Pioneer 0

'n Kunstenaarsvoorstelling van Pioneer 0

Pioneer 0 (ook bekend as Able 1) was 'n onbemande ruimtetuig van die Verenigde State wat ontwerp was om in 'n wentelbaan om die Maan te gaan. Dit het 'n televisiekamera, mikrometeorietdetektor en 'n magnetometer aan boord gehad. Die ruimtevlug, met sy wetenskaplike vrag, was die eerste wat deel van die International Geophysical Year was. Die ruimtetuig is ontwerp deur die Amerikaanse Lugmag se Ballistiese Missieldivisie as die eerste ruimtetuig van die Pioneer-program. Dit was ook die eerste poging deur enige land om verby 'n aardwentelbaan te gaan.[1] Die sending was 'n mislukking want die vuurpyl het ontplof net na lansering op 17 Augustus 1958. Die ruimtetuig sou Pioneer (of Pioneer 1) genoem gewees het, maar weens die mislukkking van die sending is die naam nooit gebruik nie.

Ruimtetuig ontwerp

Die ruimtetuig het bestaan uit 'n dun, silindriese middelgedeelte met 'n kort, dik (16,5 cm), afgeknotte keël aan beide kante van die silinder.[2] Die silinder was 74 cm in diameter[2] en die afstand van die punt van die een keël tot by die punt van die ander keël was 76 cm. In die middel-as van die ruimtetuig was 'n vastestaatbrandstof vuurpylmotor van 11 kg met die uitlaat van die motor wat uitgesteek het aan die punt van die onderste keël. Die motor was die hoof- strukturele gedeelte van die ruimtetuig. Daar was agt klein, lae-stukrag vastestaatbrandstofstuwers vir snelheidaanpassings bo-op die boonste keël, in 'n ring, aangebring. Die stuwers kon afgeskiet word na gebruik. Daar was ook 'n magnetiese dipool antenne aan die bokant van die boonste keël. Die ruimtetuig was bedek met 'n gelamineerde plastiek, wat geverf was met 'n patroon van donker en ligte strepe om te help met temperatuurbeheer.

Die wetenskaplike instrumente aan boord die ruimtetuig het 'n massa van 11,3 kg gehad en het bestaan uit:

  • 'n Infrarooi beeldaftasting-televisiestelsel, ontwerp deur die Naval Ordnance Test Station, om die Maan se oppervlakte, meer spesifiek die gedeelte wat normaalweg onsigbaar is van die Aarde af, te bestudeer.[3]
  • 'n Diafragma/mikrofoon samestelling om mikrometeoriete te bespeur. 'n Mikrometeoriet wat die diafragma tref sal 'n akoestiese puls genereer wat deur die diafragma trek na die mikrofoon. Die mikrofoon bevat 'n piëso-elektriese kristal wat lui teen 100 kilo Hertz sodra die akoestiese puls dit tref. 'n Breëbandversterker versterk die sein, sodat dit bespeur kan word.[3]
  • 'n Induksiespoel-magnetometer met 'n nie-lineêre versterker om die Aarde, Maan en tussenplanetêre magneetvelde te meet. Op daardie stadium was dit nog nie bekend of die Maan oor 'n magneetveld beskik of nie.[3]

Elektrisiteit om die ruimtetuig se vuurpyle te ontsteek is verskaf deur nikkel-kadmium batterye, silweroksied battery het die televisiestelle van elektrisiteit voorsien en kwik batterye het al die ander stelsels van elektrisiteit voorsien. Radiokommunikasie het die 108.06 MHz band gebruik, 'n standaardfrekwensie gebruik deur satelliete gedurende die International Geophysical Year.[4] Die radiostelsel het 'n elektriese dipoolantenna gebruik vir telemetrie en 'n dopplerformasie en magnetiese dipoolantenna vir die televisiestelsel. Bevele vanaf die Aarde is ontvang deur die elektriese dipoolantenne teen 115 MHz. Die ruimtetuig sou in die rondte getol het teen 1,8 omwentelings per sekonde. Die tolrigting was min of meer reghoekig met die geomagnetiese meridiaan vlakke van die trajek.

Lansering en mislukking

Pioneer 0 is gelanseer op 'n Thorvuurpyl, nommer 127, om 12:18:00 GMT op 17 Augustus 1958 deur die Amerikaanse Lugmag se Ballistiese Missieldivisie, 4 minute later as die geskeduleerde tyd.[2] Die vuurpyl en ruimtetuig is vernietig in 'n ontploffing gedurende die eerste stadium van die Thorvuurpyl, 73,6 sekondes na lansering[2] op 'n hoogte van 16 km oor die Atlantiese Oseaan. Die ontploffing is toegeskryf aan 'n turbopomplaer wat losgekom het en veroorsaak het dat die vloeibare suurstofpomp ophou werk het. Die skielike verlies aan stukrag het veroorsaak dat die Thorvuurpyl posisiebeheer verloor en afwaarts geneig het, wat veroorsaak het dat die vloeibare suurstof tenks afgeskeur en die hele vuurpyl vernietig het.[2] Wisselvallige telemetrie seine was van die ruimtetuig en tweede stadium ontvang vir nog 123 sekondes na die ontploffing en tweede stadium is gevolg totdat dit in die oseaan neergestort het. Die sending was beplan vir die ruimtetuig om 2.6 dae na die Maan sal reis wanneer die TX-8-6 soliedstaatbrandstof motor dan sal ontbrand om dit in 'n 29,000 km wentelbaan om die Maan te plaas waar dit vir ongeveer twee weke sou bly. Beamptes van die Lugmag het gesê dat hulle nie verras was deur die faling nie en dat hulle meer geskok sou wees indien die sending suksesvol was.[verwysing benodig]

Dit was die enigste sending van die Projek Able-1 ruimtetuie wat geheel en al deur die Lugmag se Ballistiese Missieldivisie beheer was. Sendings daarna was onder die beheer van NASA.[5]

Verwysings

  1. Siddiqi, Asif A. (2018). Beyond Earth: A Chronicle of Deep Space Exploration, 1958–2016 (PDF). The NASA history series (second uitg.). Washington, DC: NASA History Program Office. p. 1. ISBN 9781626830424. LCCN 2017059404. SP2018-4041.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 2,4 "1958 NASA/USAF Space Probes (ABLE-1) Final Report: Volume 1. Summary" (PDF). Space Technology Laboratories. 18 Februarie 1959. Besoek op 17 Februarie 2009. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  3. 3,0 3,1 3,2 "1958 NASA/USAF Space Probe (ABLE-1) Final Report: Volume 2. Payload and Experiments" (PDF). Space Technology Laboratories. 18 Februarie 1959. Besoek op 17 Februarie 2009. {{cite journal}}: Cite journal requires |journal= (hulp)
  4. Marcus, Gideon (14 Februarie 2007). "Pioneering Space" (PDF). Quest. pp. 52–59. Besoek op 17 Februarie 2009.
  5. "Pioneer 0, 1, 2". Mission and Spacecraft Library. Jet Propulsion Laboratory, NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2009. Besoek op 17 Februarie 2009.

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.

Read other articles:

Peta infrastruktur dan tata guna lahan di Komune Deinvillers.  = Kawasan perkotaan  = Lahan subur  = Padang rumput  = Lahan pertanaman campuran  = Hutan  = Vegetasi perdu  = Lahan basah  = Anak sungaiDeinvillers merupakan sebuah komune di departemen Vosges yang terletak pada sebelah timur laut Prancis. Lihat pula Komune di departemen Vosges Referensi INSEE lbsKomune di departemen Vosges Les Ableuvenettes Ahéville Aingeville Ainvelle Allarmont Ambacourt...

 

 

  لمعانٍ أخرى، طالع بني عمران (توضيح). بني عمران (محلة) تقسيم إداري البلد  اليمن المحافظة محافظة إب المديرية مديرية حزم العدين العزلة عزلة بني على القرية قرية الصافية السكان التعداد السكاني 2004 السكان 191   • الذكور 93   • الإناث 98   • عدد الأسر 25   • عدد المساكن...

 

 

العلاقات التركية القيرغيزستانية تركيا قيرغيزستان   تركيا   قيرغيزستان تعديل مصدري - تعديل   العلاقات التركية القيرغيزستانية هي العلاقات الثنائية التي تجمع بين تركيا وقيرغيزستان.[1][2][3][4][5] مقارنة بين البلدين هذه مقارنة عامة ومرجعية للدول�...

Questa voce o sezione sull'argomento edizioni di competizioni calcistiche non cita le fonti necessarie o quelle presenti sono insufficienti. Puoi migliorare questa voce aggiungendo citazioni da fonti attendibili secondo le linee guida sull'uso delle fonti. Segui i suggerimenti del progetto di riferimento. Serie C1 2002-2003 Competizione Serie C1 Sport Calcio Edizione 25ª Organizzatore Lega Professionisti Serie C Date dal 1º settembre 2002al 15 giugno 2003 Luogo Italia Partecip...

 

 

Sulfolobus Mikrograf ekektron Sulfolobus terinfeksi oleh virus Sulfolobus STSV1. Bar = 1 μm. Klasifikasi ilmiah Domain: Archaea Kerajaan: Crenarchaeota Filum: Crenarchaeota Kelas: Thermoprotei Ordo: Sulfolobales Famili: Sulfolobaceae Genus: SulfolobusBrock, Brock, Belly & Weiss, 1972 Spesies S. acidocaldarius S. islandicus S. metallicus S. neozealandicus S. shibatae S. solfataricus S. sp. AMP12/99 S. sp. CH7/99 S. sp. FF5/00 S. sp. G81 S. sp. H S. sp. JP2 S. sp. JP3 S. sp. K00 8-41 S. s...

 

 

U.S. State, Federal, Judicial and local elections 2020 Wisconsin elections ← 2019 April 7, 2020November 3, 2020 2021 → Elections in Wisconsin Federal government Presidential elections 1848 1852 1856 1860 1864 1868 1872 1876 1880 1884 1888 1892 1896 1900 1904 1908 1912 1916 1920 1924 1928 1932 1936 1940 1944 1948 1952 1956 1960 1964 1968 1972 1976 1980 1984 1988 1992 1996 2000 2004 2008 2012 2016 2020 2024 Presidential primaries Democratic 2000 2004 2008 2016 2020 2024 Re...

ХристианствоБиблия Ветхий Завет Новый Завет Евангелие Десять заповедей Нагорная проповедь Апокрифы Бог, Троица Бог Отец Иисус Христос Святой Дух История христианства Апостолы Хронология христианства Раннее христианство Гностическое христианство Вселенские соборы Н...

 

 

Corps of light infantrymen raised in 1884 Tonkinese riflemen, 1884 The Tonkinese Rifles (tirailleurs tonkinois) were a corps of Tonkinese light infantrymen raised in 1884 to support the operations of the Tonkin Expeditionary Corps. Led by French officers seconded from the marine infantry, Tonkinese riflemen fought in several engagements against the Chinese during the Sino-French War and took part in expeditions against Vietnamese insurgents during the subsequent French Pacification of Tonkin....

 

 

Disambiguazione – Se stai cercando il sultanato medievale (XIII-XVI secolo), vedi Sultanato mamelucco (Il Cairo). Sultanato d'Egitto Sultanato d'Egitto - Localizzazione     Sultanato d'Egitto     Sudan Anglo-Egiziano     Ceduto dal Sudan alla Libia italiana nel 1934 Dati amministrativiNome completoal-Salṭana al-Miṣriyya Nome ufficialeالسلطنة المصرية Lingue ufficialiarabo Lingue parlatearaboinglese ...

لورنس تين دام معلومات شخصية الميلاد 13 نوفمبر 1980 (العمر 43 سنة)بيدوم، هولندا الطول 1.84 م (6 قدم 0 بوصة) الجنسية  هولندا الوزن 67 كـغ (148 رطل؛ 10.6 ستون) الحياة العملية الدور دراج الفرق سنويب (2016–2018)فريق جومبو-فيسما (2008–2015)سنويب (2005–2005)بي إم سي راسينغ (2019–)  المهن�...

 

 

2016年美國總統選舉 ← 2012 2016年11月8日 2020 → 538個選舉人團席位獲勝需270票民意調查投票率55.7%[1][2] ▲ 0.8 %   获提名人 唐納·川普 希拉莉·克林頓 政党 共和黨 民主党 家鄉州 紐約州 紐約州 竞选搭档 迈克·彭斯 蒂姆·凱恩 选举人票 304[3][4][註 1] 227[5] 胜出州/省 30 + 緬-2 20 + DC 民選得票 62,984,828[6] 65,853,514[6]...

 

 

Handley Page Victor adalah jet pesawat pembom British yang diproduksi oleh Handley Page Aircraft Company selama Perang Dingin . Handley Page Victor ini adalah ketiga dan terakhir dari V-pembom penangkal nuklir Inggris. Dua lainnya V-pembom adalah Vulcan Avro dan Valiant Vickers . Beberapa pesawat yang dimodifikasi untuk peran pengintaian strategis menggunakan kamera dan radar . Setelah Angkatan Laut Kerajaan berasumsi misi pencegahan nuklir menggunakan kapal selam rudal Polaris tahun 1969 ba...

Daftar ini belum tentu lengkap. Anda dapat membantu Wikipedia dengan mengembangkannya. Berikut adalah daftar Sekolah Menengah Atas Negeri di Jawa Timur diurutkan berdasarkan masing-masing kabupaten dan kota, sebagai berikut;[1] No. Kabupaten/Kota SD Sederajat SMP Sederajat SMA Sederajat SMK Total Negeri Swasta Jumlah Negeri Swasta Jumlah Negeri Swasta Jumlah Negeri Swasta Jumlah TOTAL 17,646 8,949 26,595 1,915 6,422 8,337 515 2,794 3,309 296 1,797 2,093 40,334 1 Kab. Gresik 391 430 82...

 

 

Water retaining depressions located within salt and brackish marshes This article needs additional citations for verification. Please help improve this article by adding citations to reliable sources. Unsourced material may be challenged and removed.Find sources: Salt pannes and pools – news · newspapers · books · scholar · JSTOR (December 2015) (Learn how and when to remove this message) Salt marsh showing salt pannes and pools during low tide, mean l...

 

 

3rd Chief Minister of Uttarakhand, India N. D. Tiwari21st Governor of Andhra PradeshIn office22 August 2007 – 27 December 2009Preceded byRameshwar ThakurSucceeded byE. S. L. Narasimhan3rd Chief Minister of UttarakhandIn office2 March 2002 – 7 March 2007Preceded byBhagat Singh KoshyariSucceeded byB. C. Khanduri18th Minister of FinanceIn office25 July 1987 – 25 June 1988Prime MinisterRajiv GandhiPreceded byRajiv GandhiSucceeded byShankarrao Chavan15th Minist...

Part of the anatomy of molluscs European squid (Loligo vulgaris). The mantle is all that is visible behind the head: the outer body wall and the fins are all part of the mantle. The brightly coloured mantle of a giant clam protects it from bright sunlight. The cuttlefish uses its mantle cavity for jet propulsion For other uses, see Mantle (disambiguation). The mantle (also known by the Latin word pallium meaning mantle, robe or cloak, adjective pallial) is a significant part of the anatomy of...

 

 

2004 Men's Olympic Football TournamentTournament detailsHost countryGreeceDates11–28 AugustTeams16 (from 6 confederations)Venue(s)6 (in 5 host cities)Final positionsChampions Argentina (1st title)Runners-up ParaguayThird place ItalyFourth place IraqTournament statisticsMatches played32Goals scored101 (3.16 per match)Attendance401,415 (12,544 per match)Top scorer(s) Carlos Tevez(8 goals)← 2000 2008 → International football competition...

 

 

Shade of red Candy apple red      Color coordinatesHex triplet#FF0800sRGBB (r, g, b)(255, 8, 0)HSV (h, s, v)(2°, 100%, 100%)CIELChuv (L, C, h)(53, 178, 12°)SourceColorHexa[1]ISCC–NBS descriptorVivid reddish orangeB: Normalized to [0–255] (byte) Candy apple red (occasionally known as apple-candy red) is the name code used by manufacturing companies to define a shade of red similar to the red sugar coating on candied apples. The typical method for producing a ca...

  لمعانٍ أخرى، طالع سان أنطونيو (توضيح). سان أنطونيو    علم شعار الاسم الرسمي (بالإنجليزية: San Antonio)‏    الإحداثيات 29°25′30″N 98°29′38″W / 29.425°N 98.493888888889°W / 29.425; -98.493888888889   [1] تاريخ التأسيس 1718  سبب التسمية أنطونيو اللشبوني  تقسيم إداري  ا�...

 

 

Pour les articles homonymes, voir Clairvaux (homonymie). Pour l’article ayant un titre homophone, voir Clervaux. Clairvaux-les-Lacs La mairie. Blason Administration Pays France Région Bourgogne-Franche-Comté Département Jura Arrondissement Lons-le-Saunier Intercommunalité CC Terre d'Émeraude Communauté Maire Mandat Hélène Morel-Bailly 2020-2026 Code postal 39130 Code commune 39154 Démographie Gentilé Clairvaliens Populationmunicipale 1 426 hab. (2021 ) Densité 116 ...