Peter John Lavelle (gebore 28 Februarie 1961) is 'n Amerikaanse joernalis en gasheer van CrossTalk, 'n politiese geselsprogram op die Engelstalige Russiese televisiekanaal RT. Lavelle is oorspronklik van Beverly Hills, Kalifornië maar woon tans in Moskou.[1]
Biografie
Lavelle het 'n BA-graad in Internasionale Ekonomiese Betrekkinge, 'n meestersgraad in Europese Geskiedenis, en 'n doktorsgraad in Europese Ekonomiese Geskiedenis aan die Universiteit van Kalifornië, Davis, verwerf. Hy was 'n Fulbright navorsingsgenoot aan die Instituut van Politiese Studies van die Poolse Akademie van Wetenskappe in Warskou, Pole. [2] Hy woon reeds vir meer as 30 jaar in Oos-Europa en Rusland. Hy was werksaam as 'n lektor aan die Universiteit van Warskou, as 'n marknavorser vir Colgate-Palmolive, en as 'n beleggingsanalis vir makelaarsfirmas, insluitende die Russiese Alfa Bank.[2]
Hy was 'n vryskutjoernalis vir United Press International se Moskouse buro en het bydrae gemaak tot Radio Free Europe/Radio Liberty.[3] Lavelle was ook die outeur van Untimely Thoughts, 'n elektroniese nuusbrief.[1]
Verwysings
Eksterne skakels