Ouwêreldse sangers

Sylviidae
'n Swartkroonsanger (Sylvia atricapilla)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Infraorde:
Superfamilie:
Familie:
Sylviidae

Vigors, 1825
Genera

Sien teks.

Sinonieme

Paradoxornithidae

Sangers, ouwêreldse sangers of tinktinkies (Sylviidae) is 'n familie van voëls in die orde van sangvoëls (Passeriformes). Die familie omvat 20 genera met sowat 70 spesies.[1] Hulle is klein insekvretende voëltjies met dun snawels van ongeveer 9 tot 20 cm lank. Hul vere is meestal onopvallend, en hulle word daarom eerder volgens habitat en hulle gesang onderskei.

'n Kleinrietsanger (Acrocephalus baeticatus)

Sangers en verwante spesies is klein, onopvallend gekleurde sangvoëls (orde Passeriformes) wat in Afrika, Asië en Europa voorkom. In Suid-Afrika is hulle besonder goed verteenwoordig en word oral in die land aangetref. Tinktinkies, sangers, kleinjantjies, stompstertjies en grasvoëls behoort almal tot die groot sangvoëlfamilie Sylviidae.

Oor die algemeen is dit klein, onopvallende voëls wat bolangs bruinerig of gryserig is en wit of gelerige pense het. Baie van die spesies lyk so baie na mekaar dat hulle net aan hul sang uitgeken kan word. Die meeste spesies is insekte-eters, maar enkeles eet ook vrugte. Die neste is baie netjies en kan komvormig of toe wees. Dit word in bome, struike of tussen riet en gras gebou. Merkwaardig is die neste van die Suid-Asiatiese snyervoëls (genera Orthotomus en Phyllergates) wat uit groot, toegevoude blare bestaan waarvan die rande met plantvesels aanmekaargewerk is.

Sowat die helfte van die 300 spesies leef in Afrika, terwyl sowat 40 spesies in Europa broei en die res in Asië. In Suid-Afrika word meer as 50 spesies aangetref, waaronder enkeles somergaste uit Europa is. Bekende verteenwoordigers wat ook soms in tuine of landerye aangetref word, is onder meer die rooikroontinktinkie of neddikie (Cisticola fulvicapilla), die gewone tinktinkie (Cisticola juncidis), die groottinktinkie (Cisticola natalensis), die kleinrietsanger (Acrocephalus baeticatus), die hofsanger (Phylloscopus trochilus) en die tuinsanger (Sylvia borin).

Genera

Die volgende genera behoort aan die familie:

Ook soms in aparte familie Paradoxornithidae (diksnawelmese)

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels