Pierre Stephanus de Wet (1909–1990)[1] was ’n legendariese rolprentregisseur, vervaardiger en skrywer.[2] Hy word as die vader van die Afrikaanse rolprentbedryf beskou. Hy het die Afrikaanse rolprentbedryf met karige middele byna man-alleen op die been gebring en ’n totaal van 21 Afrikaanse rolprente gedurende sy lewe vervaardig.[3] De Wet was ook die skepper van Kom Saam Vanaand (1949), die eerste Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiekblyspel ooit.[4]
Hy is in 1990 op 80-jarige ouderdom in 'n hospitaal in Johannesburg aan 'n hartaanval oorlede.