. The British Invade the Transvaal.
  5. "Suid Afrika: Posseëls En Posgeskiedenis - Deel 1" (in Engels). HartiesNet (Pty) Ltd. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Julie 2018. Besoek op 28 September 2016.
  6. (en) Girouard, EPC (1903). History of the Railways during the War in South Africa 1899-1902. His Majesty's Stationery Office. p. 114.
  7. Drysdall, Alan (Junie 2007). "TPOs of Southern Africa - Boer War TPOs 1901-02" (in Engels). TPO & Seapost Society. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Augustus 2019. Besoek op 31 Augustus 2019.
  8. (en) Kantor, Stan. "Early Pietersburg". The Ulolwe: South Africa - Suid -Afrika - A monthly railway research/historical publication / 'n Maandelikse spoorweg historie en navorsings publikasie. 2 (2): 42–72.
  9. 9,0 9,1 (en) Greig, Wally. "The Pretoria-Pietersburg Railway" (PDF). Buletin of the Railway History Group of Southern Africa (Bulletin No. 121 January 2014): 7–10. Besoek op 30 Augustus 2015.
  10. (en) Seale, R (April 1987). "The Story of "Roos"" (PDF). Pretoriana – Tydskrif van die Pretoriase Historiese Vereniging (Genootskap Ou-Pretoria) (91 (NZASM-herdenkingsuitgawe)): 36-37.
  11. 11,0 11,1 (en) Bleloch, William Edwin (1901). The New South Africa: Its Vaue and Development. William Heinemann. p. 264.
  12. (en) Register of Defunct Companies,. Stock Exchange Press/Macmillan. p. 403. ISBN 978-0-333-51529-7.
  13. (en) Bentwich, Norman (April 1907). The Law of Private Property in War. Londen: Sweet & Maxwell Ltd. p. 39, 69.
  14. (en) Holmes, Kevin (2001). The Concept of Income: A Multi-disciplinary Analysis. Amsterdam: IBFD Publication BV. p. 254. ISBN 90-76078-37-8.
  15. "Pretoria-Pietersburg Railway Company Limited v Elwood (Surveyor of taxes).(2)(1911-1915) 6 TC". Croner-i Limited.
  16. (en) "3ft 6in SAR Class B Tank Locomotive Specifications". SAR Steam. Besoek op 2 September 2015.[dooie skakel]
  17. "3ft 6in SAR Class D Tank Locomotive Specifications" (in Engels). SAR Steam. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 2 September 2015.
  18. (en) "3ft 6in SAR Class 7B Tender Locomotive Specifications". SAR Steam. Besoek op 2 September 2015.[dooie skakel]

Read other articles:

Jump SquareJump Square edisi bulan Desember 2007EditorKôsuke YahagiKategoriShōnen[1]FrekuensiBulananSirkulasi200.000[1](Januari–Maret 2018)Terbitan pertamaDesember 2007PerusahaanShueishaNegaraJepangBahasaJepangSitus webjumpsq.shueisha.co.jp Jump Square (Jepang: ジャンプスクエアcode: ja is deprecated , Hepburn: Janpu Sukuea, diformat menjadi Jump SQ) adalah sebuah majalah manga shōnen bulanan Jepang. Majalah ini diterbitkan pertama kali oleh Shueisha pada tanggal 2...

 

American politician For other people with the same name, see Charles Randall (disambiguation). Charles Sturtevant RandallMember of theU.S. House of Representatives from MassachusettsIn officeMarch 4, 1889 – March 3, 1895Preceded byRobert T. DavisSucceeded byJohn SimpkinsConstituency1st district (1889–93)13th district (1893–95)Member of theMassachusetts State SenateIn office1883-1884 Personal detailsBorn(1824-02-20)February 20, 1824New Bedford, Massachusetts, USDiedAugust 17, 19...

 

العلاقات الإيرانية البريطانية   إيران   المملكة المتحدة تعديل مصدري - تعديل   العلاقات الإيرانية البريطانية هي العلاقات الثنائية بين المملكة المتحدة وجمهورية إيران الإسلامية. تشكلت العلاقات بين بريطانيا وإيران منذ الأيام الأولى لحكم إدوارد السادس في إنجلتر�...

Borough in Estonia Place in Lääne County, EstoniaPaliverePalivereCoordinates: 58°58′13″N 23°54′12″E / 58.97028°N 23.90333°E / 58.97028; 23.90333Country EstoniaCounty Lääne CountyParish Lääne-Nigula ParishTime zoneUTC+2 (EET) Palivere is a small borough (alevik) in Lääne-Nigula Parish, Lääne County in western Estonia.[1] The number of inhabitants is 677 people. Former railway station Mass grave people killed in World War II References ^ NGA...

 

This article does not cite any sources. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Intercollegiate Athletic Arena – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (December 2009) (Learn how and when to remove this template message)Intercollegiate Athletic ArenaConstructionArchitectRobinson Green Beretta Intercollegiate Athletic Arena is an 8,000 seat multi-purpos...

 

American songwriter Kara DioGuardiDioGuardi in 2007Background informationBirth nameKara Elizabeth DioGuardiBorn (1970-12-09) December 9, 1970 (age 53)Ossining, New York, U.S.[1]GenresPoppop rockcountry[2]Occupation(s)Record executivesongwriterrecord producermusic publishersingertelevision personalityYears active1990–presentLabelsInterscopeRocketWarner Bros.Member ofPlatinum WeirdWebsitekaradioguardi.comMusical artist Kara Elizabeth DioGuardi (/ˈkærə diːoʊˈɡwɑːr...

Drs. H.M. Nur Tahir Bupati Maros ke-3Masa jabatanDesember 1962 – 1963PresidenSoekarnoGubernurA. A. RifaiPendahuluKol. Inf. (Purn.) H. Muhammad Yasin LimpoPenggantiLetkol. (Purn.) Andi R. Makmur Daeng SitakkaBupati Sinjai ke-3Masa jabatan1967–1971PresidenSoehartoGubernurAchmad LamoPendahuluAndi AzikinPenggantiDrs. H. Andi Bintang Informasi pribadiLahirSinjai, IndonesiaKebangsaanIndonesiaHubunganAndi Abdul Rahman Daeng Patawa (kakek)Hj. Sitti Husnih Tahir (saudara kandung)H...

 

Sikorsky H-19Un H-19 del U.S. ArmyDescrizioneTipoelicottero medio da trasporto Equipaggio2 (pilota e copilota) Costruttore Sikorsky Aircraft Co. Data primo volo10 novembre 1949 Data entrata in servizio1950 Data ritiro dal serviziofine anni sessanta Utilizzatore principale United States Army Altri utilizzatori United States Marine Corps Esemplari1 281[1] Altre variantiWestland Whirlwind Dimensioni e pesiLunghezza19,1 m Altezza4,07 m Diametro rotore16,16 m Peso a vuo...

 

American technology company X Corporation redirects here. For the fictional Marvel Comics institution, see X-Corporation. For other uses, see X Corps (disambiguation) and X (disambiguation) § Companies. X Corp.Market Square, the company's headquarters in San Francisco, January 2023Company typeSubsidiaryIndustry Technology Social media Internet PredecessorTwitter, Inc.FoundedMarch 9, 2023; 13 months ago (2023-03-09)[a]FounderElon MuskHeadquartersSan Francisco, ...

EA-3990 Names Preferred IUPAC name N1,N8-Bis({3-[(dimethylcarbamoyl)oxy]pyridin-2-yl}methyl)-N1,N1,N8,N8-tetramethyloctane-1,8-bis(aminium) dibromide Identifiers CAS Number 110913-95-6 3D model (JSmol) Interactive image InChI InChI=1S/C30H50N6O4.2BrH/c1-33(2)29(37)39-27-17-15-19-31-25(27)23-35(5,6)21-13-11-9-10-12-14-22-36(7,8)24-26-28(18-16-20-32-26)40-30(38)34(3)4;;/h15-20H,9-14,21-24H2,1-8H3;2*1H/q+2;;/p-2Key: ABTAGUMOWVVEGK-UHFFFAOYSA-L SMILES [Br-].[Br-].CN(C)C(=O)Oc1cccnc1C[N+](C)...

 

Lokasi Provinsi Guantánamo di Kuba Provinsi Guantánamo adalah sebuah provinsi di timur negara Kuba. Ibu kotanya ialah Guantánamo. Provinsi ini memiliki luas sebesar 6.167,97 km² dan memiliki penduduk sebesar 510.706 jiwa.[1] Markas tentara laut Amerika Serikat dan penjara militer terletak di provinsi ini. Keduanya berada di Teluk Guantánamo. Referensi ^ Atenas.cu (2004). 2004 Population trends, by Province and Municipality. Diarsipkan dari versi asli tanggal 2007-09-27. Diak...

 

Pour les articles homonymes, voir La Bosse. La Bosse L'église Saint-Jacques. Administration Pays France Région Pays de la Loire Département Sarthe Arrondissement Mamers Intercommunalité Communauté de communes du Pays de l'Huisne Sarthoise Maire Mandat Raymond Bellencontre 2020-2026 Code postal 72400 Code commune 72040 Démographie Gentilé Bosséen Populationmunicipale 146 hab. (2021 ) Densité 14 hab./km2 Géographie Coordonnées 48° 10′ 12″ nord, 0° ...

American steelmaking company Tennessee Coal, Iron and Railroad CompanyFurnace of the Tennessee Coal, Iron, andRailroad Company, Ensley, Alabama, 1906.Company typePublic companyIndustrySteel milling Coal and Iron MiningFounded1852Defunct1952FateBecame division of United States Steel CorporationSuccessorTennessee Coal & Iron Division: United States Steel CorporationHeadquartersBirmingham, AlabamaKey peopleGeorge Gordon CrawfordProductsSteelsIntegrated Steel ProductsRail TransportReal Estate...

 

土库曼斯坦总统土库曼斯坦国徽土库曼斯坦总统旗現任谢尔达尔·别尔德穆哈梅多夫自2022年3月19日官邸阿什哈巴德总统府(Oguzkhan Presidential Palace)機關所在地阿什哈巴德任命者直接选举任期7年,可连选连任首任萨帕尔穆拉特·尼亚佐夫设立1991年10月27日 土库曼斯坦土库曼斯坦政府与政治 国家政府 土库曼斯坦宪法 国旗 国徽 国歌 立法機關(英语:National Council of Turkmenistan) ...

 

Religion in Libya Islam by countryWorld percentage of Muslims by country Africa Algeria Angola Benin Botswana Burkina Faso Burundi Cameroon Cape Verde Central African Republic Chad Comoros Democratic Republic of the Congo Republic of the Congo Djibouti Egypt Equatorial Guinea Eritrea Eswatini Ethiopia Gabon Gambia Ghana Guinea Guinea-Bissau Ivory Coast Kenya Lesotho Liberia Libya Madagascar Malawi Mali Mauritania Mauritius Mayotte Morocco Western Sahara Mozambique Namibia Niger Nigeria Réuni...

Marvel comic book series Wolverine: Origin redirects here. Not to be confused with Wolverine: Origins or X-Men Origins: Wolverine. For other uses of origin in comics, see Origins (comics). OriginOrigin #1 Cover, art by Joe Quesada and Richard Isanove.Publication informationPublisherMarvel ComicsScheduleMonthlyFormatLimited seriesGenre Superhero Publication dateNovember 2001 – July 2002No. of issues6Main character(s)Logan/James Howlett Dog Logan Rose O'Hara Thomas LoganCreative teamWritten b...

 

For the radio festival ran by KROQ, see KROQ Almost Acoustic Christmas. 1988 live album by Jerry Garcia Acoustic BandAlmost AcousticLive album by Jerry Garcia Acoustic BandReleasedDecember 6, 1988RecordedNovember 27–December 6, 1987GenreFolk, bluegrassLength70:11LabelGrateful Dead RecordsProducerSandy RothmanJerry Garcia Acoustic Band chronology Almost Acoustic(1988) Pure Jerry: Lunt-Fontanne, New York City, October 31, 1987(2004) Jerry Garcia chronology Keystone Encores(1988) Almos...

 

Village in Haifa, IsraelMusmus מוסמוס‎مُصمُصVillageAerial photo of MusmusMusmusShow map of Haifa region of IsraelMusmusShow map of IsraelCoordinates: 32°32′35″N 35°09′23″E / 32.54306°N 35.15639°E / 32.54306; 35.15639Grid position164/216 PALCountry IsraelDistrict HaifaCouncilMa'ale IronNamed forCompactly built, or apricot[1]Population (mid-2016[2]) • Total4,215 Musmus (Arabic: مُصمُص, He...

Catalan anarchist (1901–1980) In this Spanish name, the first or paternal surname is García and the second or maternal family name is Oliver. Joan Garcia i OliverMinister of JusticeIn officeNovember 4, 1936 – May 17, 1937PresidentManuel AzañaPrime MinisterFrancisco Largo CaballeroPreceded byMariano Ruiz-Funes GarcíaSucceeded byManuel de Irujo y Ollo Personal detailsBorn(1901-01-20)January 20, 1901Reus, Baix Camp, SpainDiedJuly 13, 1980(1980-07-13) (aged 79)Guadala...

 

French general (1763–1813) Jean Victor Marie MoreauPortrait by François Gérard, c. 1797Born14 February 1763Morlaix, Kingdom of FranceDied2 September 1813(1813-09-02) (aged 50)Louny, Austrian EmpireAllegiance Kingdom of the French First French Republic Russian EmpireRankGénéral de DivisionMarshal of France (posthumous)CommandsArmy of ItalyArmy of the Rhine and MoselleBattles/wars French Revolutionary Wars War of the First Coalition Battle of Rastatt (1796) Battle of Kehl (...