Pieter Nicolaas van Eyck
Pieter Nicolaas van Eyck (1 Oktober 1887, Breukelen – 10 April 1954, Wassenaar) was 'n Nederlandse digter, hoogleraar aan die Universiteit van Leiden en literêre kritikus. Hy het in 1947 die Constantijn Huygens-prijs ontvang vir sy gehele oeuvre. Hy is die vader van die argitek Aldo van Eyck. Sy bekendste gedig is De tuinman en de dood, wat hy plagieer van 'n gedig deur die Franse kunstenaar en tydgenoot Jean Cocteau (1889 -1963) in sy roman Le Grand Écart. Cocteau se verhaal is vermoedelik weer gebaseer op 'n soefi-anekdote deur Roemi.[1] Lewe en werkVan Eyck het skoolgegaan aan die Gymnasium Haganum. Hy het die staatseksamen geskryf en in Leiden regte studeer, waar hy in 1914 gepromoveer het. Daarna was hy kortstondig korrespondent vir die NRC in Rome, waarna hy redakteur was van die tydskrif De Beweging. In 1918 het hy 'n amptelike pos by die Ministerie van Landbou gekry. Tussen 1920 en 1935 was hy die NRC se Londense korrespondent, waar hy baie aandag aan kulturele sake gegee het. In 1935 het hy vir Albert Verwey as hoogleraar in die Nederlandse taal- en letterkunde aan die Universiteit van Leiden opgevolg. PersoonlikVan Eyck het in 1914 met Nelly Benjamins (1891-1971) getrou. Hulle het twee kinders gehad: die digter Robert van Eyck (1919-1991) en die argitek Aldo van Eyck (1918-1999). Bibliografie
Literatuur
Eksterne skakelsVerwysings
Information related to Pieter Nicolaas van Eyck |