Joasaf I (Russies: Иоасаф I; ? – 28 November 1640) was van 1634 tot 1640 die vierde Russies-Ortodokse patriarg van Moskou en die hele Rusland.
Joasaf het sy geloftes as monnik in die Solowjetski-klooster geneem. In Januarie 1627 het hy aartsbiskop van Pskof en Welikije Loeki geword. Toe patriarg Filaret in 1634 sterf, is hy as sy opvolger aangestel.
Hy het gehelp om drukwerk in Moskou te laat herleef en het self verskeie boeke geskryf. Hy is in die Moskouse Kremlin begrawe.
|
---|
1589-1721 | |
---|
1721-1917 |
- Heiligste Regerende Sinode
|
---|
1917-hede | |
---|