Pous Avilius van Alexandrië (Grieks: Αβίλιος) (ook bekend as Abilius, Sabellius, Abylius, Abitius, Milius en Malyos) (? – 95 n.C.) was die derde patriarg van Alexandrië.[2][3]
Oorsig
Met die dood van Anianus van Alexandrië het die biskoppe en priesters van die gebied met die leke in Alexandrië saamgetrek[1] en Avilius eenparig verkies in die maand Desember (Kiahk), 83 n.C., tydens die bewind van die Romeinse Keiser Domitianus.[4]
Pous Avilius was bekend vir sy kuisheid, en was vroom en sorgsaam teenoor die mense van Christus. Hy het voortgegaan om die mense in geloof te vestig en die Christene het in Egipte, Soedan en in die vyf westelike provinsies gegroei.[1] Tydens sy dienstyd het die Egiptiese mense die aanbidding van afgode begin verloën en hul Christenskap saam, in groepe, beoefen. Ten spyte van die feit dat die meerderheid van Egipte, Romeinse heidense godsdiens beoefen, was sy tyd as pous 'n tyd van vrede vir die kerk.[1]
Terwyl sommige historici beweer dat keiser Domitianus Avilius van die biskoplike troon verdryf het[5] en 'n ander in sy plek geïnstalleer het, is daar geen geskrewe rekord hiervan nie. Volgens historiese rekords het hy twaalf jaar lank in sy posisie gebly, en is hy op die eerste van Thout (11 September), in die jaar 95, oorlede. Avilius is langs Markus die Evangelis en Anianus in die Kerk van Baucalis in Alexandrië begrawe.[6][7]
↑Atiya, Aziz S. "Synaxarion, Copto-Arabic". Claremont Coptic Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2016. Besoek op 22 November 2016.
↑"Previous Patriarchs – Abelios (83-95)". The official web site of Greek Orthodox Patriarchate of Alexandria and All Africa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 November 2016. Besoek op 24 November 2016.
Bronnelys
(en) Holweck, F. G., A Biographical Dictionary of the Saints. St. Louis, Missouri: B. Herder Book Co. 1924.
(en) Atiya, Aziz S. The Coptic Encyclopedia. New York: Macmillan Publishing Co., 1991. ISBN 0-02-897025-X