Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.
Pandjabi (Gurmukhi: ਪੰਜਾਬੀ, pãjābī; Sjahmukhi: پنجابی, paṉjābī, [pʌnˈdʒɑːbi])[5] is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 100 miljoen mense, veral Punjabi's, in die historiese distrik Punjab van Indië en Pakistan gepraat word.
Pandjabi is een van die amptelike tale van Indië naas Engels en Hindi en van die Indiese deelstaat Punjab. In Pakistan is Pandjabi nie 'n amptelike taal nie, maar wel 'n streektaal in Punjab en die mees gebruikte taal in Pakistan, nog voor die amptelike taal Oerdoe. Pandjabi is wêreldwyd die tiende belangrikste taal. Pandjabi bestaan uit 'n oostelike en 'n westelike dialek. Dit is die naaste verwant aan Dogri en Sindhi.
Die Sikhs gebruik Pandjabi as seremoniële taal in die Gurmukhi-alfabet, terwyl Hindoes die Devanagari-alfabet gebruik en Pakistani's die Shahmukhi-alfabet. In Sikhisme is Pandjabi onder meer die taal van die heilige skrifteAdi Granth.
↑(en) Skatting vir 2001 volgens George Cardona en Dhanesh Jain: General Introduction. In: George Cardona en Dhanesh Jain (uitgewer): The Indo-Aryan Languages. Routledge, London 2003. bl. 2.
↑(en) Kachru, Braj B.; Kachru, Yamuna; Sridhar, S. N. (27 Maart 2008). Language in South Asia. Cambridge University Press. p. 128. ISBN978-1-139-46550-2. Besoek op 7 Junie 2015. Sikhs often write Punjabi in Gurmukhi, Hindus in Devanagari, and Muslims in Perso-Arabic.