Die Platkoppe (Platycephalidae) is 'n vis-familie wat tot die ordeScorpaeniformes behoort. Daar is ongeveer agttien genera met drie en sestig spesies in hierdie familie. Twaalf van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.
Kenmerke
Die familie se lyf is lank en die koppe plat en die lyf is bedek met skubbe. Die familie het twee dorsale vinne. Die bekken vinne is agter die pektorale vinne se basis. Die grootte wissel van 12 – 100 cm.
Habitat
Die familie leef op sanderige bodems en naby koraalriwwe in water wat tot 300 m diep is en eet hoofsaaklik vis en skaaldiere. Die familie gebruik hul kamoeflerings vermoë om prooi te vang en weg te kruip van ander roofvisse.
Genera
Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor: